VORIGE OORDENKINGS & MEDITASIES

TEACHER IN THE ART OF GROANING

Sunday, 27 June 2009

Laurie Gaum

 

“Lord, I pray better to you by just breathing; pray better to you by walking than by talking” -Thomas Merton

 

With the season of winter arriving in our country, one is reminded that sometimes the season of winter also arrives in one’s life. Your words may dry up and your soul can be downcast within (Lamentations 3:20). Your prayers may feel dry; not much remains except for breathing; for perhaps putting one foot in front of the other and to walk rather than to speak. Prayer doesn’t even come up in one’s thoughts. You use your lips and mouth to breathe; they don’t get a grip around words. A groan escapes one’s lips. But it is no sigh of relief. It is rather a groan of despair.

 

In Rom 8:18-27 we also read about groaning – “the whole creation has been groaning in the pains of childbirth”. Interestingly it is compared to the groaning of childbirth. The mothers amongst us are quite familiar with the pains of childbirth.

 

The mothers amongst us will tell us that the groans of childbirth are not only groans of despair which cause you to lose hope. These are rather “in between” groans, however painful they may be; they are groans in expectation; groans with the promise of deliverance; groans in the hope of new life; a groan in between pain and birth; frustrating in a way, but still in expectation: the last convulsion before the coming of something new? The whole of creation indeed looks forward in expectation to something new; the creation and all of us who are part of it are frustrated in our expectation for the healing of things; for the end of pain and suffering and frustration.

 

In the time of Pentecost Romans 8 reminds us that we are not left alone in our groaning and in our frustration. We are not only painfully aware in this time of economic recession and climate change, that the whole of creation groans along in solidarity, but “the Spirit helps us in our weakness” (26).

 

The Spirit teaches us to groan.

The Spirit groans on our behalf with God.

The Spirit has God’s ear.

The Spirit groans in God’s ear and God hears.

The Spirit teaches us to groan.

The Spirit teaches us to pray.

Perhaps to groan is to pray.

If we therefore cannot pray but only try to breathe and groan;

If we rather walk than pray;

Then God opens up the next step, also when it’s dark; to make something good come from the unreality we are sometimes confronted with.

Then God is the feeling of the way of putting one foot before the other…

Inspired by Piet Naude

(You may want to take a walk)

GOD SE LIEFDESVERBOND SLUIT ONS ALMAL IN

Sondag 21 Junie 2009

Abe Pieterse

 

Ai ai ai …..Dit is die sug wat baie keer by mense gehoor word. Dinge is bitter onseker in die tyd waarin ons lewe. Maar dis niks nuut nie. Dit was in die Bybelse tyd ook so, toe die pelgrims jaarliks Jerusalem toe gegaan het om in die tempel te aanbid. Hulle moes daardie lang tog met dapper en stapper aanpak. Die laaste hoë berge met hulle nou klowe voor jy by die stad kom, was veral baie gevaarlik. As ons nou stilsit en bietjie dink laat dit ‘n mens volkome verstaan waarom hierdie pelgrim se hart vol vrae is terwyl hy so na die berge kyk (Psalm 121).

 

Ek slaan my oë op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom?… My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het….(Ps 121)

 

Gelukkig ken die pelgrim sy antwoord op sy vraag – “Waar sal sy hulp vandaan kom?” Ons reis vandag nie meer weke lank na die kerk nie, maar dit wil nie sê dat ons nie ons eie berge het nie. Party van die berge kan ‘n mens baie benoud maak. Dit is veral die onsekerheid van die lewe wat ‘n mens BAIE benoud maak, maar saam met dit is dit ook die verloop van die samelewing en die emosionele laste waarmee ek en u daagliks gekonfronteer word.

 

Ons land en veral ons kerke is vol van mense wat swaar dra aan emosionele laste, wat in hierdie geval ook van toepassing is op die lesbigay. Die pad van ‘n Christen is nie ‘n maklike pad nie, nog minder die van ‘n gay Christen, maar solank ‘n mens nog op die pad is om werklik jouself te ken en onbevrees en onbeskaamd jouself te word, om eerlik met jouself, jou medemens en met God te wees, is jy op ‘n veilige pad.

 

As jongmens ervaar ek die wonderlike gevoel van “êrens behoort”, omdat God almal ingesluit het binne Sy verbondsliefde deur Jesus Christus, maar in dieselfde asem ook die hartseer van ‘n “kantlyn-kind”. Ons land is vol van die “kantlyn kinders”. Iets wat onlangs baie sterk geskok het is die hantering van “Xenofobia” en hoe die mens heel apaties kan staan teenoor iemand wat maar slegs net ‘n “ander ras is”, gay-wees, die konflik oor kerk eenheid en vele ander. Die hartseer is dat as God dan ons almal deel gemaak het van Sy verbondsliefde, hoekom moet ons dan nog soos vreemdelinge optree en leef? Alhoewel ons verskillend is, agtergrond het en uit verskillende kontekste kom, moet ons die ander liefhê en aanvaar binne hierdie verbondsliefde van Jesus Christus.

