STEM TEEN GEWELD

Stem teen geweld

Sondag, 30 Augustus 2009

Rethie van Niekerk

Ek is ‘n self-erkende Brueggemaniac – ‘n aanhanger van die Ou-Testamentikus Walter Brueggemann. Enige iets wat hy skryf, is genoeg om jou hoendervleis te gee!

http://faculty.gordon.edu/hu/bi/Ted_Hildebrandt/OTeSources/19-Psalms/Text/Articles/Brueggemann-VoiceViolence-CTJ.pdf

Hier kan jy een van sy bestes gaan lees: Voice as Counter to Violence. Vir diegene wat nog nie oortuig is nie, vertel ek so bietjie meer…

Brueggemann sê dat “coercive silence” altyd ‘n transaksie is tussen ‘n magtige agent en ‘n swakker ondergeskikte. Dit is ‘n ongelyke transaksie tussen die magtige en magtelose en hierdie stilte skep en legitimeer geweld in albei. Die stilmaker dink sy kan doen net wat sy wil; die stilgemaakte sal mettertyd met geweld teen die stilmaker reageer.

Om die geweld teen te staan, moet ons vra: wat doen ons met die woede en die behoefte aan wraak waarmee ons dikwels leef? Volgens Brueggeman moet ons die woede stem gee. Dan moet ons dit aan God onderwerp. En dan moet ons dit laat gaan deur vir God te sê: Ek vertrou my woede aan jou toe.

Die klagpsalms / klaagpsalms in die Bybel doen juis dit. Israel het verstaan dat die lewe bestaan uit spraak. En as jy nie stem het nie, bestaan jy nie. Daarom is die klaagpsalms se doel om die stilte te verbreek – stilte teen ‘n vyand of selfs stilte teen God, wanneer dit voel asof God onregverdig is.

Die vraag is nou: dóén ‘n klaagpsalm enigiets? Of is dit maar net so bietjie katarsis? Is dit moontlik dat die woorde vir God beweeg? Of dalk nie vir God nie, maar diegene wat dit aanhoor?

Dit mag wees dat die klaagpsalms inderdaad vir God tot aksie beweeg. Die Ballingskap eindig omdat God sy stilte verbreek (Jes 42:14). Hierdie stilte word gebreek omdat Israel daarop aandring het.

I propose that Psalm 39 makes available to us the terrible ambiguity of life with God. To legitimate the ambiguity, Israel knows deeply of wanting to trust and having to speak. When one has long been silenced, the first speech one speaks is likely to be anger. I dare imagine that Psalm 39 affirms that both sides of the ambiguity voiced here are acts of faith. The trusting affirmation is an act of faith; but so is the abrasive accusation an act of faith. I understand that such a tension does not fit the kind of preaching that announces that everything is settled. But then, biblical faith is not and never intends to be a statement of outcomes. It is, rather, a dip into the drama of life and death that continues to be underway.

Ons taak is om mekaar te help om ons stem te vind.

Gaan lees nou die artikel!

Rethie van Niekerk is ‘n predikant by die NG Kerk Somerstrand in Port Elizabeth, waar sy haar bes probeer om uit die moeilikheid te bly en terselfdertyd die Here se wil te doen. Die gemeente se website kan hier besoek word, of by Klema, hul “nuwe gemeente ontwikkeling”. Somerstrand se droom / visie is om met vreugde te lewe en met liefde te dien vanuit ‘n vaste geloofsverbintenis met Jesus Christus, ons Hoof.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s