‘n Narratief: Liggaam en Siel

‘n Narratief: Liggaan en Siel

Sondag, 16 Augustus 2009

Barnard Steyn

“It is not an abstraction called Humanity that is to be saved. It is you, … your soul, in some sense yet to be understood, even your body, that was made for the high and holy place. All that you are … every fold and crease of your individuality was devised from all eternity to fit God as a glove fits a hand. All that intimate particularly which you can hardly grasp yourself, much less communicate to your fellow creatures, is no mystery to Him. He made those ins and outs that He might fill them. Then He gave your soul so curious a life because it is the key designed to unlock that door, of all the myriad doors in Him.”

– CS Lewis

Skriflesing

Lees die vier hoofstukke van die boek Rut rustig deur.

Oordenking

Die Rut-verhaal is ‘n klein juweeltjie. Tog kan jy met ‘n vinnige, oppervlakkige lees wonder of dit ‘n opregte Bybelboek is. Die hoofkarakters (Naomi, Rut en Boas) is nie VIP’s of groot geloofshelde nie. Dwarsdeur wemel dit van interessante menslike planne en intrige. Die Here se Naam word in ‘n seëngroet of twee gebruik en net in Rut 4 vers 13 is God die direkte Gewer as daar staan: “Die Here het haar swanger laat word, en Rut het ‘n seuntjie in die wêreld gebring.”

In Rut is die lyf/liggaam van groot belang. Daar heers hongersnood in die Broodhuis, Betlehem, en daarom moet die gesin wegtrek. In Moab trou die twee seuns. Terug in Moab tel Rut are op om die maag se honger te stil. Die ook lyflike aantrekking tussen twee verliefdes word sonder om daarvoor terug te deins, vertel as Rut op die dorsvloer by Boas se voete inkruip en hy haar toelaat.

Vreemd genoeg is dit die geslagsregister wat Rut uitlig vanuit die gewoon aardse en op ‘n hemelse troon plaas. Teen die heel einde lees ons dat hierdie nageslag uitloop op Isai en die grote Dawid. Met man en seuns oorlede en geen kleinseun om die familienaam voort te dra nie, verval Naomi in hooploosheid en uitgesproke bitterheid. Terugskouend weet ons dat hierdie nageslag al die tyd veilig in die troue God se hande was. Dawid is tog die voorvader van sy eie Seun, Jesus Christus, self.

Rut getuig op ‘n narratiewe wyse dat liggaam en siel aan mekaar raak; dat menslike inisiatief en die groot Goddelike raadsplan ontmoet; dat God die beelddraende mens die voorreg gun om Goddelike deure hier op aarde te ontsluit soos wat CS Lewis dit verwoord het.

Gebed

Waai deur my, o Heilige Gees, sodat my gedagtes heilig mag wees.

Handel in my, o Heilige Gees, sodat my werk ook heilig mag wees.

Trek my hart na aan U, o Heilige Gees, sodat ek sal liefhê wat heilig is.

Gee my krag, o Heilige Gees, sodat ek sal beskerm wat heilig is.

Bewaar my, o Heilige Gees, sodat ek altyd heilig mag wees.

Amen.

Augustinus

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s