Johan Grobler reageer op “Vasgevang? Nee, Vrygekoop!”

Die reaksie van die redakteur van Juig! bekommer my geweldig. Mens sou eerder so ‘n reaksie van die Huisgenoot verwag. Ek vermoed Johan Strydom is ‘n gereelde leser van die Juig! tydskrif juis omdat hy ‘n Christen is (en dus is die tydskrif mos vir hom ook – na aanleiding van wat die redakteur kwytgeraak het). Net soos die moontlikheid dat ander gay CHRISTENE ook gereelde lesers van die tydskrif kan wees. Dus was die redakteur onverantwoordelik om so ‘n onsensitiewe artikel te plaas en is haar reaksie op Strydom nog meer onverantwoordelik. Wat nou? Moet gay Christene nou maar die tydskrif ook boikot, soos baie van ons die kerk in die verlede maar verlaat en vermy het? Is die doel van ‘n Christelike tydskrif nie om mense na Christus toe te lei nie? Is hulle hoop nie dat hulle ‘n toevallige leser die lig kan laat sien en na Christus kan lei nie? Of is Juig! nie een van daardie tipe Christelike tydskrifte nie? Is dit ‘n tydskrif vir die Christen club om hulle vooroordele in publieke (beperk tot Christene wat daarvan hou) medium uiting te gee. Dis juis die tipe houding van mede Christene wat my ontuis laat voel het in my eie geloof in die jare wat ek met my seksualiteit geworstel het. Gelukkig kon ek onderskei tussen dit wat mense aan my gedoen het (gewoonlik die leed) en dit wat God in my lewe beteken het. Dankie tog ek het vrede met wie ek is. Slefs na die aanvaarding van myself gaan dit nog moeilik maar een ding is seker… EK IS EEN VAN GOD SE GAY KINDERS!

One response to “Johan Grobler reageer op “Vasgevang? Nee, Vrygekoop!”

  1. Juig! bekommer my oor die algemeen geweldig…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s