KERKBODE: SA Raad van Kerke moet help keer met drakoniese gay-wette

Kerkbode berig:

SA Raad van Kerke moet help keer met drakoniese gay-wette

STELLENBOSCH. – Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en kerkorganisasies wêreldwyd se hulp is ingeroep om te help voorkom dat die Ugandese Parlement ’n stuk drakoniese wetgewing goedkeur wat homoseksualiteit in daardie land met die dood strafbaar sal maak.

Die wetgewing, wat tans voor die Ugandese Parlement dien, bepaal onder meer dat enige persoon wat na bewering homoseksueel is, lewenslange gevangenisstraf in die gesig staar of in seker gevalle die doodstraf opgelê kan word.

Ouers wat nie hulle gay kinders se seksuele oriëntasie aan die owerheid verklaar nie, kan groot boetes of gevangenisstraf opgelê word, so ook onderwysers wat versuim om binne 24 uur nadat hulle daarvan bewus geword het, gay studente aan te meld.

Enige persoon wat akkommodasie aan ’n gay persoon verskaf, sal ingevolge die beoogde wetgewing gevaar loop om sewe jaar gevangenisstraf opgelê te word.

Selfs menseregte-organisasies, vigs-aktiviste of dokters wat met vigspasiënte werk, se reputasie word glo deur die beoogde wetgewing aangetas. Daar word gevrees dat dit ernstige implikasie inhou vir die veldtog teen vigs indien die wetgewing aanvaar sou word.

Kerkleiers en gay Christene het tydens ’n beraad oor seksualiteit en geloof op Stellenbosch gevra dat Christene die beoogde Ugandese wetgewing ernstig sal teenstaan. In ’n verklaring wat tydens die beraad uitgereik is, word Christene gevra om meer verdraagsaam om te tree teenoor gays en die sogenaamde “Bahati-haatwet” te opponeer. Die wetgewing is deur ’n Ugandese parlementslid met die van Bahati ingedien.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s