 

Vir my is dit belangrik dat ons ruimte moet maak vir mekaar om ons Christen-wees uit te leef en veral oop te wees vir mekaar, mekaar te aanvaar soos Christus ons aanvaar het en liefgehad het. ‘n Ruimte waarin ons almal insluit binne die liefdesverbond met God, en die Wet van God wat ons vra om mekaar lief te hê, soos Christus ons liefhet. Hierdie liefde word gesien en geopenbaar in die kruisdood, waarin ons almal deel het, Jood of nie-Jood, slaaf of vryman, man of vrou, heteroseksuele of homoseksuele…

 

Gebed:

Here, Dankie dat U ons almal in U liefdesverbond ingesluit het. Help ons om in hierdie dag, as een groot Christen familie te leef, en om juis tot seën te wees vir diegene met wie ons in kontak kom. Dankie vir U groot Liefde en Genade, en asseblief Here, help ons om in hierdie dag die HOOP vir die hopeloses te wees.

 

REGSTELLENDE OF VERMETELDE AKSIE!

Sondag, 13 Junie 2009

Schalk Naude

 

Lees: Psalm 94

 

1.  Here, God wat onreg straf, U wat onreg straf, verskyn tog!

2.  Kom, Regter van die aarde, reken af met die mense wat hulle teen U verhef.

3.  Hoe lank, Here, hoe lank sal die goddeloses hulle nog verlustig in die nood van ander mense

6.  Hulle vermoor weduwees en vreemdelinge, hulle maak weeskinders dood.

8.  Gebruik tog julle verstand….

9.  Sou Hy wat vir ons ore gemaak het, self nie kan hoor nie?

Sou Hy wat vir ons oë gemaak het, self nie kan sien nie…..?

 

Regstellende aksie!  ‘n Woord wat in ons tyd gelaai is met baie emosie.  Dit is egter verassend genoeg, nie ‘n nuwe begrip nie.  Reeds in Psalm 94 sien en lees  ons dit.  Maar in Psalm 94 is dit nie ‘n politieke begrip soos in ons dag nie, maar ‘n versugting (‘n gebed) waarin verwag word dat God, die regter van die aarde, iets moet doen – die balans wat deur die onreg van die verlede in hierdie lewe versteur is, moet deur God herstel word.

 

Wat was die konteks-situasie van die tyd gewees?  Die gelowige gemeenskap het die hede as troebel beleef.  Die werklikheid van die dag en die feit dat God Here van die nasies is, was in sterk kontras. Die oormag van die kwaad wat beleef is, was strydig met die veronderstelde  regering en beheer van die Here. As die Here koning en regter is, kan die lewe nie so negatief daaruit sien nie.  Die vraag wat sekerlik gevra is, was:  “Waar is God ?”  Dit gebeur maklik dat as die pyn in jou hart weens die onreg van mense teenoor jou, baie groot is, dat jy saam met jou pyn vir God begin verkwalik of erger nog, vir God verwerp.  Gelukkig tree die digter hier anders op. Hy pleit biddend en  ernstig teen die sosiale orde by God, want God se mense kry swaar; veral die wat die kwesbaarste in die gemeenskap is.  Wat sake vergerger het, was dat juis die leiers en mense in gesagsposisies, wat na diesulkes moes omsien, hulle geminag en uitgebuit het.  Die implikasies is ontstellend!  Die arrogansie en hoogmoed van hierdie leierskapmense word weerspieël in hulle houding teenoor die Here.  Hulle dink in hulle hoogmoed dat die Here “onaktief” is en nie omgee wat in die daaglikse lewe op die markplein gebeur nie.  Daarom “sit” hulle doodtevrede op die troon van onreg en benadeel leedvermakerig die kwesbare mense van die samelewing.  Hulle wat gesagsposisies beklee het en veronderstel was om leiding op die markplein in die alledaagse lewe te neem, is eintlik die kanker binne die gemeenskap self.

James L Mays  skryf oor die optrede van hierdie mense soos volg:

 

“Free of any accountability to the Lord, they prey on the weak, the widow and stranger and orphan, the very people the Lords justice was concerned to protect.”

 

Inderdaad: hoe korrup die lewe geword het word veral duidelik wanneer die kwesbaarste mense daaronder lei. Ken ons as gay-gemeenskap dit nie!

Hoe hierdie leierskapskorps volgens Psalm 94 daar uitsien is skrikwekkend: Hulle word beskryf as  onverstandig (v 8); hooghartig (v 2); onsensitief (v 3); arrogant en vermetel (v 4); aanmatigend.  Hulle is vol eie waan (v 4); korrup, wetteloos; liefdeloos; hatvogtig.  Daar is bykans nie ‘n negatiewe byvoeglike naamwoord wat nie hier teenoor diesulkes gebruik word nie.

