VASHOU-WOORDE en MOEILIKE OPDRAGTE

VASHOU-WOORDE en MOEILIKE OPDRAGTE

Sondag, 26 Julie 2009

http://lettiekonfetti.wordpress.com/

Daar kom tye in ons geloofslewe wat dit ingewikkeld is om vas te hou aan geloofswoorde sodat dit dieselfde trefkrag en optrek-krag het. Vat nou maar myself as voorbeeld. Ek onthou ‘n tyd in my lewe waar die Bybel werklik vir my maklik was om te lees.

Dit was vir my maklik om bekende verse soos Joh. 3:16 te lees en te weet dat daar van my ook gepraat word en dat ook ek dit as belofte van God mag vat vir my eie lewe – dit het vashou-woorde in my geloof geword. Ek kon Gal. 4:7 lees en voel hoe my Skepper-Pa my nadertrek en my status as Sy kind bevestig. En ek onthou nog hoe ek my oë kon toemaak en die vrede waarvan Gal 5:1 praat kon beleef.

Daar het egter ‘n vreemde ding met my en die Bybel gebeur nadat ek my jarelange wroeginge deur is om te aanvaar dat ek ‘n lesbiër is (ek hou nie van hierdie woord nie en praat dus eerder van gay). As gay gelowige was my grootste struikelblok mede-gelowiges wat hierdie tekste vir hulself toe-geeïen het en ander tekste gebruik het om my te help verstaan dat hierdie vashou-woorde eintlik net bedoel is vir gelowiges “wat nie hul rug op God gedraai het nie”. Die resultaat van hierdie “oordeel”-woorde was dat my vashou-woorde stadig maar seker uit my vingers begin glip het…

Ek het so (oor)bewus geword daarvan dat sommige gelowiges die Bybel annekseer en beloftes vir hulself toe-eien – en dit opsigself is nie sleg nie. Wat sleg is is dat hulle in dieselfde asem dieselfde beloftes weghou van ander gelowiges (net omdat hulle anders is).

Ek onthou dat ek een dag weer Ef. 3:16-19 se gebed gelees het – ‘n gebed waarvan ek die woorde in die verlede uit my hart uit kon sê – en net eenvoudig geweier het om te aanvaar dat ek nie ingesluit is in hierdie rykdom van woorde nie… Ek het hierdie woorde vir myself GEVAT:

Ek bid dat Hy deur sy Gees

uit die rykdom van sy heerlikheid

aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word,

dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon

en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.

Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges

te begryp

hoe wyd

en ver

en hoog

en diep die liefde van Christus strek.

Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan,

en mag julle heeltemal vervul word

met die volheid van God.

Vandag is ek dankbaar vir woorde waaraan ek kan vashou, maar meer as dit is ek dankbaar vir God wat steeds aan my vashou. Ek moes op ‘n draaipunt kom waar ek nodig gehad het om te weet en te aanvaar en te leef in die waarheid dat elke belofte in die Woord OOK van MY praat – al is ek gay. Want God se liefde sluit niemand uit wat Hom soek en dien nie.

Net soos die beloftes my insluit, so sluit die opdragte ook vir my in…

Wanneer Mat 18:15-20 afgesluit word met die woorde: “As hy ook na die gemeente nie luister nie, moet jy hom as ‘n heiden en ‘n tollenaar behandel”. Ek het nogal op ‘n stadium op ‘n vreemde manier lekker gekry oor hierdie teks, want dit het gevoel of ek toestemming kry om gelowiges wat my veroordeel af te skryf.

Maar wat het Hy met heidene en tollenaars gedoen? Hy het saam met hulle geëet en ‘n verhouding gebou tot hulle Hom geken het…

Gebed:

Vader, ek hou vas aan elke belofte en opdrag in U woord. Hou my asseblief gemaklik om naby aan U te leef deur alles wat ek elke dag doen. Hou my asseblief gefokus op U liefde wat geen mens in ‘n boks kan sit nie. Maar Here, ek vra veral vandag genade om nie met mede-gelowiges ongeduldig te raak wat nie my en U verhouding kan aanvaar nie…

Lettikonfetti is die nom de plume van ’n blogger by WORDPRESS. Daar kan baie oor haar geskryf word, maar ek volstaan met twee inskrywings uit haar blog:

i am no different from you.

God is my creator – as He is yours
i need to eat, sleap and breathe – as you
i am a happier person when i have loved ones in my life – as you
i also need confirmation that who i am is worth living – as you
i also need compliments – as you
i also have the need to feel that i belong – as you
i also make mistakes and sin – as you

therefore i believe we all can live with each other with respect and understanding of our differences

verwerping… is wanneer mense jou soos ‘n houtlepel behandel en laat voel in plaas van die goue lepel wat jy is…

2 responses to “VASHOU-WOORDE en MOEILIKE OPDRAGTE

  1. stunning, dankie

  2. Dit wat lettikonfetti geskryf het is so waar.
    Daardie gebied is nou die aand in ons omgeegroepie voorgelees en ek besef net ons kan die weer en weer lees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s