WAAR IS JOU STEM?

Waar is jou stem?

Sondag, 20 September 2009

Hennie Pienaar

Spreuke 1:20 -21 Wysheid is ‘n vrou wat langs die straat staan en roep, sy laat haar stem hoor op die stadspleine, sy roep bo die rumoer uit, by die ingange van die stadspoorte sê sy wat sy te sê het.

Is jou stem gedoof omrede jy nie heteroseksueel is nie? Het jou opinies minder geword? Staan jy terug en laat jy ander eerder hul sê sê? Begin jy jouself en wat jy glo minder ag as ander?

Die tyd het aangebreek dat jy die vrees wat jou stem gevange hou verjaag. Dit maak jou flou en hou jou in die grys stof van wanhoop. Dit hou die masker aan. Dit hou die kleur in jou lewe uit. Dit hou jou in die skadu. Die son bly weg. Die klank van jou stem word nie gehoor nie. Die toon van jou klank en die frases van jou lied lê in die stof van die kelder van seer.

Die tyd het aangebreek dat jy die vrees in jou lewe verwilder en jy weer jou stem laat hoor. Die tyd het aangebreek dat jy weer jou “song” sing. Die tyd het aangebreek dat jy weer onverskrokke kan wees, wees wie jy is sodat jy weer ‘n “blessing” kan wees vir jouself en vir hulle wat jou nie veroordeel nie.

Die tyd het aangebreek dat jy jou stem moet losbreek en jy weer uit volle bors kan WEES. Die tyd het aangebreek dat die kleur in jou lewe terugkom. Die tyd het aangebreek dat die son weer in jou opkom en jy kan ontdooi en wees: God se oogappel.

Jy begin deur die besluit te neem om jouself onvoorwaardelik te aanvaar. Jy besluit om die rasionele stem in jou die oorhand te gee. Jy begin om te glo dat jy nie mense se aanvaarding en liefde nodig het voor jy jou eie stem kan laat hoor nie. Dit sal “nice” wees, maar jy het dit nie nodig nie. Jy begin glo dat jy “ok” sal wees en dat dié wat jou stem hoor en aanvaar jou vriende is. Jy begin verstaan dat dié wat jou stem hoor en dit liefhet die mense is wat saakmaak. Dit begin deur nie te wag vir wonderwerke voor jy jou stem laat hoor nie. Dit begin deur nie te wag op gebedsverhoring voor jy jou stem laat hoor nie. Dit begin deur nie te wag dat ander eers moet verander nie. Dit begin deur die verdedigingsmeganismes van “vrees vir verwerping” af te breek. Dit begin deur vir jouself lief te wees net soos jy is.

Dit begin nie deur te kyk na ander mense nie, maar dalk weer deur te sing “…turn your eyes upon Jesus, look full in his wonderful face, and the things of earth will go strangely dim, in the light of his glory and grace….”

Jy het ‘n stem. Jou stem is goed net soos dit is… Hou op om jou stem te soek en laat dit vry soos die stem in Spreuke.

Liefde in die Here wie se stem vol onvoorwaardelike liefde en genade is.

Lees meer oor Hennie Pienaar en hoe hy kan help om jou stem los en vry te maak. Nooi hom vir ‘n werkswinkel in jou area. Lees hier meer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s