Hope leesstof

Liewe leser,

Gegroet met hope leesstof vir ‘n lui Sondagmiddag!

Voor die kennisgewing oor opdaterings die afgelope week, eers iets oor Sondag se oordenking.

Wim Vermeulen is ‘n bevestigde predikant van die Anglikaanse Kerk, en woon tans op Cradock. In sy oordenking, A letter to Louise, brei hy in 10 punte uit oor die growwe veralgemenings wat oor gay gelowige mense gemaak word. Neem jou tyd om Wim se oordenking te lees – dit kan moontlik help as jy in die toekoms vrae gevra word oor seksualiteit. Die oordenking kan hier gelees word: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/01/a-letter-to-louise/

‘n Week met soet en suur wat nuusgebeure aan betref! Zoliswa Nkonyana is op die 4de Februarie 2006 in Khayelitsha vermoor omdat sy gay was. Nege mans staan tereg op haar moord en poging tot moord op staatsgetuies. Die hofsaak het aanvang geneem in Desember 2006, en daar was alreeds 21 hofverskynings, waarvan daar slegs tydens een van hierdie hofsittings getuienis gelewer is – twee jaar nadat die saak begin het! Die 07-07-07 Campaign en The Western Cape End Hate Alliance reël ‘n optog vir ‘n regverdige verhoor in die saak van Zoliswa. Lees meer hieroor: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/07/28/justice-for-zoliswa/ & https://vuurkairos.wordpress.com/2009/07/28/act-to-end-hate-zoliswa/ . ‘n Insiggewende artikel oor Zoliswa, geskryf deur Willemien Brümmer, het vandag in Die Burger se bylaag, By, verskyn, getiteld “‘n Litanie van Haat”. Lees ook meer in die artikel oor IAM se betrokkenheid om hierdie haatmisdade te bekamp. https://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/01/by-n-litanie-van-haat/

Goeie nuus:

Australia recognises gay unions – https://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/01/australia-recognises-gay-unions/

Quakers approve gay weddings – https://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/01/quakers-approve-gay-weddings/

Laurie het verlede week ‘n vriend begrawe saam met wie hy bly kon wees om getuie te wees hoedat die verdieping wat hy die afgelope paar jaar in sy geloof belewe het, hom ook op ‘n nuwe manier na homself laat kyk en versoen het met sy eie menswees en liggaamlikheid. Laurie steek ‘n devosiekersie vir hierdie vriend aan. Gaan lees dit hier: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/07/28/laurie-se-devosiekers-vir-n-vriend/

Schalk Naude wat voorheen vir ons ‘n meditasie geskryf het, benodig ons hulp. Meer daaroor kan hier gelees word: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/01/schalk-soek-hulp/

Van hulp gepraat! VuurKairos wil weet wat jy op die hart het. Meer daaroor hier: https://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/01/het-jy-iets-op-die-hart/

Dankie aan almal wat gereageer het op ons versoek om van ons inskrywings te vertaal. Ons tree binnekort met julle in verbinding, en ons is dankbaar dat ons in die proses ook ons Engelse lesers kan akkomodeer!

Groete vir eers,

Johan Strydom

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s