TERUGVOER VAN DIE AFGELOPE WEEK

Baie dankie aan almal wat gereageer het op Renier Cloete se navraag. Dié inligting is aan hom deurgegee. Renier, ons hoop dit help!

Ons het ook die volgende e-pos van Jorika Cawood ontvang:

VuurKairos was vannaand vir my ‘n geestlike ervaring, sowel as ‘n openbaring. Dit is nie net gays wat stry met wie is ek en voel ek veilig, gelukkig en gemaklik in die vel waarin God my toegevou het nie, maar ons gewone sosiaal aanvaarbare mans en vrouens op straat sukkel ook met ons lywe en siele. Hoe ver het ons afgedwaal van dit wat God vir ons bestem het. Ons kyk na mense – sosiaal/kulturele waardes ipv God se Woord. Ek het besef gelowige gays stry die stryd nes ek, ons is dieselfde voor God. Dankie.

Dankie Jorika, jy verwoord in jou skrywe een van ons doelstellings – om inklusief te wees en hopelik waarde tot al ons lesers se lewens by te dra, ongeag seksuele oriëntasie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s