VORIGE OPINIESTUKKE

ELECTIONS AND REFLECTIONS

Laurie Gaum

 

On the eve of the election we were walking the labyrinth at St George’s Cathedral in Cape Town. The labyrinth is an ancient spiritual tool through which you are actually “walking your prayer”. And this walk was particularly focused on the upcoming elections.

 

There’s obviously a great deal on people’s minds as we gather for the walk. There’s not as much confidence amongst the group as during the previous two elections. There’s uncertainty in the air, hesitance, even fear…

 

The dean’s voice however comforts. It reminds us that the rituals performed here come from a long time ago. They pre-date this election; they pre-date other elections; they speak of a different time, and remind us of a different rhythm.

 

We have the nation on our mind as we enter the labyrinth. I reflect on who and what I want to take with me on my walk:  A friend quoting Ben Okri: “The purpose of the labyrinth is to confront the trapped one with an inescapable truth”… Another friend who is about to leave for the Congo…  Our prayers during the Eucharist still resound in my ears.  Prayers for Zimbabwe, for the Democratic Republic of the Congo and Sudan; for Palestine and Israel, for Iran, Iraq and Afghanistan… for Pakistan, Tibet and Burma… for democracy.  We walk into the labyrinth embracing our continent; we hold a strife-torn world.

 

Heading into it and looking up, I am suddenly directly faced by the lights of Parliament starting to glimmer in the dusk.  When I turn and come around, I’m confronted with the towering building of the Provincial Parliament proudly proclaiming the province’s slogan: “This place we call home”.

 

And so we circle between the forces of power which govern our national and provincial lives. From midnight all elected members will have lost their seats and will be competing anew for positions. In the cathedral grounds it seems we are caught between these forces while busy with an age-old spiritual practice.  I think about the responsibility I bear when I call this place home… being rooted in the Africansoil.

 

I’m aware of workers at an advertising agency based in the cathedral grounds bustling about, carrying boxes to and fro. They sometimes stop to throw inquisitive stares at our patterned movement about the courtyard.

 

Having came to the centre of the labyrinth,  I pause for a moment in one of the central petals – this is the place of illumination. Then I start the journey back… home… the journey towards integration. Out of the labyrinth I walk, out of the cathedral courtyard… out into this beautiful city.

 

On the parking square I recognize familiar stickers on the vehicle parked outside – those of the ANC. Boxes full of pamphlets are being carried into it. “We have just prayed for you too”, I say to a man in passing, “We have prayed for everyone”.

 

 

OOR SEKS, STEREOTIPES EN STEMMERY

Laurie Gaum

 

Steek daar enige waarheid in die kritiek wat dikwels teen veral gay mans ingebring word dat hulle hulself beperk tot die gay ghetto, tot die duur karre waarin hulle ry, tot hul ontwerpersklere, tot ‘n fokus op voorkoms alleen… tot seks? Dis natuurlik ‘n veralgemenende aantyging en in daardie sin onwaar. Maar lê daar tog iets in waaroor ons openlik kan praat?

 

Hoekom laat ons in elk geval toe dat ons so ingeperk of verteken word deur ander? En hoe deurbreek ‘n mens hierdie beeld of die beperkte en beperkende lewensuitkyk waarvan dit praat? Laat ons dalk toe dat ons in ‘n hoek vasgeverf word waar ons redelik een-dimensioneel daarvan afkom? Of verf ons onsself daar vas?

 

‘n Vriend sê vir my in die verband dat ‘n mens tog net sóveel seks kan hê en dan tog iets anders moet doen! Anders kan jou lewe baie maklik leeg voel. Van buite af word gay mans inderdaad dikwels deur seks gedefinieer. Soms dink ek dis straight mense se behoefte om oor seks te praat wat hulle op gay mense projekteer en ons dan daarvoor laat ontgeld. Hoe dit ookal sy, ons laat dit ook toe en definieer onsself dikwels in terme van die seksuele. En ons het al vroeër daaroor geskryf dat daar iets in lê om dit so te claim – as die passie van waaruit ons lewe – daardie sensibility (dankie Francois!) wat ons passievol oor die lewe maak – maar wat ons ook met passie kan laat omgee en sorg vir die wêreld – vir ons omgewing – vir waar die behoefte is.

 

Dit was vir my ‘n belangrike ontdekking dat ek nie net slagoffer hoef te wees van dit wat ander aan my toedig of opdwing nie – ek hoef myself nie te laat inperk deur wat ander van my maak of dink nie. Ek is vry om self te kan kies wie ek is en wil wees – ek kan sekere goed agterlaat en in die proses ‘n verrykte identiteit vorm. ‘n Mens hoef dus nie gevange te bly in ou definisies nie, maar kan daarna deurbreek om vanuit jou passie passievol om te gee vir ander en by hulle nood betrokke te wees.

