NUWE LEESSTOF

Naandsê lesers,

Dit is asof ek hier by die kus al die Lente in die lug kan ruik! Hoe ongelooflik dat mens in sulke tye weer opnuut krag kry om projekte aan te pak en dinge te doen terwyl jy stadig maar seker wakker word vanuit ‘n winterslaap?

Van projekte gepraat: die gemeente waar ek tans orrelis is, bied op 23 Augustus ‘n “Songs of Praise”-geleentheid aan met die titel “Lofsing die Here – loof Hom met ‘n duisend stemme”. As jy in die omtrek is, word jy hartlik uitgenooi om hierdie geleentheid te kom bywoon. Meer inligting hier: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/07/lofsing-die-here-loof-hom-met-n-duisend-stemme/

Ek steek ook vanaand ‘n devosiekers aan vir ‘n spesiale vrou in my lewe wat ‘n besonderse pad saam met haar kind gestap het. Lees dit hier: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/08/n-devosiekers-vir-tannie/

Ons kry daagliks met soveel ideologieë te doen – kapitalisme, seksisme, sosialisme om maar net ‘n paar te noem. Gaan lees gerus my oordenking, “’n Gesondmaak-ideologie in ‘n stukkende tyd” aan die hand van Matteus 14 hier: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/08/n-gesondmaak-ideologie-in-n-stukkende-tyd/

Julle terugvoer, soos gewoonlik, word waardeer. Skryf vir ons by vuurkairos@live.com

Groete!

Johan Strydom

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s