Bly in kontak | Stay in contact

Google Groups
VuurKairos
Visit this group

 

Group name:  VuurKairos

E mail:  vuurkairos@live.com

13 responses to “Bly in kontak | Stay in contact

  1. Bly ek het julle ondek. Ek is nie gay nie, bietjie aan die anderkant van 50 en Engels! Jammer as die Afrikaans nie altyd reg lyk nie. Eerstens die webblad is bietjie moeilik om te lees. Die swart agtergrond en klein letters werk nie vir my nie (miskien iet te doen met die ouderdom!). Tweedens ‘n boek wat ek geniet op die oomblik is Daar’s ‘n Gay Pastoor in my kop deur Philip Liebenberg. Hy skryf eerlik en mens is bewus van sy diep geloof en die wroeging om vrede te maak met wie hy is. Alles van die beste met VuurKairos.

  2. vuurkairos

    Dankie Ethel vir jou kommentaar. Ons neem ook kennis dat dit vir jou moeilik is om die inskrywings te lees – dit is maar een van die beperkings wat mens het op ‘n gratis spasie soos die, maar ons sal beslis kyk wat ons daaraan kan doen, en dit beslis verander as ons kan oorbeweeg na ‘n eie webblad. Ja, “Daar’s ‘n gay Pastoor in my kop” het vir baie mense ongelooflik baie beteken, en ons is dankbaar dat die gesprek/debat voortgesit kan word deur so ‘n eerlike vertelling. Ons sien uit daarna om jou as gereelde leser hier te hê. Red.

  3. Johan en Laurie, dankie vir julle inisiatief met die blog.
    Ek het baie toevallig ‘n klein artikeltjie in ‘n Vrystaatse plattelandse koerantjie gesien waar Vuurkairos bespreek is… en nou is ek hier.

    Ek hoop van harte dat die gay gemeenskap wel hierdeur bymekaar gebring gaan word op ‘n ander vlak as die populêre “Pride”- en “klub”-vlakke. Ek is daarvan oortuig dat die negatiewe indruk wat by die heteroseksuele hoofstroom bestaan, verander kan word.

    Dankie en sterkte.

    JC

  4. M Digovich

    Laurie baie dankie vir die wonderlike opofferings wat jy doen vir gay regte.Dit gaan nie ongesiens verby nie.As gay man myself, bid ek elke dag dat God jou die krag en sterkte gee om aan te veg, maar dat hy ons ander ook die krag en moed gee om saam te kan staan om gelyke geloofregte te kry.Dit is uiters betreurenswaardig dat daar nog soveel debatte oor gay-wees is in hierdie dag en era. Ons behoort te kan uitsien na geloof-eenheid en vryheid in geloof,maar ongelukkig is die teendeel nog vandag ter sprake. Julle het my nuwe hoop gegee om te aanvaar dat ek EK is, en dat God my so geskape het.Mag Sy genade ons almal omvou, en mag God ons help om die wêreld te wys dat ons ook gelowiges is en God’s kinders is.

    Dankie en sterkte vir die pad vorentoe

    Martin Digovich

  5. Johan & Laurie,

    Ek het nou maar aangesluit by die ‘bakkies boek’ blad en sal ook gereeld die ‘blog’ besoek. As ‘n Christen gay man is dit vir my ‘n riem onder die hart om te sien ek is nie alleen nie – die gay lewe is tog partykeer so ‘oppervlakkig’.

    Alle sterkte vir die toekoms,

    Willem

  6. jannie kruger

    Johan & Laurie,
    Baie geluk met die blad ek is ook gay en worstel om myself te aanvaar en n openlike lewe te ly ek admireer julle wat dit kon regkry – dankie vir n plekkie wat uniek is vir ons ek het ook -daar is n gay pastoor in my kop -gelees en het besef daar is ander wat ook soos ek is thx

  7. Liesl Swanepoel

    Johan & Laurie,
    Dankie vir die baanbrekerswerk wat jul doen. Ek dink hierdie blad is ‘n wonderlike inisiatief en ek is hoopvol saam met JC dat hierdie blad mense bymekaar sal bring op ‘n ander vlak, wat ‘n meer positiewe en gebalanseerde beeld sal uitstraal na die res van die gemeenskap. Ons moet eerlik wees met onsself en erken dat die gay gemeenskap self ook maar ‘n sekere aandeel het in die negatiewe beeld en wanpersepsies wat heers in ons tyd. ‘n Forum soos hierdie kan lei tot positiewe interaksie oor alle sfere van die gemeenskap en hopelik tot beter begrip vir mekaar ook. Ek wens julle alle sukses toe en sal beslis van tyd tot tyd inloer.
    (Belangrike opmerking wat jy maak, en waaroor ons regtig moet dink: ja, soms is ons self verantwoordelik in die versterking van die sterteotipiese beeld wat mense van die gay-gemeenskap het. Die verandering kan net uit onsself kom. – Red.)

