Woensdag-meditasie: VREEMDELINGE

Vreemdeling

Barnard Steyn

God steek elke dag Sy hand op ‘n ryke verskeidenheid van maniere na ons toe uit. Die ou Keltiese Christene het van “dun plekke” gepraat waar God en mens mekaar kan ontmoet. Om vreemdelinge te ontmoet, kan ook ontmoetings met God wees.

Procrustes in die Griekse mitologie woon in ’n huis langs ‘n deurpad. Moeë reisigers word ingenooi vir lekker kos en kuier. Die hoogtepunt van sy gasvryheid was om besoekers uit te nooi om te oornag. Procrustes het daarop geroem dat sy unieke gastebed die lengte van sy gaste presies pas. Maar daar is ‘n geheim wat hy nie verklap nie. Sodra die niksvermoedende reisiger bed toe gaan, spring Procrustes self aan die werk. Sy liggaamlike vereiste vir die besoeker is niks minder nie as die ideale proporsies van ‘n Griekse god. As die gas te kort is, word hy gerek; as hy te lank is, word sy bene korter gemaak. So pas sy bed alle mense.

As Jesus vreemdelinge ontmoet, is Hy so lief vir hulle dat Hy hulle aanvaar net soos hulle is. Hy het nie voorkeure oor geslag of taal of bevolkingsgroep nie. Jesus het nie vooropgestelde idees oor hoe mense moet lyk nie en resprekteer ons soos ons is. Die Bybel sê dat God se kinders die verrassing sal ontdek dat God self in ‘n vreemdeling ontmoet kan word.

Ons lees in Matteus 25:

"Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos ‘n wagter die skape van die bokke skei. Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan.

"Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’

Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’ (Verse 31-40)

Gebed

‘n Ou Keltiese lied sing:

“We saw a stranger yesterday.

We put food in the eating place.

Drink in the drinking place.

Music in the listening place.

And with the sacred Name of the triune God

He blessed our house,

our cattle and our dear ones.

And the lark says in her song:

Often, often, often goes the Christ

in the strangers guise.” Amen.

proc

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s