VuurKairos in die media: KERKBODE

Kerkbode berig:

‘Gay-regte hier om te bly’

KAAPSTAD. – Dit is onwaarskynlik dat konserwatiewe godsdienstiges hulle sin gaan kry om sogenaamde “liberale wetgewing” wat onder meer gay-huwelike moontlik maak te laat, hersien.

Die gelyke regte wat gays en lesbiërs deur die howe en wetgewing bekom het, kan nie sommer net goedsmoeds weggeneem word nie, sê die grondwetkenner prof Pierre de Vos van die Universiteit van Kaapstad. Die Grondwet sal eers verander moet word deur twee derdes van die Parlement.

Prof De Vos het aan die webwerf VuurKairos (https://vuurkairos.wordpress.com) gesê hoewel dit nie onmoontlik is dat die Grondwet verander kan word nie, sal dit na sy mening nie sommer gebeur nie. Hy meen dit sal ’n geweldige negatiewe simboliese effek hê as die regte van sommige Suid-Afrikaners vervreem word. “Binne die regerende party is daar ook baie mense wat baie sterk voorstanders is van die regte van gays of wat self gay is. Dit is dus onwaarskynlik (maar natuurlik nooit onmoontlik nie) dat die ANC met die regte sal peuter,” het prof De Vos gesê.

Volgens die Mail & Guardian word daar vanuit sekere godsdienstige kringe druk op die regering uitgeoefen om te besin oor sogenaamde “liberale wetgewing” wat gay-huwelike en aborsies moontlik maak.

Pastoor Ray McCauley (foto) van die Rhema Kerk en die National Interfaith Leadership Council wat deur hom gestig is, staan glo aan die spits van die veldtog om die wette te laat hersien.

Dié groep godsdiensleiers sleep al geruime tyd vlerk by die regering en is ook gekant teen oud-regter Johan Kriegler se aandrang dat die klagtes teen regter John Hlophe behoorlik ondersoek word.

McCauley het teenoor die Mail & Guardian ontken dat die betrokke godsdiensraad enige formele bande met die ANC het. Volgens die koerant is minstens vier van die raad se 20 lede egter ANC-parlementslede, onder wie swaargewigte soos die ANC se hoofsweep, Mathole Motshekga, en die voormalige Wes-Kaapse premier Ebrahim Rasool.

Grafika: http://www.kerkbode.co.za/

voorblad0210

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s