NUWE LEESSTOF

Gegroet!

Hierdie week het dit weer opnuut aan my duidelik geword hoe die geestelike en liggaamlike saam funksioneer binne ons samelewing en die dampkring van ons ervaringswêreld. Ek hoop dat julle dit ook in die inhoud sal sien wat hierdie week op VuurKairos geplaas is:

Laurie steek ’n devosiekers op vir ’n vriend wat hy aan die dood moes afstaan: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/10/n-devosiekers-vir-bertus/

Die volgende hoofstuk van dr. Jean du Plessis se boek, Oor gay wees – Hoe algemeen kom homoseksualiteit voor? – is geplaas: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/11/oor-gay-wees-hoe-algemeen-kom-homoseksualiteit-voor/

Die NILC maak geluide dat daar herbesin moet word oor sogenaamde liberale wetgewing wat gay huwelike insluit: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/11/mailguardian-reports-zumas-new-god-squad-wants-liberal-laws-to-go/

Marietjie van Loggenberg skryf ’n pragtige stuk, “Met Caster Semenya op die Waterberge”, in antwoord op die Caster Semenya-sage wat in Kerkbode verskyn: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/12/met-caster-semenya-op-die-waterberge/

Ons lesers skryf en lewer kommentaar: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/12/ons-lesers-skryf/

Onthou dat julle nou die DVD, “Lofsing die Here – Loof Hom met ‘n duisend stemme” hier (vuurkairos@live.com) kan bestel: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/05/dvd-lofsing-die-here-loof-hom-met-n-duisend-stemme/

“Shattered by Death: Embarking on the Journey of Grief” is hierdie Sondag se oordenking (https://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/12/shattered-by-death-embarking-on-the-journey-of-grief/)

Laurie skryf ‘n bietjie meer daaroor, en stel Eugene Mouton aan ons bekend:

Liewe vriende/ Dear friends

Soos wat die Caster Semenya-saak die afgelope tyd toenemend ontvou, raak ek bewus van hoe broos ons as mense in ons samestelling en in ons menslikheid is. Dit is tragies dat mense se liggame, seksualiteit en geslagtelikheid dikwels die slagveld word waarop allerhande oorloë hulleself afspeel.

Eugene Mouton wat as ‘n AGS-pastoor opgelei is en werksaam is by die Universiteit van Johannesburg, reflekteer hierdie week oor die weerloosheid wat hy in sy eie lewe ervaar het toe die dood van geliefdes sy pad gekruis het. Hy moedig ons aangrypend aan om, in die woorde van Rainier Maria Rilke, die vrae van die lewe self te lewe en lief te hê. Lees lekker saam!

Please read our meditation this week in English by Eugene Mouton, trained as an AFM pastor and working at the University of Johannesburg.

SLUIT AAN BY ONS GROEP OP FACEBOOK: VuurKairos

Groete,

Johan Strydom

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s