André Muller reageer op “Hoe algemeen kom homoseksualiteit voor”

Na die verskyning van die tweede hoofstuk (“Hoe algemeen kom homoseksualiteit voor”) uit dr. Jean du Plessis se boek, Oor gay wees, en met die vraag “Word hierdie feit [dat daar gay leerlinge in ‘n skool is] in ag geneem in skole se leerplanne?”, het ek by André Müller gaan kers opsteek oor die vraag. André was tot onlangs onderwyser, en ek plaas graag sy antwoord hier vir julle. Dankie André vir jou bydrae. André blog hier.

Soos versoek deur Johan Strydom, lewer ek as onderwyser (tot onlangs toe) kommentaar op die vraag of vandag se skoolleerplanne voorsiening maak vir méér as net “heteroseksistiese” letterkunde en/of onderwys.

Kortom is die antwoord “ja”.

Met die nuwe kurrikulum en uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) is daar wel pertinent beweeg na inklusiewe leerplanne wat die hele spektrum van menswees, in sy volle verskeidenheid, aanspreek.

So word daar in die senioronderrigfase taal-leeareas dikwels leesboeke voorgeskryf wat juis handel oor buitestaander figure, diverse gesinne of maatskaplike probleme en/of voormalige taboes.

In die nuwe verpligte vak vanaf graad 1 tot 12, Lewensoriëntering, word daar veral voorsiening gemaak vir die onderrig-en-leer van onderwerpe wat strek vanaf seksualiteit tot religieuse diversiteit.

Wat religieuse diversiteit betref, byvoorbeeld, moet hedendaagse leerders take doen en toets skryf oor die geloofsbeginsels en geskiedenisse van Boeddhisme, Hinduïsme, Islam, Christendom en die Jodedom. Inderdaad ‘n wegbeweeg van destydse “Bybelstudie”-periodes. Ook agnostisisme, ateïsme en humanisme word gedek.

Tog is die leerstof slegs een aspek van die onderrigleerproses.

Dit kan wees dat ‘n onderwyser byvoorbeeld vir leerders onderrig van Islam, maar nog steeds Christenskap as die “ware” geloof voorhou.

Of vir tieners preek oor hoekom seks voor die huwelik “sleg” is, terwyl leerders eintlik volgens die kurrikulum toegerus moet word om ‘n eie waardeoordeel te kan fel, en verantwoordelike verhoudings te kan aanknoop.

Om krities te kan dink en redeneer, is trouens een van die kritieke uitkomstes in alle UGO leerareas.

* * *

Die meeste skole het gay onderwysers in hulle personeelkorps, maar skoolhoofde en beheerliggame behou dikwels ‘n groot mate van geloofsrigiditeit (derhalwe skole met ‘n uitsluitlik Christelike etos – hoe ondefiniëerbaar dit ook al mag wees).

Nietemin bied die vak Lewensoriëntering vir beide onderwysers en leerders die geleentheid om kreatiewe debatte en waagmoedige gesprekke met mekaar te voer – ‘n geleentheid wat toenemend aangegryp word.

Lees gerus ‘n blog-les wat juis hieroor handel: http://mnrmuller.wordpress.com/2009/04/02/life-skills-14-is-gay-wees-sonde/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s