KERKBODE: Gay Christene vra dialoog

Kerkbode berig:

Gay Christene vra dialoog

STELLENBOSCH. – Daar bestaan ’n groot behoefte in Afrika dat Christene vanuit die gay-gemeenskap in veilige ruimtes met ander gelowiges in dialoog kan tree, sonder dat dit in ’n getwis ontaard.

So sê ’n groep van 77 deelnemers uit 13 Afrikalande wat die afgelope maand buite Stellenbosch vergader het om vir die eerste keer vanuit ’n Christelike geloofsperspektief met mekaar in gesprek te tree oor hulle seksuele oriëntasie.

Een van die organiseerders, mnr Pieter Oberholzer van Inclusive & Affirming Ministries (IAM), sê daar is besluit om die gesprekke oor seksualiteit deur dialoog eerder as deur middel van debat te bevorder omdat debatte geneig is om mense te polariseer.

Verskeie deelnemers aan die konferensie het vir die eerste keer geleentheid gehad om openlik en in ’n veilige ruimte met mekaar oor hulle seksuele oriëntasie te gesels.

Sommige van die deelnemers moes die byeenkoms op klandestiene wyse bywoon aangesien daar in verskeie Afrika-lande nog ernstig gediskrimineer word teen gays. Selfs in Suid-Afrika, waar dit teen die wet is om teen mense te diskrimineer op grond van hulle seksuele oriëntasie, word daar volgens een van die konferensiegangers, me Judith Kotze, nog ernstig teen gays gediskrimineer.

Lande wat verteenwoordig is, sluit in Suid-Afrika, Botswana, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Ghana, Kenia, Lesotho, Malawi. Mosambiek, Namibië, Nigerië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Eerwaarde Jide Macaulay het aan Kerkbode vertel hoe hy ’n paar jaar gelede uit Nigerië na die Verenigde State moes vlug weens sy seksuele oriëntasie. Eerwaarde Macaulay het ’n gay-vriendelike gemeente in Lagos bedien, maar is deur homofobiese Christene met die dood gedreig en moes vir sy lewe vlug.

Tydens die Stellenbosch-beraad het afgevaardigdes geleentheid gehad om uit ’n posisie van vrees te beweeg na ’n posisie van selfbemagtiging en hoop, het mnr Oberholzer aan Kerkbode gesê . Homoseksualiteit is nog in 38 Afrikalande ’n misdaad en in vier Afrikalande kan gays die doodstraf ontvang, óf daar word wetgewing oorweeg om die doodstraf aan sulke persone op te lê.

Van die belangrikste struikelblokke wat nog in die weg staan van sinvolle dialoog tussen die gay en heteroseksuele gelowiges is:

· Gebrek aan kennis oor homoseksuele oriëntasie

· Verskillende Skrifinterpretasies

· Gays se stilte en dikwels afwesigheid in die geloofsgemeenskap

· ’n Ongeskrewe verbod om seksualiteit in Afrika te bespreek

· Hiërargiese kerkstrukture

· Onderdrukkende wetgewing

Struikelblokke soos dié lei volgens diegene wat die beraad bygewoon het daartoe dat die meeste kerke in debat tree óór die saak in plaas daarvan om mét mede-Christene te gesels oor die gay-kwessie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s