RENIER CLOETE VRA HULP

Die volgende berig is van Renier Cloete ontvang:

Ek is al lankal uit en het vrede gemaak met hoe God my geskape het. Ek weet Hy het my lief en daar is ook plek vir my in Sy koninkryk. Ek woon in `n noordelike voorstad in Kaapstad. Ek wil graag vasstel of iemand weet van Afrikaanse kerke in die noordelike voorstede van Kaapstad wat of `n gay lidmaatskap het of gay vriendelik is. Ek het vir lank na die Good Hope Community Church in Zonnebloem gegaan wat eksklusief Engels is. Ek het nie `n probleem daarmee nie, maar sal graag by `n soortgelyke kerk vir Afrikaans sprekende gay mense wil aansluit. Indien iemand van so kerk weet, laat weet my asseblief.

Red. – Renier se kontakbesonderhede word weens privaatheid weerhou. Indien iemand kan help, kan hulle VuurKairos kontak by vuurkairos@live.com, waarna ons die inligting aan Renier sal deurstuur.

4 responses to “RENIER CLOETE VRA HULP

  1. Hi Renier,
    daar is gemeentes wat nogal gay-vriendelik is alhoewel nie oorwegend gay. Die NGK Bloubergstrand is so een met ‘n groot openlike gay lidmaatskap, maar dis nou nie heeltemaal noordelike voorstede nie – moeite werd om te gaan inloer.
    Dis ‘n voortgaande vraag of ‘n mens ‘n eksklusiewe gay gemeenkskap moet skep en of jy net jou regmatige plek in jou kerk moet inneem. Maar ‘n mens het vanselfsprekend ook die ondersteuning van mense wat soos jy dink en is nodig – en beslis nie die veroordeling waaraan ‘n mens soms van die kansel af blootgestel word nie.
    Maar ek sal nog bietjie verder uitvind oor jou praktiese vraag!

  2. ek geniet renaisance in durbanville baie. daars geen judgement en baie ruimte.

  3. kontak ds Gert Jansen van Rensburg by 0741002454 of by gert@renaissancegem.co.za

  4. Dankie aan Arno Reuvers, Schalk Naude, Wim en Laurie vir julle reaksie. Ek gaan beslis kontak maak. Ek is baie opgewonde. Mens het God in jou lewe nodig, maak nie saak wie wat van jou se en dink nie. En as mens die geleentheid kry om jou verhouding met God te vernuwe is dit net wonderlik. Mens voel net meer vry as dit tussen mense is waar jy nie veroordeel word oor joe seksuele orientasie nie.

    Dankie nogmaals

    Renier

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s