SOLIDARITEIT?

Solidariteit?

Die Kaap se strate was toe ons s’n Vrydagoggend. Ek het stadigaan Afrika se ritme deur my lyf voel tintel soos ons vir Zoliswa Nkonyana ge-“march”het. Dit was lekker om ‘n mens se hele lyf in die ding te sit en ek dink dat ek in die vervolg meer gereëld gaan toyi-toyi om van my frustrasies ontslae te raak! J

Ons het ‘n versoekskrif by die Kaapse Hooggeregshof afgelaai, plakkate geswaai en toe by St George’s-katedraal bymekaar gekom. Daar was ‘n groep van sover as St Helenabaai wat al die pad gekom het om saam te “march”. Op 13 September vanjaar word daar egter ‘n ander “march” in Kaapstad herdenk – dié een 20 jaar gelede wat in ‘n sin die begin van die nuwe Suid-Afrika aangekondig het. Dit was net na die sogenaamde “Purple march” toe waterkanonne met pers kleursel die stad en die mense pers gekleur het en die slagspreuk “The people shall govern” oornag laat verander het in “The PURPLE shall govern”.

Die “march” net na die “Purple march”, is onverwags deur Aartsbiskop Desmond Tutu van St George’s aangekondig. Gordon Oliver, wat toe pas klaargemaak het as burgemeester van Kaapstad, het ook deelgeneem. Die mense het hulle stad teruggevat. Die “march” het die veelrassigheid van die Suid-Afrikaanse samelewing weerspieël.

Nou was ons Vrydag weer hier in die “mense se Katedraal”, St George’s. En ons was ‘n mooi gemengde crowd. Deken Rowan Smith het almal verwelkom. Een na die ander het die hoëprofiel sprekers hulle stemme by die saak van die oomblik gesit: Die vorige adjunk-speaker van die parlement, Nozizwe Madlala-Routledge, die vorige premier van die Weskaap, Lynn Brown, die grondwetlike reg-kenner van die Universiteit van Kaapstad, Prof Pierre de Vos, Emily Craven van die 07-07-07 Veldtog, Marlow Valentine van die Triangle-projek en die Weskaapse End-haat Alliansie, en – soos in 1989 – Dr Allan Boesak.

Onbeskaamd en onomwonde het hulle dit weer en weer onderstreep dat die regstelsel nie goed genoeg doen om iemand soos Zoliswa se nagedagtenis te eer nie. Weer en weer is gesê dat mense meer werd is as om vir hulle andersheid onveilig te moet voel omdat hulle lewens en liggaamlike integriteit bedreig word.

Intussen wys die swart vrou wat langs my sit trots haar dogter uit wat aan die skets voor in die kerk deelneem. Ons is verenig in ons saamstaan teen die onreg van die ontkenning van mense se menswaardigheid. Ek en die vrou langs my en Allan Boesak en Emily Craven en Nozizwe Mdlala-Routledge en Marlow Valentine en Pierre de Vos en Lynn Brown en Rowan Smith. Is ons in staat om ‘n breë solidariteit oor grense heen binne ons geledere te bou?

Die 07-07-07 Veldtog en die Weskaapse End-haat Alliansie het dit die afgelope jare reggekry om heelwat energie rondom haatmisdaad spesifiek teen swart lesbiese vroue, los te kry. Binne LGBTI-geledere het ons dan ook gemeenskaplike ervarings oor bv. uitkom, wat ons almal deel. Maar daar is ook heelwat verskille onder ons – klas-, ras- en geslagsverskille, om maar ‘n paar te noem. Verskille byvoorbeeld oor die hoek van waaruit jy na die geskiedenis en na ons apartheidsverlede kyk. Dit sou dwaas wees om hierdie verskeidenheid te ontken en te ignoreer, maar ons kan ook nie die belang van alliansie-vorming vir ons as ‘n minderheidsgroep vergeet nie. Ons sal verder solidariteit moet bewys met diegene wat HIV-positief is. So ook met vroue-regte organisasies waaraan ons in hierdie maand herinner word.

Dis nie aanvaarbaar dat ek as wit, middelklas, gay man dus sê dat ek niks met ‘n swart, lesbiese vrou in ‘n township in gemeen het nie en in die proses dieselfde homofobie teenoor haar pleeg wat ek teenoor myself onaanvaarbaar vind. Ons is immers aan die bou aan ‘n nuwe samelewing en is mede-bepalend vir hoe daardie samelewing uiteindelik daar gaan uitsien. Ek sou graag wou hoor hoe julle wil hê daardie samelewing moet lyk?

img10b

One response to “SOLIDARITEIT?

  1. Rowan Q. Smith

    Jammer dat my Afrikaans nie so vlot is nie maar ek stem wel saam met u kommentaar oor verlede Vrydag veral dat ons as gay mans meer hand moet by sit in gevalle wat Lesbiese vroue betref. Ons kerke is nog steeds deel van die oppressie wat daar tot lei dat `n Swart Lesbiese vrou drie jaar later geregtigheid verwag.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s