ONS LESERS SKRYF

Pieter Reyneke oor “Oor gay wees”: Baie dankie vir die moeite. Dit doen my hart goed om weer die boek stuk-stuk te kan lees. (Dankie vir die teregwysing na die tikfout, Pieter – RED.) Lees meer…

Eugene Mouton skryf oor Barnard Steyn se meditasie, Kuns, die volgende:

Barnard, jou meditasie het my diep geraak, baie dankie dat jy dit met ons gedeel het. Dit het my onwillekeurig laat dink aan my eie broer wat op Goeie Saterdag oorlede is in 2007. Dit het my egter nie met droef laat terugdink nie, maar ek het gedink die tema van dood en opstanding, soos wat jy aan die einde van jou oordenking sê “Dit is die Paas-boodskap. Christus was dood en Hy lewe weer! Alles in die wêreld is aan doodsheid onderworpe. Alles word opgefrommel, alles beland in die asblik, alles sterf. Maar in Christus is daar hoop en nuwe lewe. Christus-uit-die-asblik is vir my vriend teken hiervan.”

Dit gee my nuwe hoop, ook in die rouproses waardeur ek tans gaan met my pa se afsterwe.

Jou meditasie herinner my ook baie aan die Paas Troparion in die Griekse Ortodokse Kerk:

Christos anesti ek nekron,
Thanato thanaton patisas,
Kai tis en tis mnimasi
Zo-in kharisamenos!

Christ is risen from the dead,
Trampling down death by death,
And upon those in the tombs
Bestowing life!

Groete,

Eugene

Sias Bothma skryf dat hy graag meer sal wil lees oor Jean du Plessis se boek, Oor gay wees. (Ek hoop jy het alreeds die volgende hoofstuk kon lees Sias! – RED)

Gerrie & Hettie, dankie vir julle boodskap, ek kontak julle binnekort! Miskien kan ons iets wonderlik reël vir ons VuurKairos-lesers.

Thea Moller skryf oor die aanlyn publikasie van Jean du Plessis se boek die volgende: Jean, Dankie vir jou jare lange bydraes en kosbare voorbeeld wat jy en Danie nog steeds stel. Julle is so spesiaal vir my en ek is bevoorreg om julle as vriende te he. Dit is prysenswaardig dat jy jou boek beskikbaar gestel het op die internet. Ek hoop dit sal deur baie mense gelees word wat vrae het.

Ek en Petra is voorwaar baie trots op julle.

Ilse Ferreira, baie dankie vir jou e-pos. Soos ons voorheen geskryf het, wil VuurKairos ’n veilige hawe skep vir o.a. gay mense. Baie dankie die waardevolle kommentaar wat jy gelewer het, maar ons raak nie op hierdie blad betrokke by die reg-verkeerd-debat nie, en raai lesers aan wat dit wel wil doen, om van ander platforms gebruik te maak. – RED

Pat Bramage skryf oor die inskrywing oor Caster Semenya: Ek stem, let her be who she is, let her enjoy her passion, what is wrong with this world that they all want to judge and be in judgement.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s