HET JY IETS OP DIE HART?

VuurKairos nooi jou as leser uit om aktief deel te neem aan ons blog. Tot op datum het ons hoofsaaklik van kennisse met teologiese agtergrond gebruik gemaak om ons oordenkings/meditasies te skryf. Ons gevoel is egter dat daar ook boodskappe in die harte en koppe van ons lesers leef, en nooi julle daarom uit om dit vir ons aan te stuur vir moontlike publikasie op die blog. Om te sê dat jy nie kan skryf nie, is geen verskoning nie! Ons sal die taalversorging van jou bydrae hanteer, en lesers se bydraes sal dit waarskynlik ook vir ons moontlik maak om deur die loop van ‘n week, en nie slegs Saterdagaande soos dit tans die gewoonte is nie, oordenkings/meditasies te plaas.

Trek die pen en papier nader, of stof die tikmasjien af, en begin skryf! Ons hoor graag wat jy te sê het!

Bydraes kan gestuur word na vuurkairos@live.com, gefaks word na 086 591 3326, of gepos word na VuurKairos, Posbus 1299, JEFFREYSBAAI, 6330. Anonieme bydraes is ook welkom. Ons sien daarna uit om van jou te hoor.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s