  8. Hi Laurie & Johan
    Wat ‘n heerlike verligting was dit nie vir my toe ek julle blog so ‘n paar weke gelede ontdek het nie!!! En glo my ..net op die regte tyd! Want vir die eerste keer in my lewe kan ek met groot vrede en vreugde in my siel en wese aan myself en ander vertel:
    Ek is ‘n gelowige gay man. Verbonde aan die VGK- deel vd liggaam van Christus waar ek bewus is van soveel ander gelowiges (binne die VGK) wat soos ek vir lank geworstel het en nogsteeds worstel om ‘n geintegreerde geloofspad as gay persoon te loop.

    Dankie dat julle bereid was en is om hierdie profetiese taak op julself te neem om ander, soos myself, nog meer te bevry om as heel mense ons plek met waardigheid vol te staan in diens van God se koninkryk.

    Ek het groter vrede, vreugde en dankbaarheid gevind. My “journey” is nog nie verby, maar dank God – my vars porsie genade wag vir elke tree van my pad vorentoe!! Ek sien my verwagting daarna uit!! Soli deo Gloria – aan God al die eer!

    Groete uit Suid Korea

    Andre Smith

  9. Warren Blignaut

    Sjoe, maar dis nou vir jou lekker om te hoor van ander se struggles en vreugdes. Alhoewel ek lankal vrede gemaak het met my seksualiteit, vind ek dat meeste kerke mens nie regtig toelaat om net jouself te wees nie. Ek is ongelooflik lief vir die Here en ek is ook tans op ‘n journey, waar ek elke dag meer bewus raak van God se liefde vir my.Iemand het onlangs vir my gesê: ” God loves us because of our imperfections and weakness, not just in spite of them” As daar iemand is wat weet waar ‘n “Gay Kerk” op die Oos Rand is, kan die persoon my dalk op ‘n manier laat weet?
    Dankie en mag die Here julle ryklik seën!

  10. Ek stem saam; hierdie blog is ‘n wonderlike idee. Ek het slegs een bekommernis: waar is die gay vrouens? After all is hierdie blog tog nie net vir die mans nie?

    Johan en Laurie, keep up the good work!

    (Hi Minette, dankie vir jou terugvoer. Ons probeer inklusief wees. Gaan lees dus gerus die artikel oor Judith Kotzé soos geskryf deur Lidia Theron onder “Mense/People, die artikel oor Lisa Larges [God vs. Gay] asook die oordenking deur Lizelle Stemmett [Body, Mind and Soul] – as jy ons op die spoor kan sit van vroulike bydraers, sal ons dit waardeer. – Red.)

  11. Dis heerlik om deel te wees van die reis. Jare se struggle om jou self te aanvaar en God wat geduldig wag en beskerm. Ek is opgewonde om die mure in my hart af te breek en God toe telaat om deer my te spoel soos nog nooit. Meer opgewonde dat daar meer gay mense is wat God soek saam met my. My reis het 18jaar geneem om met my ouers en God vrede te maak. It has begun.

  12. Ek is mal oor die nuwe voorkoms van VuurKairos! Dis lekker om bietjie ‘n “opkikkering” te kan kry wanneer ek “af” voel.
    Dis maar moeilik om 24 te wees en te wroeg met wie jy werklik is. Ek bid elke dag dat die Here my net sal krag gee om aan te gaan.
    Ek wens ek kan met my ouers praat maar ek weet nie waar om te begin nie. (Eks nog in die kas)

    Baie dankie vir jul moeite met VuurKairos!

    Groete Rian

  13. Please support Ecclesia:
    Ecclesia is an ordained minister of the Methodist Church of Southern Africa (MCSA). Ecclesia recently married her partner Amanda. After Ecclesia announced the news to her congregations she was charged by her Superintendent Minister for being in breach of the discipline of the MCSA.

    While the MCSA affirms the place of homosexual people in its membership, leadership and ministry, the Church at this stage still only recognises marriage between heterosexuals. Homosexual marriage is still a matter of great debate in the Church and Methodist ministers are not allowed to conduct homosexual marriages. So the Church is at the place where it welcomes and affirms gay members but it cannot celebrate and affirm the natural consequence of two people who love each other and who wish to commit to each other in a public religious ceremony. Sadly the Church seems to encourage deception and subterfuge from its gay members and ministers who are indeed already living together in committed relationships, reminiscent of the American military’s ‘don’t ask, don’t tell’ policy. Ecclesia very bravely refused to hide or to lie about her commitment to Amanda and was married at a religious ceremony by an ordained minister of another denomination.
    The appeal will be heard on the 8th of February – vigils and services to support her and Amanda
    http://www.facebook.com/search/?q=ecclesia&init=quick#/group.php?v=wall&gid=238118791221

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s