NUWE LEESSTOF

Goeienaand liewe leser,

Nuwe lewe is so ongelooflik, en alhoewel ons dit soms aan ’n spesifieke datum koppel, soos in die afgelope week met Lentedag, laat die vuur en oomblik (VuurKairos?) hom nie vasvang in ’n spesifieke datum en tyd nie!

Meer oor hierdie week se leesstof:

Wat gedoen as jy voel dat jy van jou vrede beroof word? Wat gemaak as jy gekwets word? Neem jy wraak? Lees Andre Smith se oordenking, SHALOM, hier: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/05/shalom/

Hennie Pienaar is ’n Kliniese Pastorale Terapeut, en het onder meer studeer in Rational Emotive Behavioral Therapy. Gaan lees meer hier: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/05/hennie-pienaar-clinical-pastoral-therapist/

Laurie bied ’n Taizé-diens aan: Sondagaand, 6 September. Vir meer besonderhede, lees hier: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/02/laurie-gaum-taize-diens-n-g-kerk-pinelands/ . (Sou dit graag wou bywoon Laurie!)

Gepraat van nuwe lewe: ek het vanaand groot opgewondenheid beleef toe ek die DVD ontvang het van die spesiale Lofprysingsdiens (“Lofsing die Here – Loof Hom met ’n duisend stemme) wat ons in die N.G. Gemeente, Kareedouw, aangebied het. Vir my het hierdie DVD ook op dieper vlak betekenis as “reisdokument” die afgelope paar jaar. Om meer te lees, en bestellings te plaas, volg hierdie skakel:

Om mee af te sluit ’n Seëngroet (https://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/05/n-seengroet/ ) wat ek graag volledig hier vir julle plaas:

As jy nie kan slaap nie, weet dat God jou op Sy skoot gaan tel hierdie week, en Hy gaan vir jou ‘n wiegeliedjie sing.

As jy onrustig is, weet dat Hy sy hand op jou skouer gaan sit, en jou gaan deel maak van sy ballade.

As jy alleen is, weet dat Hy sy arms om jou gaan slaan, en Hy gaan vir jou die hoogste lied sing van die liefde.

As jy treur, weet dat Hy vir jou gaan troos.

En omdat dit waar is sê ek vir jou:

die GENADE van die Here Jesus Christus,

die LIEFDE van God,

en die SAGTE HAND van sy Gees,

sal met elkeen van ons wees.

Ds. Kobus Bohnen, Sondag 23 Augustus 2009

Groete,

Johan Strydom

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s