 

Hier word jou visie verbreed wanneer jy raaksien dat, as die swart lesbiër in die township onder geweld en haatmisdaad ly, dit aan my wit, gay, manlike lyf vat. Ek wil dan vir haar regte ook opstaan, want waar haar regte aangetas word, word my menswaardigheid ten diepste self aangetas. Dit motiveer my byvoorbeeld om te gaan kyk na die safe house wat Inclusive and Affirming Ministries (IAM) in Gugulethu gebou het om juis vir gay mense in die townships ‘n deurgangs-ruimte te bied terwyl hulle versoening met hulle families soek. Of dit laat iemand anders iewers by MIV/ Vigs betrokke wees – nie net omdat dit ‘n kwessie in die gay gemeenskap is nie, maar omdat dit die hele gemeenskap raak.

 

Dit laat my myself bemagtig deur die fliek “Milk” te gaan kyk en te dink wat dit vir my lewe sê. Dit laat my my apatie afskud, dit herinner my aan die politieke verantwoordelikheid wat ek Woensdag moet opneem – vanuit my verantwoordelikheid as gelowige en as landsburger. Dit laat my my dus vergewis van politieke partye se beleid sodat ek ‘n ingeligte stem kan uitbring. Dit laat my my demokratiese reg met trots vervul in die wete dat ek ook die nuutverkose leiers sal moet verantwoordbaar hou vir hul beloftes en vir hul dade.

 

Wat sê julle?

 

Kommentaar:

 

Daar steek beslis bepaalde waarhede in die stereotipes wat in die openingsparagraaf genoem word.  Deur die LGBTI-gemeenskap se optrede word daar soms (let wel:  soms!) ‘n marginalisering uit eie geledere geskep.  So ook word die stereotipes wat ons probeer afbreek, juis in die proses versterk.

 

Ek dink dat ‘n belangrike fokus moet wees dat daar ‘n normalisering van ons lewens moet intree betreffende monogame verhoudings, huwelike, die saamstel van gesinne en dies meer. 

 

Ons is in die bevoorregte posisie om binne ‘n progressiewe grondwet te leef (en te láát leef) waarin bogenoemde wel moontlik is (sien byvoorbeeld hier die inskrywings in skrille kontras hiermee oor die gay mans wat in Bagdad vermoor is, asook die Ugandese minister se aanname dat die VN die toename in homoseksualiteit aanhelp).  Sien ook my inskrywing onder “Vryheid is ‘n verantwoordelikheid” waar ek in die slotparagraaf skryf dat “Dit is waar ons vryheid as LGBTI-gemeenskap ‘n verantwoordelikheid raak:  om ons vryheid te kan normaliseer en daardeur ook ‘n geestelike pad te stap en ons unieke menswees met vryheid kan omarm”. 

 

Daarom is die verantwoordelikheid van kardinale belang om eienaarskap van ons regte op te neem en te sorg/verhoed dat dit nie uit ons hande glip nie.  En dit moet ons doen deur verantwoordelik te stem!  – Johan Strydom

 

 

Daar is absoluut niks met ghettoseringng verkeerd nie! Die Jode doen dit, die Grieke doen dit, die Engelse (kyk maar net hoeveel elitistiese klubs daar vir hulle in die land is) doen dit en so kan ons aangaan en aangaan.  Dit is weens die straights se verwerping en bespotting in veral die werkplek wat die ghettosering aangehelp het, want gays moet daarom harder werk en in die algemeen ‘n beter lewenstyl handhaaf, vandaar die goeie werksposisie wat tot die bekostigbaarheid van die luukse kar, klere en woonplek lei. As verdere sien van ghettosering is die ondersteuning wat die gays mekaar as ‘n “familie” bied.  Maar so what?  Doen die Jode en die Moslems dit nie ook nie?  Dit is veral in die besigheidswereld waar gays mekaar ondersteun en dit lei tot verdere meer luukse karre, klere, oorsese reise ens. om nie eers te praat hoe die kunste werelwyd deur gays geghettoseer word nie!  En die ghettosering van woongebiede is ‘n doodnormale groepsverskynsel.  Hoekom mag die Grieke daarvan hou om in Bedfordview te woon en die Afrikaners in Centurion (Verwoerdburg), maar as die gays in Seepunt saamdrom, is dit ‘n gay ghetto?.  Gay-seks het abolsuut niks met ghettosering te doen nie, dit is net so goed om te beweer dat straights ook gay-seks moet beoefen om hulle van ‘n straight ghettosering te vrywaar!  Die gay man met die Porsche en die Armani jean, gaan beslis nie net met ander mans met Porsches en Armani jeans seks he nie, inteendeel…  Die begrip gay ghettosering is deur straights geskep wat intens jaloers is op die sukses, duur karre, ontwerpersklere en uitsonderlike leefstyl van die gays, want wat het in hierdie bevryde eeu oorgebly om ons mee van te beskuldig?  Indien ons wel ghettoseer is, is dit mooitjies van die straights geleer!  –  Niel le Roux

 

 

Ek hou meestal nie daarvan om as gay getipeer te word nie. Dis te reduserend. Ek definieer my in die eerste instansie as skrywer en nie deur my seksuele voorkeur nie. Maar as ek nou byvoorbeeld trompop geloop word met veroordelings en homofobie, stel ek my juis dan graag as gay bekend.  –  Eben Venter

 

 

Beste Laurie en ander,

As reaksie op jou puik stukkie skryfwerk net die volgende, van my as heteroseksuele man, met my eie tekortkominge, vrae en vooroordele en swak begrip van die daaglikse konflik waarmee gay mense sekerlik moet worstel.

