Oor die liefde…

VuurKairos val 2010 met die liefdesdeur in die huis: vandag is Valentynsdag.

Valentynsdag word jaarliks op 14 Februarie gevier en herdenk liefde tussen metgeselle. Hierdie dag is vernoem na meer as een van die Christelike martelare, en die tradisie is gevestig deur Pous Gelasius in 496 n.C. Dit is tradisioneel ’n dag waarop verliefdes hul liefde aan mekaar bewys deur geskenke en kaartjies.

In die afgelope week stuur ’n vriendin aan my ’n kriptiese boodskap: “Silence is the friend (lover?) who never betrays”. Na ontvangs daarvan, stuur ek hierdie boodskap aan ’n paar vriende, waarop een omtrent dadelik antwoord: “Dit is waar, maar die stilte gee ook nie raad en advies nie, dit troos nie, en dit luister nie. As eensaamheid haar arms om jou vou, dan kan stilte ook jou vyand wees.” En toe besef ek opnuut: ons het nodig om lief te hê en lief te wees.

As ek aan die liefde dink, kan ek nie anders as om dié bekende deel in 1 Korintiërs 13 aan te haal nie:

1. Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ‘n stuk klinkende metaal, ‘n galmende simbaal geword.

2. Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.

3. Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.

4. Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.

5. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.

6. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid.

7. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

8. Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak

9. Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik,

10. maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees.

11. Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind. Maar noudat ek ‘n man is, is ek klaar met die dinge van ‘n kind.

12. Nou kyk ons nog in ‘n dowwe spieël en sien ‘n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.

13. En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!

Mag jy in hierdie week die sagte arms van Hom jou voel toevou, en Hom hoor fluister: “Ek het jou lief.”

Hemelse Vader, help ons om ook met toewyding U lief te hê, en om U te soek met ons hele hart, want U alleen is die bron van ware liefde en lewe. Gee ons die dapperheid en liefde om getroue getuies van U waarheid te wees.

2 responses to “Oor die liefde…

  1. Dankie vir hierdie pragtige stukkie oor die liefde. Ja, stilte is nie altyd goud nie🙂

  2. Anneliese

    Ek will ook net dankie sê vir hierdie stuk, sonder die liefde, geloof en hoop beteken ons lewe niks en ons is verlore. ‘n Eensamheid sal ‘n mens omvou en stilte sal nie ‘n opsie wees. Dat elkeen van julle se hart mag oop gaan om die Here se liefde te kan ontvang, dit bring vreugde en vrede in jou lewe en skep ook weer krag om aan te gaan en te glo. Om deur die liefde ook weer te kan uitryk na ons mede mense.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s