Eugene Mouton skryf oor Morné en Graham se troue

Ek weet nie wie was die meeste op hulle senuwees nie, die paartjie of hul vriend, die “dominee” , maar die atmosfeer was gelaai met afwagting oomblikke voor die groot gebeurtenis…

Toe ek Teologie gaan swot het, het ek altyd gedroom van die dag wat ek my eerste troue sou doen, maar op daardie stadium kon ek nie eers in my wildste drome voorsien het dat my eerste troue ‘n gay troue sou wees en dan die troue van twee van my goeie vriende nie. Toé (en dit was nie eers so lank gelede nie) was die idée van gay huwelike nog ‘n vae konsep en iets wat ons nie gedink het ons sou in ons leeftyd sou sien het in Suid-Afrika nie.

Ek onthou nog goed hoe my mede-studente en seniors nog lelike grappe gemaak het oor gay mense toe die sinode van die N.G. Kerk in die Weskaap ‘n positiewe besluit geneem het oor die gay kwessie (‘n eerste besluit in ‘n reeks van besluite wat gelei het tot die N.G. Kerk se huidige beleid oor die gaykwessie), die meeste van dit was hulle kwytgeraak het kan nie gepubliseer word nie, want dit was baie rof. Terwyl ek daar tussen hulle gestaan het, kon ek nie help om te wonder oor wat so erg daaraan is as twee mense ‘n verbintenis van liefde aan mekaar maak nie, maar op daardie stadium was dit maar net ‘n vae gedagte, want ek was nie self uit die kas teenoor myself nie.

Kom ons “fast forward” na die meer onlangse hede, so twee jaar gelede…My suster is op die punt om te trou en ek het daarna uitgesien dat dit my eerste troue so wees, maar dinge werk toe nie so uit nie: daar was weerstand uit sekere kringe teen die idée dat ‘n gay predikant die huwelik so voltrek en dit het toe nie gebeur nie en ek het toe nog nie my huweliksbevestigerslisensie gehad nie en toe ek die bittere afjak kry, toe het ek nie nie juis veel moeite gedoen om die lisensie te bekom nie. Op die troue het ek toe slegs ‘n seremonie gedoen wat geen wetlike krag gedra het nie, maar my suster wou seker maak dat ek wel ‘n spesiale bydrae op haar groot dag sou maak.

26 September, 2009, die groot dag het aangebreek en als is in gereedheid vir Morné Coetzee en Graham McIntyre se groot dag. Die gaste wag in en buite die huis vir die groot oomblik dat die twee, wat al tien jaar saam is, aan mekaar sou trou beloof. Vir hulle was die seremonie nie die begin van hul verbintenis aan mekaar nie, maar eerder ‘n viering van iets wat lankal reeds bestaan.

Wat het die dag vir my beteken, meer belangrik nog, vir Morné en Graham en die ander vriende en gaste daar teenwoordig? Ek kan nou nie juis names Morné en Graham of die ander praat nie, maar as ek sou moet raai dan sou ek sê dat dit baie vir hulle beteken het om daardie spesiale dag te kon deel met hul vriende en dit in hul pragtige huis en met ‘n vriend wat die seremonie kon behartig het.

Vir my was dit ‘n besonderse voorreg om die seremonie te kon behartig vir die twee wonderlike vriende van my en vir my was dit ‘n kulminasie van ‘n jare lange droom. Toe ek en Philip Liebenberg besluit het om aansoek te doen vir ons huwelikbevestigerslisensies het ons dit met ‘n doel gedoen: om ‘n geestelike ruimte te bied vir gay paartjie wat graag hul verbintenis voor God en al die spesiale mense in hul lewens wil vier en voltrek.

Om deel te hê in daardie heilige oomblik wat twee mense trou aan mekaar beloof en om te wees in daardie plek wat vanweë die teenwoordigheid van die Heilige Gees en almal daar teenwoordig, ‘n sakrale ruimte is, is iets wat mens nie vir iemand in woorde kan beskryf nie. Dit is inderdaad ‘n wonderlike voorreg om deel te wees daarvan.

Daar was ‘n baie spesiale oomblik tydens Morné en Graham se troue waarop die trane spontaan en vrylik gevloei het- trane van blydskap! Dit was moeilik vir op daardie oomblik om nie self aangedaan te raak met emosie nie en daar was beslis ‘n knop in my keel.

Dit is oomblike soos die wat ek dan wonder oor artikel soos die een wat onlangs in Juig! verskyn het en dié is dan sommer my antwoord op daardie artikel. Vrygekoop waarvan? Vasgevang waarin? Liefde? Omgee? Ondersteuning? Sekerlik nie een van daardie dinge nie, want al wat daardie dag daar teenwoordig was in daardie huis was tere liefde en niks van die bose ding wat daardie artikel in Juig! aan ons nek wou kom hang het nie.

Ek deel graag so ietsie wat die seremonie van daardie dag met julle:

A marriage is a very special ceremony. For Morné and Graham, this ceremony means that they will count on one another, that they will treat one another with care, and that they will continue to share their lives with each other as partners and friends, and to go on building their future together.

This ceremony expresses the spiritual bond that they experience together. Their union is not a time of static contentment with each other and the world around them, but an ongoing process of exploring the fullness of their individual persons and sharing their friendship and love with you, their friends and family.

I welcome this opportunity to give voice to my conviction that every relationship of love between human beings is holy, sacred, worthy of celebration and public affirmation. I am delighted today to perform this ceremony of marriage for two people who love and honour one another.

What greater thing is there for two human souls than to feel that they are joined together to strengthen each other in all labour, to minister to each other in all sorrow, to share with each other in all gladness, to be one with each other in the silent unspeakable memories?

Love is not some accident we fall into. But if we grow in love, then there is the possibility that our tomorrows will be even more joyous, more tender and caressing, more devoted to life flowing through us; tomorrows more full of the thrill of life, even as each today is better than yesterday. Love has the capacity for that magic. Perhaps only love has such capacity. This love does not start with a public ceremony; this ceremony is only a public testimony, a community YES to what already exists.

Ek wil graag stilstaan by die volgende twee gedagtes, die eerste een is dié, “every relationship of love between human beings is holy, sacred, worthy of celebration and public affirmation.” en die volgende gedagte is as volg: “What greater thing is there for two human souls than to feel that they are joined together to strengthen each other in all labour, to minister to each other in all sorrow, to share with each other in all gladness, to be one with each other in the silent unspeakable memories?

Ek dink nie ek kan veel meer byvoeg by dit wat die twee gedagtes wat ek aangehaal het, maar ek wil graag noem dat bogenoemde my herinner aan die gedagte dat Jesus teenwoordig is wanneer twee of meer mense in Sy Naam teenwoordig is. Vir is dit juis in oomblikke soos dié van Morné en Graham se troue wanneer twee mense in teenwoordigheid van God en die spesiale trou aan mekaar beloof, dat ons juis die teenwoordigheid van Jesus en Sy Gees voel.

Ter afsluiting, die Gnostiese Evangelie van Thomas verwoord (volgens my) hierdie nabye en konstante teenwoordigheid van Jesus in ons lewens die beste wanneer dit die volgende sê in vers 77: “Jesus said, ‘I am the light that is over all things. I am all: from me all came forth, and to me all attained. Split a piece of wood; I am there. Lift up the stone, and you will find me there.’”

(Fotograaf: Brenden Coetzee)

morne en graham 002

One response to “Eugene Mouton skryf oor Morné en Graham se troue

  1. Madelein Rothmann

    Ek het skoon trane, baie mooi

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s