 

Gay mense word daagliks onderwerp aan stereotipering. Om te sê gay mans leef net vir seks en vir uiterlike voorkoms is presies dieselfde as die aannames dat alle Afrikaanse mans rugbymal is en van brandewyn en Coke hou,  dat alle Christene tweegesigte is,  dat alle Jode ryk is en dat alle polisielede korrup is.

 

My vraag is dit;  Is dit enigsins die energie, moeite en frustrasie werd om vooroordele te probeer verander by mense wat in elk geval nie sal verander nie?  Ek dink gay mense word dubbel gekruisig. Eerstens deur die sogenaamde “normale”  mense wat gay as een of ander vreeslike afwyking beskou en tweedens deur gay mense self wat moontlik heeltyd voel hulle moet hulle eie seksualiteit, hulle hele menswees, kwalifiseer.  Ons is nie besig met ‘n oudisie vir menswees nie, dus is dit heeltemal onnodig vir enige persoon om aan ander te bewys dat hy/sy ‘n mens is.  Ongelukkig dra die media en die vermaaklikheidswêreld baie by tot die probleem van hoe die hele gay gemeenskap deur oningeligtes en onbetrokkenes gesien word. Kyk maar net hoeveel gay stereotipes is op ons plaaslike televisie produksies.  As dit nie die een of ander nar is nie is dit ‘n arme onbeholpe skepsel wat op elke man verlief raak wat hy sien.

 

Ons is so oorweldig deur menseregte dat ons, in die proses om erkenning te gee aan elke faset van ons samelewing juis die teenoorgestelde bereik. In plaas daarvan dat gay mense erkenning gegee word deur “gay” rolle in produksies in te skryf  word die karakters dikwels komies uitgebeeld volgens die stereotipiese beeld wat mense (die sepiekykers) van hulle het en word hulle nog meer in boksies ingedruk en nog verder blootgestel aan vooroordele.

 

Ek sal bitter graag wil hè dat ons op ‘n stadium kan kom waar niemand meer verwys na “my gay haarkapper,  my gay vriend,  my gay buurman” en al die ander snert wat ons kwytraak nie.  Ons het lankal opgehou om na mense te verwys op grond van hulle taal, godsdiens en selfs kleur, waarom doen ons dit nog met mense op grond van hulle seksuele voorkeure?

 

Ek, persoonlik, glo dat die punt waar ‘n breë gemeenskap alle vorme van gay-wees heeltemal aanvaar (op alle vlakke) moontlik nooit bereik sal word nie. Vir my plaas dit dan ‘n ander perspektief op die manier waarop die gay gemeenskap hulle self moet laat geld.  Hulle uitdaging lê nie slegs daarin om ander te oortuig om hulle te aanvaar nie. Die fokus van die uitdaging moet verskuif na dit wat ek in Laurie se stuk lees, naamlik dat enige persoon, ongeag seksuele oriëntasie, op ‘n punt moet kom waar hy/sy ‘n lewe lei wat vir hom/haar vrede gee en sin maak sonder om verskoning hoef te vra of te kwalifiseer wie of wat die persoon is. 

 

Ek het al gesê, en ek sal dit seker nog dikwels sê: Dit is vir my hartseer dat mense, op grond van wie hulle is, moet kwalifiseer dat hulle mense is, met menslike behoeftes en menslike drange.  Dit is vir my ook hartseer dat mense toestemming moet vra om deel te neem aan aktiwiteite rondom die uitleef van hulle geloof bloot omdat hulle voorkeure ander ongemaklik laat voel.

 

Groete, Hannes Visser

 

 

POPE NEEDS TO WATCH HIS BACK

 

 

Koos Kombuis has recently been quite outspoken on what his impressions are of the pope especially in relation to his views on gays. Now Pope Benedictus XVI is on his first visit to Africa. He is commended for what he is doing to encourage reconciliation between Christians and Muslims in Cameroon. But the pope has once again struck a false note reiterating an outdated stance on condom use. This is simply irresponsible in our continent. Is he only giving away his unfamiliarity to this context? He is in the process aligning him however with dissident views when stating that condom use may aggravate the HIV/ AIDS pandemic.

