IAAF vra om verskoning vir sy hantering van Semenya-saak

DIE BURGER berig:

IAAF vra om verskoning vir sy hantering van Semenya-saak

2009-08-24 22:22

WILHELM DE SWARDT

Pretoria – Mnr. Lamine Diack, voorsitter van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF), erken die ondersoek om vas te stel of Caster Semenya ’n vrou is, is heeltemal verkeerd hanteer.

Dit moes nooit aan die lig gekom het dat sy aan geslagstoetse onderwerp gaan word nie, het hy gesê.

“Ek kan haar maar net om verskoning vra en belowe ek gaan ’n prosedure instel wat sal verseker dat geen atleet in die toekoms ooit weer so verneder word nie.

“Ek het ’n ondersoek gelas om te probeer vasstel wie die inligting oor Semenya se toetse aan die media laat uitlek het,” het hy aan die Britse Press Association gesê.

Die Brit Jenny Meadows, wat derde geëindig het in die 800 m wat Semenya gewen het, het aan die BBC gesê haar hart gaan uit na die Suid-Afrikaner. “Wat nou aan die gebeur is, kan nie vir haar maklik wees nie en moes nooit gebeur het nie. Die IAAF en Atletiek Suid-Afrika (ASA) dra ewe veel skuld vir die verleentheid waarin Se­menya haar bevind.”

Mnr. Leonard Chuene, voorsitter van ASA, het verlede week ontken dat daar voor die Wêreldbyeenkoms enige vrae oor Semenya se geslag gestel is. Hy het die hele debakel aan rassisme toegeskryf.

Bubé Pienaar, middelafstand-afrigter van Potchefstroom, het gister gesê hy het genoeg van die ASA se “leuens” gehad en is moeg dat ASA telkens die rassekaart speel wanneer gefouteer word.

“Dit is tyd dat die waarheid uitkom. Op vanjaar se Suid-Afrikaanse junior byeenkoms in Pretoria het ek en ’n paar ouers en afrigters ’n beampte van ASA gevra of hulle ’n slag mooi na Semenya gekyk het.

“My woorde was dat Caster se profiel nie pas by dié van ’n 18-jarige dogter nie en sy eerder soos ’n 19-jarige seun lyk.”

Hy het dit duidelik gestel dat hy nie sê Caster is ’n seun nie, maar op die oog af “lyk, loop, praat en hardloop sy soos een”.

“Ons voorstel was dat ASA haar miskien moet laat toets sodat daar duidelikheid verkry kon word. Die beampte was woedend dat ek dit durf voorstel. Aan ons is gesê ons is rassiste wat Caster nie haar sukses gun nie, en as ons weet wat goed is vir ons, sal ons ons neus uit ASA se sake hou.”

ASA het glo toe ook gesê Caster “het gekies om ’n meisie te wees en klaar”.

“As afrigter en self ’n pa voel ek jammer vir Caster. Sy is net ’n kind wat ’n pion in ’n grootmensspel geword het, maar ek dink nie mense besef hoe ontmoedig die ander meisies raak wanneer hulle telkens stukkend gehardloop word deur iemand wat op die oog af nes ’n seun lyk en optree nie.”

– Die Burger

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s