NUWE LEESSTOF

Vriende!

Die naweek is in sig! Weens my betrokkenheid by ‘n geleentheid eerskomende Sondag, sal ek nie tuis wees om die gewone opdatering teen Saterdagaand te doen nie – daarom dié voortydige berig om julle in kennis te stel van al die nuwe leesstof en meditasie vir Sondag.

Ek hoop dat julle die VuurKairos-eksklusief kon volg en lees: Dr. Jean du Plessis voel sterk daaroor om mense met inligting te bemagtig en om onkundigheid oor bepaalde onderwerpe aan te spreek. Hy het daarom aangebied dat ons sy boek “Oor gay wees” wat in 1999 verskyn het, gratis aanlyn beskikbaar te stel vir ons lesers. Baie dankie Jean! Lees meer daaroor by https://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/21/n-vuurkairos-eksklusief/

Episcopal Church leaders in Los Angeles on August 2nd nominated an openly gay priest and an openly lesbian priest as bishops, becoming one of the first dioceses in the national church to test a controversial new policy that lifted a de facto ban on gays and lesbians in the ordained hierarchy. Read more: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/21/l-a-episcopal-leaders-nominate-2-openly-gay-lesbian-priests-as-bishops/

Demand justice from the Zimbabwean government and the Southern African Development Community (SADC). Read more: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/21/demand-justice-from-the-zimbabwean-government-and-the-southern-african-development-community-sadc/

Gaan lees ook die Joint Working Group se verklaring rondom die ontstellende gebeure van Caster Semenya. ‘n Groot debat is ontlok nadat daar vrae oor haar geslag gestel is. Lees meer: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/21/statement-on-caster-semenya/

Eerskomende Sondag bied ons gemeente ‘n geleentheid aan: “Lofsing die Here – Loof Hom met ‘n duisend stemme”. As jy jouself in die Oos-Kaap bevind, word jy hartlik uitgenooi om saam met ons die Lof van die Here te kom besing. ‘n DVD-opname word van die geleentheid gemaak, en daar sal later hier ‘n aankondiging gemaak word waar julle dit kan bekom. Lees meer: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/21/lofsing-die-here-loof-hom-met-n-duisend-stemme-hierdie-sondag/ . Sluit ook gerus aan by ons gemeente se blad op Facebook: N.G. Kerk Kareedouw

Dit bring my by ons oordenking vir Sondag. Daar is sekere mense wat ‘n ding op so ongelooflike mooi en eerlike manier kan sê. Laurie Gaum is so ‘n persoon. Praat ons van Jesus se “lyf” of “liggaam”? Wat is die verskil? Kom lees hierdie boeiende stuk skryfwerk, en lewer gerus kommentaar by vuurkairos@live.com . Dankie ook aan WvZ wat vir ons die vertaling daarvan behartig het.

Lees Laurie se oordenking hier:

Afrikaans: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/21/n-kerk-om-in-te-glo-afrikaanse-weergawe/

Engels: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/21/a-church-to-believe-in-english-translation/

VERSPREI ASSEBLIEF VUURKAIROS ONDER JOU VRIENDE! Stuur vir ons jou e-pos adres by vuurkairos@live.com as jy by ons versendingslys gevoeg wil word.

Groete tot volgende keer, en soos gewoonlik sien ons uit na julle kommentaar en reaksie op die plasings.

JOHAN D. STRYDOM

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s