 

The pope and the Roman-Catholic Church need to come clear on their continued promotion of a primitive view of human sexuality. This is embedded in age-old views of humanity and human sexuality which have been entrenched in ancient Roman and medieval times and finds expression amongst other in the compulsory celibacy of their (male) priests. But is it at all helpful for people – including priests! – trying to live a responsible Christian life today? The Roman-Catholic Church’s track record on sexual abuse scandals shows that there is an inability here to successfully integrate sexuality and spirituality. The recent film Doubt once more subtly shows something of the complexity of human sexuality and how it often functions or becomes dysfunctional in the vicinity of the church.

 

The question is whether we can afford to wait for centuries again for a church confession and retraction on the use of contraceptives and other issues of human sexuality, as was the case with Galileo Galilei. The African context offers us with models for bodily and spiritual integration which is much more holistic, integrated and therefore wholesome than what Western rationalistic dualism sometimes have come up with. It is to these roots that we should turn for inspiration as we desperately seek to address the challenges of our time and context. The pope should however be careful not to be accused of crimes against humanity in the process while expressing views which clearly speaks of ignorance.

 

 

MILK, OUR GENERAL ELECTIONS AND THE POWER OF COMING OUT

 

 

I’ve just seen the movie MILK for which Sean Penn won the Oscar as best actor. This is about the life story of Harvey Milk who became the first openly gay person in the 70’s to be elected to public office in the United States. In the process he had to fight Proposition 6 which wanted to screen teachers on grounds of sexual orientation to not be accepted to the profession. The case for Proposition 6 was argued amongst other along Christian fundamentalistic lines. Harvey Milk had to pay with his life in the process dying in an assassination attempt.

 

The reality of the threat of the reversal of acclaimed rights has recently been re-emphasized with Proposition 8 for the reversal of gay marriage rights, which has been carried after a referendum in California. This brings us closer home with our general elections coming up in less than a month. Political parties have been conspicuously quiet on gay rights issues. And what is not being said perhaps gives a lot away of where parties actually stand on this issue, says Triangle Project director Vanessa Ludwig.  Only the New National Party (!) clearly showed it’s colours stating in its manifesto that it considers homosexuality as deviant and that it wants to convert homosexuals to heterosexuality (!!) Where do these people come from in this day and age and can they be allowed to say such nonsense in an election manifesto?

 

And why this overwhelming silence from other parties? Are they simply not interested in the gay vote? This of course reminds us that we do have some influence to wield when we go to the poles on 22 April. I wonder how we can bring political parties to account for their apparent silence so that they can speak their minds on gay issues? If the DA is so full of gays, why are they so quiet and closeted? If Cope has an established gay rights record through the personalities of some of its leaders, why are they not outspoken on these issues so far? And if Jacob Zuma from the ANC promises the Rhema church that churches can bring civil unions legislation again up for discussion, what is his and people like Julius Malema’s stance at the end of the day towards gay voters?

 

It seems we are not as near yet in South Africa to fully embrace outspokenly gay public officials. One of Harvey Milk’s strategies however was to encourage gays on every level of society to come out proudly – to their families, to their friends, in their workplaces, in their churches. It is this visibility he believed that would change people’s perceptions as they came to know gay people for whom they are. The courage that it takes to come out is an amazing strength which all of us can access. As we take responsibility to manage our coming out processes, let us not forget to muster this strength we possess through the courage and hope we live by, to also hold our political leaders accountable to the equality of all people.

 

(Political parties are welcome to send us their response to vuur@24.com)

 

 

NS: Sondagoggend het ek ‘n fantastiese kerkdiens belewe!  By die VGK-gemeente wat ek besoek het, het proponent Hennie Pienaar die diens begin deur te se hoe opgewonde hy was om te kon preek by ‘n gemeente waar hy weet hy as ‘n gay mens welkom is soos wat hy is – al weet die gemeente hy is nie selibaat nie.  Hennie het voortgegaan deur die mees bevrydende boodskap van selfaanvaarding aan die gemeente oor te dra wat die mense by tye lekker laat saam-gesels en -lag het. Dit het my aan die einde van die diens laat voel:  Wow, maar so kan kerk ook mos wees! En aan so ‘n kerk – bruin en wit saam, vrou en man, gay en straight – aan so ‘n kerk kan ‘n mens mos glo! – Laurie

 

 

REPORT ON HOMOSEXUALITY – URCSA

 

 

Excerpts from the report on homosexuality tabled at the General Synod of the Uniting Reformed Church in SA (URCSA), Hammanskraal 2008:

 

The embodiment of homosexual spiritualities

 

We, the church, invite our homosexual members to be co-authors of our theology. We ackhnowledge that, for this purpose, we have to reread the Bible on homosexuality and to rewrite our theology, especially to rename those who share our faith but not our sexual orientation. URCSA is proud of its history of providing the faith community with a theology that takes the context and experiences of believers seriously, and will do so with respect to its homosexual members also.

