‘n VuurKairos-eksklusief

‘n VuurKairos-eksklusief

Oor gay wees” is in 1999 gepubliseer deur Tafelberg-Uitgewers Beperk, en hierdie boek het op vele vlakke begrip geskep en geïnspireer en grense laat verskuif vir “raver-jonk en stoepsitter-oud”.

Dr. Jean du Plessis, skrywer van hierdie boek, het geen bekendstelling nodig nie. ’n Profiel oor hom en sy lewensmaat, Danie, kan hier gelees word. Jean is in 1945 op Uitenhage gebore, gaan skool op Despatch en studeer op Stellenbosch. In die jare sestig beywer hy hom agter die skerms om die lot van gays te verbeter. Hy raak later betrokke by verskeie welsynsorganisasies, professionele verenigings en studiegroepe, en publiseer heelwat in plaaslike en oorsese vaktydskrifte. ’n Gelukkige en stabiele gay verhouding vorm die verwysingsraamwerk van “Oor gay wees”.

Jean voel dat inligting nodig is om die LGBTI- sowel as die heteroseksuele-gemeenskap te bemagtig (is dit nog nodig om van groeperings te praat?), en het aangebied dat ons hierdie boek van hom aanlyn mag plaas, dat dit vrylik versprei mag word aan ons lesers. BAIE DANKIE JEAN!

Van die sake wat betrek word, is:

1. Hoe word die gay oriëntasie gevorm? Biologies, geneties? Maatskaplik? Het ouers “skuld” daaraan?

2. Hoe algemeen kom homoseksualiteit voor?

3. Wat is homofobie?

4. Hoe hanteer ’n gay isolasie, diskriminasie, blatante en subtiele stigmatisering?

5. Hoe kom ’n gay “uit die kas”?

6. Is gay mans pedofiele?

7. Kan ’n gay heteroseksueel word?

8. Watter rolmodelle is daar in die geskiedenis te vind?

9. Is gay wees sonde? Wat leer die verskillende godsdienste? Wat sê die wet?

10. Watter regte het gays in die samelewing? Byvoorbeeld ten opsigte van hospitalisering; aanneming en kindersorg; besit- en erfreg?

11. Hoe groot is die politieke en ekonomiese invloed van gays?

12. Watter boeke behoort ’n mens te lees; watter ondersteunings- en diensgroepe bestaan daar?

Hierdie boek was tydens publikasie ’n kleinood in Suid Afrika betreffende boeke wat met die onderwerp omgegaan het, en vandag is die inligting daarin nog meer relevant as te vore. Heelwat ouers het byvoorbeeld aan my genoem dat dié boek een van die eerstes was wat hulle gelees het as ’n kind hulle vertel het dat hy/sy gay is. Die lees daarvan is ’n absolute verrykende ervaring.  Ons hoop ook dat die aanlyn publikasie van die boek ook hier ‘n gesprek sal ontlok oor julle ervarings van die genoemde onderwerpe.

Ons het egter nie ’n elektroniese kopie van die boek beskikbaar nie, en sal met verloop van tyd die boek oortik, en die hoofstukke op VuurKairos plaas, en julle daarvan in kennis stel sodra daar ’n hoofstuk verskyn. Indien daar iemand is wat dalk ’n tydjie vry het om te help met die tikwerk, sal ons dit waardeer as julle ons kan kontak by vuurkairos@live.com .

Baie dankie Jean vir hierdie kosbare toegewing. Ons waardeer dit opreg, en hoop dat die lees daarvan in nog meer mense se lewens ’n verskil kan maak.

Groete,

Johan Strydom

13

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s