Pastoor Lizelle Stemmett reageer op “Vasgevang? Nee! Vrygekoop!”

Om te veronderstel of ‘n stelling te maak dat enige mens kan "kies" om heteroseksueel te word, is soos om te kan kies om jou velkleur te verander as jy onderdruk of veroordeel word vir jou sogenaamde "andersheid". Deur die eeue en geslagte heen is daar al soveel keer "regverdiging" gevind vir die "voorreg" om te mag onderdruk en dit nogal alles volgens en uit die Woord?

My hare rys by die blote gedagte dat deur ander te veroordeel vir iets waaroor geen mens ‘n keuse het nie, te veel mense hulleself in God se plek aanstel en so terloops tussen die lyne deur op ‘n baie arrogante wyse dan eintlik indirek vir die Here sê dat Hy nie naastenby bevoeg is om te skep nie, aangesien Hy "foute" maak. Wat het geword van Johannes 3:16: "Want so lief het God die wêreld gehad (en het steeds) dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat ELKEEN wat in Hom (Jesus) glo, die ewige lewe sal beërf? Die enigste is dat ons Jesus as verlosser moet aanneem, ons velkleur, kleur van ons hare, oë of seksuele oriëntasie het niks daarmee te maak nie. Wat saakmaak, sê die Here (Kol 3:11) is Ek en Ek woon in julle. Ek wonder oor die moontlikheid dat die Here dalk vir die samelewing en vir sommige mense, gay kinders gegee het, om hulle te leer van onvoorwaardelike liefde en hoeveel van hulle gesien in hierdie lig, werklik die liefde van Jesus weerspieël? Is God dan nie liefde nie?
(1 Joh 4) En waar daar liefde is (ware liefde) nie geveinsde of geforseerde liefde nie, is daar geen vrees nie? Rom 2 stel dit tog so duidelik dat hy wat ‘n ander veroordeel, skuldig is aan presies dieselfde in die oë van die Here. Moet ‘n mens dan aflei dat daar heelwat meer gay mense is as wat die meeste wil erken?

Glo my, geen mens sal uit eie keuse ‘n lewe van verwerping, verdoemenis, belediging, miskenning – noem maar op – kies uit vrye wil nie, elkeen van ons wil behoort, het die behoefte om liefgehê te word, om veilig te voel, dis hoe ons geskape is. Besef ons werklik hoeveel eendag voor die Regter gaan moet staan omdat ons ‘n liefdelose, onverdraagsame, ongasvrye volk geword het? Terloops – dit is die rede waarom Sodom en Gomorra vernietig is, Esegiël 16:49-50 en die feit dat hulle nie die Here gedien het nie, maar in afgodediens verval het. Mammon is ook ‘n afgod, so is alkohol, seks, nikotien, dwelms, party mense se huise en voertuie het afgode geword……as die Here nie 1ste staan in jou lewe nie, is daar ‘n probleem, want dan het jy ‘n afgod en sê die Here dan nie:"Ek is ‘n jaloerse God, jy sal geen afgode voor my hê nie"?

Wat sê Jesus oor homoseksuele mense? Absoluut niks. Die woord homoseksueel is nie deel van die oorspronklike geskrifte nie, dit is ingeskryf dmv interpretasie, waarsku die Woord nie dat ons niks mag toevoeg of wegneem van die Woord nie? Maar steeds kom die oordeel geeneen van ons toe nie en die Here waarborg dat ELKEEN wat Jesus aangeneem het as Verlosser, die ewige lewe sal beërf.

One response to “Pastoor Lizelle Stemmett reageer op “Vasgevang? Nee! Vrygekoop!”

  1. Johan Grobler

    Goeie, nugter reaksies soos die behoort in dieselfde tydskrifte gedruk te word waarin mense wat ons veroordeel hulle uitsprake mag lewer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s