 

We as church should be explicitly inclusive of the experiences of our homosexual members in our preaching by, on the one hand, addressing possible stigmitisation of such members, and, on the other, acknowledge the contribution made by their spirituality to the body of Christ.

 

We as church reaffirm the faith community as a place of healing, where all our members are not only accepted but affirmed in accordance with thier sexual orientation. We as church respect the dignity of difference in sexual orientation amongst our members.

 

We as church therefore need to “restory” ourselves, and to invite our homosexual members to tell their stories in the faith community, in order to prepare all of us to confess the body of Christ.

 

Redefining all of us within God’s grace, the pastoral counselling and care of the church need to shift in focus. The church needs to deal in a pastoral and caring way with the experiences of its homosexual members, and refrain from trying to convert them from their “wrong ways”.

 

We as church are obligated to embody the spritituality of our homosexual members in our liturgies. This is expecially true with reference to liturgies for homosexual unions.

 

Marriage and ordination

 

In terms of our reading of the Bible and our understanding of bodiness, we are obliged to allow those ministers of the Gospel who feel free to do so, to marry homosexual people according to the Civil Union Act of 2006, and also to bless these unions in liturgies appropriate to the experiences and needs of the couple. The church does not expect its homosexual members to remain celibate, but to practice their sexuality in marriage within the Christian parameters of mutual faithfulness, love, responsibility and respect.

 

As confessing members of the church of Christ homosexual Christian shall, on the basis of their faith in Jesus Christ have access to all the offices of the church, and upon fulfillment of all the academic requirements for the ministry, to the office of minister of the Word. Nowhere in Scripture is celibacy required in order for a person’s calling to be recognized. The church should never fall in the trap of laying down double standards for those who enter the ministry, not just because it would be illegal, but because it would be unjust, and not the way of Christ.

 

 

VRYHEID IS ‘N VERANTWOORDELIKHEID

Johan D. Strydom

 

Tydens ‘n gesprek vandag met ‘n baie goeie vriend, laat hy blyk dat hy graag sal wil trou en kinders wil hê.  Hy noem toe verder dat dit vir hom baie moeilik is om ’n persoon te vind wat hierdie droom van hom ’n realiteit sal maak.  Dit het my skielik laat wonder oor in hoe ’n mate ons al daarin geslaag het om ons gay lewenswyse te normaliseer in terme van standvastige, liefdevolle en monogame verhoudings en/of verbintenisse, en hoe bevoorreg ons einlik is in ’n demokratiese bestel in Suid Afrika betreffende ons gevorderde grondwet wat ons toelaat om met persone van dieselfde geslag ’n verbintenis te kan aangaan.

 

In die Kaliforniese Hooggeregshof argumenteer Ken Starr vandag vir die moontlike afdwingbare egskeidingsbevele van 18 000 gay pare wat getroud is voordat die gewraakte Proposisie 8 aanvaar is.

 

Kenn Starr argumenteer voor die regsbank dat hierdie verbot op huwelikke tussen persone van dieselfde geslag deurgevoer behoort te word, aangesien die staat verantwoordelik is vir die rol om die welstand van kinders te beskerm.

 

Dit laat mens wonder hoe dié tipe huigelary om kinders te “beskerm” deur hulle ouers te dwing om te skei, enigsens sin maak.

 

Dit is waar ons vryheid as LGBTI-gemeenskap ’n verantwoordelikheid raak:  om ons vryheid te kan normaliseer en daardeur ook ’n geestelike pad te stap en ons unieke menswees met vryheid te kan omarm.  Wat in die VSA gebeur is jammer.  Daarenteen is ons bevoorreg.

 

 

THE APARTHEID OF LOVE

Opinion

By Denise L. Eger

 

The California Supreme Court will hear legal arguments on March 5 about Proposition 8, the constitutional amendment prohibiting same-sex marriage that was approved in November by 52% of the state’s voters. The point of law at issue is whether or not Proposition 8 constitutes a legal revision to the state constitution.

 

I am not a legal expert. But for me, and for the community I serve, this case is about much more than a legal abstraction.

 

On May 15 the California Supreme Court ruled that marriage was a fundamental right that must be extended to gay men and lesbians. In the months that followed, up until Election Day, some 18,000 gay couples married legally in the state of California.

 

As a rabbi, I officiated at more than 60 weddings for gay men and lesbians — including one of the first three such marriages performed in California following the court’s ruling. My wife and I — we were married with a ketubah and a chuppah more than 15 years ago — finally gained legal recognition for our relationship.

 

The couples at whose weddings I officiated tell me that there is a difference in the way their relationships are regarded by themselves and by others. Even if they had been a committed couple for many years, they woke up the day after their legal wedding and saw their rings and their paperwork. They finally felt that they were fully a family, fully next of kin. As Elliot, one of the grooms, said to me: “We have been in a committed relationship for nine years, but after my wedding day I knew and Peter knew we were joined together fully and completely and no one could separate us.”

