LOFSING DIE HERE – Loof Hom met ‘n duisend stemme

Die N.G. Gemeente Kareedouw bied op Sondag, 23 Augustus 2009 om 16:00, ‘n “Songs of Praise”-geleentheid aan onder die titel “Lofsing die Here – Loof Hom met ’n duisend stemme”.

Hierdie geleentheid maak deel uit van ons gemeente se 100-jarige bestaansjaar, en lofliedere vanuit die Liedboek van die Kerk sal gesing word. As instrumentaliste sal Johan Strydom (orrel) en Anneliese Crouwkamp (klarinet) optree saam met die gemeente se kerkkoor.

U word hartlik uitgenooi om saam met ons in hierdie koinonia-gebeurtenis te deel en hartlik saam met ons lofliedere te sing. Toegang is gratis, maar ’n kollekte sal by die deure opgeneem word ten bate van die gemeente se Musiefonds.

Die geleentheid sal ongeveer ’n uur duur, en daar sal genoeg tyd wees vir besoekers om na hulle betrokke gemeentes terug te keer vir aanddienste. Daar is ook reëlings getref met ’n plaaslike restaurant, The Sweaty Dutchman, wat vanaf 14:00 sal oop wees vir besoekers wat voor die geleentheid ’n koppie koffie wil drink en deur ons pragtige dorpie wil stap.

Ons hoop om u by hierdie geleentheid te sien, en sien daarna uit om saam met u die Lof van Jesus te besing – met ‘n duisend stemme!

Navrae kan gerig word aan:

vuurkairos@live.com

072 724 9600

072 288 0351 – Kerkkantoor (Maandae tot Vrydae 09:00 – 12:00)

page 01

One response to “LOFSING DIE HERE – Loof Hom met ‘n duisend stemme

  1. As kind het ons in die Baptistekerk AL die versies van elke liewe lied wat opgegee was, gesing. Een waaroor ek nooit omgegee het nie, was “Oh, for a thousand tongues to sing…” want die mans het daardie onderste stem so mooi gedoen – amper so mooi soos die Walliese mannekoor!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s