LAURIE SE DEVOSIEKERS VIR ‘n VRIEND

"Ek het verlede week ‘n vriend begrawe saam met wie ek bly was om getuie te kon wees hoedat die verdieping wat hy die afgelope paar jaar in sy geloof belewe het, hom ook op ‘n nuwe manier na homself laat kyk en versoen met sy eie menswees en liggaamlikheid laat raak het. Ek steek vir hom ‘n kers aan in die woorde van ‘n gebed wat oor ‘n ander vriend se dood gaan:

God

ons vriend is dood

stamel ons tussen sinne

nie naby sin

worstel ons met eg(g)o’s

ons vriend is dood

is nie meer

om om bottels

sin te soek

strooi te praat

troos te vind

vriend is dood

kerk te droom

reg te spreek

is dood

ons vriend

God"

devosiekerse

One response to “LAURIE SE DEVOSIEKERS VIR ‘n VRIEND

  1. Wat is die mens dan tog ten einde laaste, broer Laurie?
    Dit is `n aangrypende flikkerode hierdie!
    Ons tyd op hierdie ondermaanse is nét te kort vir `n getob oor ons eie pyn. Ons MOET meer uitreik en `n hoopryke verskil in ander mense se lewens bring.
    Die lig van redding is één ding, maar terwyl ons nog hier vertoef, kan ons sekerlik vir mekaar in die lang winters van leuenlewens meer hitte en hoop bring.
    Seën vir jou, Laurie. Mag ek namens hóm ook dankie sê vir die onselfsugtige warmte wat jy in sy lewe gesaai het?
    Ons kan almal by jou leer!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s