 

I also see changes in my own life. Even though my wife and I have been together for almost two decades, people now treat us differently. They understand our relationship; they no longer ask if Karen is my business partner or my sister. Even strangers understand when I say, “This is my wife.” We now feel a sense of full equality with our neighbors.

 

Our 15-year-old son, who was the best man at our recent wedding, feels the bonds of his family in a different and deeper way. He is proud that his parents are legally married and feels that his family is more legitimate in his own eyes and in the eyes of his friends and schoolmates. “I am so happy that people finally see us as the same,” he said.

 

But with the passage of Proposition 8, the ability of gay men and lesbians to legally marry in California ceased. If Proposition 8 is upheld, gay and lesbian couples who have not yet married will not know the joy, dignity and protections that marriage can bring to them and their families. It is apartheid of love.

 

For those of us who married during the short window that opened last year, the legal status of our marriages now hangs in the balance. We wait anxiously for a ruling as to whether our marriages will be retroactively annulled. Our lives and our families are in the hands of the seven justices of the California Supreme Court.

 

One of the reasons we have courts is to protect members of minority groups from the tyranny of the majority. In California, a majority has taken away the civil rights of a minority. I pray that the justices will do what is just and protect our constitution by invalidating this vote that took away my rights and those of my congregants.

 

Rabbi Denise L. Eger is president of the Pacific Association of Reform Rabbis and founding rabbi of Congregation Kol Ami in West Hollywood, Calif. 

 

 

DIE VLUG VAN GODS VERBEELDING – OOR VRESE, VLUGTELINGE, KERKE EN VERBEELDING

Laurie Gaum

 

 

Aan die voorkant van die Rosebank-Metodistekerk in Kaapstad, is daar ‘n helderrooi banier aangebring. Die “x” van die woord “xenophobia”, in geel daarop geskryf, is deurkruis sodat daar net “no phobia” staan. En die gemeente het maar net die woord by die daad gevoeg: Hulle was een van die vele (hoofsaaklik Metodiste-) kerke landwyd wat vlugelinge na die xenofobiese aanvalle verlede jaar gehuisves het. In hulle geval was dit Zimbabwiërs wat vir  maande die kerksaal “huis” genoem het.

 

“Geen vrees nie” – is dit moontlik om jou ‘n samelewing sonder vrees te verbeel? In Zimbabwe lyk dit vir ‘n lang tyd nie so nie. Die vrees vir vreemdes en andersheid het sigself die afgelope paar jaar egter ook in ander vorme in die Suid-Afrikaanse samelewing gemanifesteer. Die lys van swart lesbiërs wat gewelddadig vermoor word, het verlede jaar verder aangegroei toe ‘n voormalige Banyana-Banyana-sokkerspeler in Atridgeville dood is. Sogenaamde “corrective rape” teenoor gay-georiënteerde mense, is ook ‘n algemene verskynsel in ons land. Dit is aan die een kant ‘n simptoom van die gewelddadige samelewing waarin ons lewe. ‘n Mens wonder aan die ander kant of die groter openheid wat gekom het sedert die wetgewing oor dieselfdegeslag burgerlike verbintenisse aanvaar is, nie  tradisioneel-konserwatiewe gemeenskappe met groter venyn laat reageer op wat hulle as die liberalisering van waardes beskou nie.  

 

Arm, swart lesbiërs bly egter van die mees weerlose mense in ‘n samelewing wat steeds grootliks patriargaal is. Hulle weerloosheid word vererger deur die soms onbesonne uitsprake en optrede van ‘n populistiese ANC-president, ander –leiers asook rubriekskrywers soos Jon Qwelande, rakende gendersake. Dit is daarom dat ‘n kritiese kyk nodig is na wat ook blykbaar onder Afrikaners en  Engelssprekendes aan die gang is rakende patriargie en bewegings wat dit voortsit (“Mighty Men” en sulke dinge). Hier is dit veral nodig om op te let na die sosiaal-politieke konteks waarbinne mense – in bogenoemde geval hoofsaaklik Afrikaner mans wie se tradisionele manlikheid in krisis is – hulle toevlug tot sodanige bewegings neem. Dit wat lesbiërs en gays byvoorbeeld na die tafel bring, is inderdaad ook om saam met die feminisme die gender-konstruksie van die samelewing uit te daag. En sover dit patriargale samelewings aangaan, sal dit nogal na ‘n “tone trap”-ervaring vir mans voel wanneer twee vroue sê dat hulle nie ‘n man as deel van die rekenkunde van hulle verhouding nodig het nie. In ‘n samelewing waar mans se tradisionele rolle toenemend bedreig is en word, is dit tragies-logies dat ‘n negatiewe reaksie hierop te wagte kan wees.

