NUWE LEESSTOF

Liewe leser,

Vars leesstof!

Barnard Steyn is leraar van die N.G. Gemeente Joubertina hier in die Oos-Kaap, en het ‘n aantal meditasies aan VuurKairos beskikbaar gestel wat ons oor die volgende paar weke op Woensdae sal plaas. Die ou Keltiese Christene het van “dun plekke” gepraat waar God en mens mekaar ontmoet. Met dit as sentrale tema, skryf hy o.a. vir ons oordenkings oor hierdie besonderse plekke waat ons God kan ontmoet: kuns, die natuur, vreemdelinge, gedigte, voedsel, films en stilte. Die eerste meditasie/oordenking kan hier gelees word: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/08/woensdag-meditasie-kuns/

Daar is min dinge so lekker in die lewe as om ‘n potlood te vat en iets in ‘n boek te onderstreep omdat jy dit wil onthou en later wil gebruik. Gaan lees drie aanhalings hier: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/08/quotes/

Julle sal onthou dat dr. Jean du Plessis aan VuurKairos toestemming verleen het om sy boek, “Oor Gay Wees” gratis aan ons lesers beskikbaar te stel. Die eerste hoofstuk, “Wat is homoseksualiteit”, kan hier gelees word: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/08/oor-gay-wees-wat-is-homoseksualiteit/

Julle deelname en kommentaar op hierdie hoofstukke sal waardeer word.

Groete tot later in die week!

JOHAN D. STRYDOM

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s