‘n DEVOSIEKERS VIR TANNIE

Tannie,

Sewe jaar terug op hierdie dag was jou hart miskien stukkend; het jy meer vrae as antwoorde gehad. Jy het my vertel dat jy die hele aand gehuil het, en die volgende dag nie deur jou skrefie-oë kon sien nie.

Jou hart was in stukke oor jou kind se andersheid.

Maar ek het gesien hoe jy hom vasdruk teen jou bors, en hoe jy vir hom sê dat jy vir hom lief is; hoe hy jou opgewonde maak. Ek het gehoor van die pad wat jy saam met hom geloop het: hand-aan-hand.

Al sit jy nou met ‘n verlang-hart omdat hy tydelik weg is, weet ek hy is nou nader aan jou as ooit te vore.

Ek sal vandag vir hom ‘n kers brand by die foto wat ek van hom het, en vir hom bid. En ek weet jy sal ook.

9 Augustus 2002 – 9 Augustus 2009

devosiekerse

One response to “‘n DEVOSIEKERS VIR TANNIE

  1. Nanette Esterhuizen

    Ek is ook die ma van 2 ‘anderse’ kinders, maar glo my, ek wil nie een van hulle verander nie! Dit is juis hul ‘andersheid’ wat hulle uniek maak. Ek is baie-baie trots op al 3 my kinders, maar die 2 ‘anderse’ kinders van my het ook al ‘n pad gestap in die proses van self-aanvaarding en om deur ‘normale’ mense aanvaar te word. Daarom staan ek op my agterpote wanneer gays te na gekom word! O ja, net ‘n laaste woord. Ek is ook ‘anders’, want ek is liggaamlik gestrem. Dalk daarom dat ek verstaan wat dit is om as ‘anders’ beskou te word……..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s