 

Hoe nou gemaak om ‘n samelewing verantwoordelik te begelei na meer verantwoordbare, menswaardige en gelyke rolle en konstruksies en nie bloot weer te verval in uitgediende, onvolhoubare antwoorde nie? Net soos kultuur ‘n belangrike rol speel in die vorming van samelewingskonstruksies, speel godsdiens en geloofsgemeenskappe ook ‘n deurslaggewende rol daarin. Laasgenoemde lewer tog ‘n sentrale bydrae tot die vorming van die karakter van mense en tot die vestiging van waardes. Ongelukkig is godsdienstige instellings heel dikwels net so vasgevang in die god van hulle kultuur as wat hulle kulturele eweknieë is. Hulle ontwikkel dikwels nie die kritiese afstand om te kan onthou dat hulle geloof – indien dit werklik so belangrik is – eintlik hulle ander identiteite behoort te ondervra en te relativeer nie.

 

Die wêreldwye Anglikaanse Gemeenskap het verlede jaar hulle tienjaarlikse Lambeth-konferensie in Engeland gehou. Aartsbiskop Thabo Makgoba, nuwe hoof van die Anglikaanse Kerk van Suidelike Afrika, het die eerste keer die konferensie as aartsbiskop van die Suider-Afrikaanse kerk bygewoon. Die afgelope jare het Lambeth egter sinoniem geraak met ‘n dreigende skeuring in die Anglikaanse Gemeenskap. Dit het in die aanloop tot Lambeth vanjaar tot gevolg gehad dat Rowan Williams, die aartsbiskop van Kantelberg en as sodanig leier van die wêreldwye Gemeenskap van ongeveer 65 miljoen Anglikane, nie vir die openlike gay biskop Gene Robinson van Nieu-Hampshire aan die een kant, en ook nie vir die konserwatiewe aartsbiskop Peter Akinola van Nigerië aan die ander kant, na Lambeth genooi het nie.

 

Aartsbiskop Akinola lei die teenstand wat veral vanuit Afrika teen die aanvaarding van gay priesters wat openlik in ‘n verhouding lewe as biskoppe, gebied en deur sommige konserwatiewe biskoppe van die VSA gesteun word. Biskop Katharine Jefferts Schori, eerste vroue-leier van die Anglikaanse kerk van die VSA, is weer uitgesproke pro-gay. Indien ‘n mens sake seker oorvereenvoudig, sou jy kon sê dat skeuring in die Anglikaanse Gemeenskap dreig rondom verskillende sienings van seksualiteit en gender. Dit is in elk geval interessant om op te let dat die verdelingslyn binne dié kerk lê in terme van progressiwiteit of konserwatiwiteit omtrent sake rakende gender waarby geslagsrolle maar ook seksuele oriëntasie ingesluit word. Ook in ander kerke, soos waarvan Johan Strydom se toetssaak teen die NG-gemeente Moreletapark verlede jaar ‘n voorbeeld was, is dit ongelooflik dat menslike seksualiteit deesdae dikwels die slagveld is waarop hierdie oorloë hulleself afspeel. Die dreiging van skeuring in die Anglikaanse Gemeenskap het die organiseerders van Lambeth verlede jaar laat besluit dat die biskoppe die eerste paar dae van hulle byeenkoms in ‘n stil retreat sou deurbing as voorbereiding vir die konferensie.

 

Die St George’s Katedraal in Kaapstad, setel van die Suider-Afrikaanse aartsbiskop, het op Pinksterdag verlede jaar, en seker in aanloop tot Lambeth, ‘n oproep uitgereik vir ‘n pastorale respons tot Christelike gay-verbintenisse van liefde en trou. Hierin sê hulle dat sommige in dié kerk “are now arguing that gays and lesbians should be affirmed in same-sex relationships that are faithful, monogamous and committed.” En verder: “The Church is being called to acknowledge the sin of rejection…” Hoewel hulle sê dat die kerk sigself behoort te verantwoord as gevolg van die staat se Burgerlike Verbintenisse-wetgewing, lê hulle daarop klem dat die uitdaging en geleentheid in hierdie geval vanuit die geledere van die kerk self kom – ten einde verbintenisse van liefde en trou te versterk. Ondertekenaars van die oproep sluit verskeie biskoppe en oud-biskoppe in, asook prof Njabulo Ndebele en dr Mamphela Ramphele. Hierdeur word die punt onderstreep dat daar nie so ‘n enkelvoudige stem uit Afrika – en uit die res van die suidelike halfrond waar die swaartepunt van die Christendom deesdae toenemend lê – gehoor word as wat aartsbiskop Akinola en ander soms wil voorgee nie.

