‘n GESONDMAAK-IDEOLOGIE IN ‘n STUKKENDE TYD

’n Gesondmaak-ideologie in ’n stukkende tyd

Johan Strydom

 Sondag, 8 Augustus 2009

Matteus 14 vertel die gebeurtenisse rondom Herodes wat tydens die verjaarsdagviering van sy dogter, Herodias, ’n eed afgelê het dat hy die kop van Johannes die Doper sou laat afkap, en in ’n skottel na sy gaste laat bring het. Toe Jesus hiervan hoor, het Hy met ’n skuit daarvandaan weggevaar om alleen te wees. Die mense het daarvan gehoor, en Hom van die dorpe af te voet gevolg. Jesus het hierdie mense innig jammer gekry, en het die siekes gesond gemaak. Die hoofstuk gaan verder deur ons te vertel van die vermeerdering van die brode en die vissies, en hoe Jesus op die see geloop het na die skuit waarop sy dissipels was.

Ons kry daagliks met soveel ideologieë te make: rassisme, nasionalisme, kommunisme, kapitalisme, sosialisme, sekularisasie, seksisme, chauvinisme, religieuse meerwaardigheid/eksklusiwiteit. Hoe gerusstellend om in hierdie geroesemoes te weet dat Jesus steeds in beheer van alles is, al voel dit vir ons soms asof hy ver verwyderd is van dit wat ons beleef en sien. Ek kan in sulke tye nie anders as om te dink aan daardie sonnige dag by die see van Galilea met ’n skare van meer as 5000 mense wat rondom Jesus se voete vergader het nie.

Wat beteken dit vandag vir ons as ons weer lees hoe Jesus uit ’n paar brode en vissies hierdie hele skare gevoed het, en dat daar nog kos oor was in die mandjies? Vir my lê daar so ongelooflik baie in hierdie handeling opgesluit om onvoorwaardelik die hongerpyne van die skare te stil: versoening, nie wraak nie; gesondmaak, nie misbruik nie; bevryding, nie onderdrukking nie; rentmeesterskap, nie uitbuiting nie, feesviering, nie vrees nie. En dit alles na die aaklige gebeure rondom Herodes wat Johannes die Doper laat onthoof het; op hierdie dag vul Jesus die skare se harte met vrede, hoop en wedersydse diens.

Martin Luther King (Jnr.) het geskryf: Deur geweld kan jy ’n moordenaar doodmaak, maar jy kan nie moord doodmaak nie. Deur geweld kan jy ’n leuenaar doodmaak, maar jy kan nie die waarheid vasstel nie. Deur geweld kan jy die persoon wat haat doodmaak, maar jy kan nie haat doodmaak nie. Duisternis kan nie duisternis doodmaak nie; slegs die lig kan dit doen. Hoe moeilik en pynvol hierdie proses soms is, moet ons vooruitstap met geloof in die toekoms. Laat ons onthou dat daar ’n Kreatiewe Skepper is in hierdie wêreld, en dat Hy ons hande vat om die seer weg te neem.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s