 

“Geen vrees nie”: Is dit moontlik om ons ‘n vreeslose samelewing oor verskille heen te verbeel? In ‘n gewelddadige samelewing soos waarvan ons deel is? En is dit moontlik om so ‘n samelewing te help skep? Is dit moontlik om jou ‘n veilige ruimte te verbeel waarin ons as gelykes kan ontmoet; ons mekaar ooghoogte in die oë kan kyk; ek jou kan respekteer en jy my? Is dit moontlik dat ek en jy ‘n ruimte kan vind waar ons mekaar genoeg vertrou en veilig genoeg voel om ons verskillende stories met mekaar te deel – waar ek vandaan kom – en jy? Stories van ons herkoms uit Zimbabwe of Nigerië, vanaf die VSA, vanuit my armoede of jou lesbiese identiteit? ‘n Plek wat vrees-loos genoeg is om ‘n outentieke ontmoeting tussen ons moontlik te maak? ‘n Plek waar ons dit kan waag om alternatiewe vir tradisionele manlikheid te verken en te ontwerp? Geloof behoort ons mos met die verbeelding vir sulke kreatiewe herontwerpe vir hier en nou te kan help. Dalk kan ‘n mens ‘n gedagte leen by die Anglikaanse biskoppe van Lambeth  wat begin het deur te bid – maar dan nie ‘n gebed waarvoor geloofsspiere gespan moet word omdat die sukses daarvan aan die wonderwerke wat dit vermag – genesings van dinge wat dalk geen genesing nodig het nie – gemeet word nie: ‘n Gebed wat begin en eindig in ‘n stilte wat bereid is om te luister en te leer oor dit wat ons nie weet nie.

 

 

“PRIDE MET TROTS”

Laurie Gaum

 

 

VuurKairos se eie Johan Strydom het verlede jaar Kaapstad Pride se “Star Award” ontvang. Pride word jaarliks wêreldwyd met optogte gevier en herdenk die historiese geleentheid toe gay mense by die Stonewall-klub in Amerika hulle teen die polisie verset en gesê het: Genoeg is genoeg – tot hiertoe en nie verder vir onmenslike gedrag teenoor ons nie. Ons is wie ons is en ons sal nie toelaat dat ons menswaardigheid verder aangetas word nie.

 

In Suid-Afrika is die eerste Pride-optog eers in 1992 gehou. Die politieke klimaat van daardie tyd was natuurlik heelwat anders as wat dit tans in Suid-Afrika met sy progressiewe grondwet die geval is. Gedurende hierdie vroegste optogte was dit byvoorbeeld nie ongewoon nie dat mense met bedekte gesigte deelgeneem het ten einde hulle identiteit teen vergelding te beskerm.

 

Die idee agter Pride-optogte is dieselfde as wat, hoewel op ‘n ander vlak, agter byvoorbeeld die swart bewussynsbeweging sit: Dit is naamlik die idee dat mense hulleself moet bemagtig met selftrots en eiewaarde. Die helfte van die stryd is reeds gewonne wanneer mense in ‘n diskriminerende samelewing eenvoudig hulleself ag en hulle volwaardige plek inneem, word geredeneer.

 

Kaapstad Pride wat in hierdie dae weer gevier word en op 28 Februarie tot ‘n hoogtepunt kom met die jaarlikse optog deur die Kaap se strate, is vanjaar egter in omstredenheid gehul. Dit vanweë die keuse van ‘n subtema by die titel: “Pink Ubuntu”. “Jou ma se… Pride” was veronderstel om ‘n lokale Kaapse kleur aan die vieringe te verleen, maar het die argwaan van die georganiseerde LGBTI* NGO-sektor op die hals gehaal. En – sover dit VuurKairos aangaan – is dit ‘n geregverdigde argwaan.

 

Konsensus het die afgelope jare in bogenoemde sektor gegroei dat die gemeenskaplike agenda aanvaar moet word om haatmisdaad en – spraak wat veral teen swart lesbies gepleeg word, te beveg. Hierdie veldtog is onder die “End hate”-vaandel gevoer. Vanjaar se subtema van Kaapstad Pride is egter beide kultureel- as gender-onsensitief en het eerder verdere stigmatisering en ongelykhede tot gevolg, as wat dit dit aanspreek.

 

Die kommersialisering van Pride die afgelope jare het inderdaad ook probleme gebring en ons voel dat die balans tussen die politieke dimensie van Pride en die vierings-element wat natuurlik daarmee moet saamgaan, herstel moet word. Hiermee word nie ‘n partypolitieke agenda bedoel nie, maar vir ons wat albei diskriminasie aan ons eie lywe gevoel het – en in ‘n verkiesingsjaar soos hierdie – is dit belangrik om polities “wakker” te bly sodat die regte wat met die sweet, bloed en trane van baie in hierdie land bekom is, nie dalk oornag verlore gaan nie.

 

Hiervoor is dit nodig dat ons almal ons verantwoordelikheid besef en opneem om vir ons eie – en vir ander – se gelyke regte en menswaardigheid op te staan. Hierdie gelyke menswaardigheid is nie deur vanjaar se Kaapstad Pride-tema bevorder nie. Hiermee is groot verdeeldheid in die gay gemeenskap gebring. En dit is baie jammer.

 

(*  LGBTI verwys hier na die groepering van lesbies, gay, biseksueel, transgender en interseks.)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s