 

Die ergste nog wat kan gebeur is dat diegene wat so optree heel dikwels hullself dit nog aanmatig dat hulle in die “Naam van die Here” optree. Dat hulle regverdig optree.  Dat hulle in die belang van die saak van die Here optree. Heel dikwels hoor mens hierdie selfopgelegde uitsprake rondom veral eties sensitiewe sake.  “In die Naam van die Here” sê hulle. Verbeel jou.  Kyk jy egter goed na die binnekant van hulle harte, kom jy gou die teendeel agter.  In die woorde van Jesus sou ‘n mens ook wou uitroep: “Wat ‘n traagheid van gees en gebrek aan begrip.”

 

Hulle dink dat dit wat hulle “bedink” is maar reg dat hulle dit so bedink.  Volgens vers 4  is hulle egter dom, insigloos, “unteachable”.  Hulle dink nie met die hart nie.

 

Hulle dink ook dat dit wat hulle “hoor”, maar reg is dat hulle dit so hoor.  Volgens vers 9 kan ons aflei dat diesulkes egter toondoof is vir die jammerklagte van die enkeling en die pynlike sugte van die skepping (Rom 8).  Hulle hoor nie met die hart nie.

 

Hulle dink ook dat dit wat hulle “sien”, maar reg is dat hulle dit so sien.  Tog is hulle blind vir die onreg, hulle het tonnelvisie en weet nie dat hulle nie sien nie.  Hulle sien ook nie met die hart nie.

 

Maar: Die skrywer bly bid.  In biddende afhanklikheid bly hy bid teen hierdie onreg in. Hierdie gebed om “gewetenlose regstellende aksie” behoort die passie van elke gelowige te wees.  Jimmy Carter is op 20 Januarie 1977 as president van die VSA ingehuldig terwyl hy sy hand op ‘n oop Bybel gehou het.  Dit was oop by Miga 6 met die bekende vers 8. “Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.”

 

Carter se lewensdoel was ook juis om reg en geregtigheid te beoefen.  Maar voordat ‘n regeringsverandering in sy land  kon plaasvind moes daar eers ‘n “change of government” in sy eie hart plaasgevind het.  En daarom: omdat die kerk (ons) onder nuwe bestuur is, omdat daar “a change of government” in ons harte plaasgevind het, moet God se geregtigheid ons passie wees. 

 

Dirkie Smit skryf: 

 

“Christene bedink die hemel ten einde by die aarde uit te kom.  Christene moet ‘n draai in die hemel gaan maak ten einde by die aarde uit te  kom.”

 

Wie homself ‘n Christen noem, kan nooit gemaklik agteroor verlief neem met die onreg wat in die wêreld bestaan.  In ‘n  belydenis waaroor daar baie gepraat word en wat geskryf is deur mense wat iets van die swaar van onreg beleef het, word daar onder andere die volgende gesê:

 

“Ons glo dat God Homself geopenbaar het as die Een wat geregtigheid en ware vrede onder mense wil bring; dat Hy in ‘n wêreld vol onreg en vyandskap op ‘n besondere wyse die God van die noodlydendes, die armes en die verontregte is en dat Hy sy kerk roep om Hom hierin na te volg….dat die kerk daarom mense in enige vorm van lyding en nood moet bystaan, wat onder andere ook inhou dat die kerk sal getuig en sal stry teen enige vorm van ongeregtigheid sodat die reg aanrol soos watergolwe en geregtigheid soos ‘n standhoudende stroom; dat die kerk as eiendom van God moet staan waar Hy staan, naamlik teen die ongeregtigheid en by die verontregtes; dat die kerk as volgelinge van Christus moet getuig teenoor alle magtiges en bevoorregtes wat uit selfsug hulle eie belang soek en oor andere beskik en hulle benadeel.”

 

Reg en geregtigheid is nie een opsie uit baie waaroor jy maar kan besluit of jy daaroor ernstig voel of nie.  Die kerk (ons) is immers die produk van God se wet van reg en geregtigheid. 

 

Hoe lyk mense wat hulle met God se reg en geregtigheid vereenselwig en wat aan sy voete sit?

 

1.  Hulle tree by God in (hulle bid) dat die situasie van onreg sal verander.  Die sielkundige Rallo May het gesê: Die teenoorgestelde van liefde is nie haat nie.  Dit is apatie.  Die topunt van traak-my-nie-agtigheid is wanneer die kerk (ons) nie meer vir die nood van die wêreld intree by God nie. Die diepste vorm van haat is wanneer die nood van die wêreld ‘n mens nie meer raak nie. 

2.  Die kerk (ons) wat assosieer met God se reg en geregtigheid, moet ook die wortel van die kwaad aanspreek.  Het ons die moed om hulle wat God se eiendom behandel asof hulle alleenreg daaroor het, aan te spreek?  Wat help dit ons bid dat die Here die onreg waaronder die wêreld ly uit die weg ruim, maar ons roep hulle wat die onreg veroorsaak, nie tot ware insig nie? Dit verg manne moed. Het ons nog sulke mense?

3.  Soms gebeur dit dat dinge nie verander soos ons gehoop het nie. 

Soms help gebede blykbaar nie.  Soms reageer mense nie op die    oproepe van verander nie.  Scott Peck begin in sy bekende boek “The Road Less Travelled”, met die sin: “Life is difficult”. Die lewe is vir sommige mense moeiliker as vir ander.  As jy in armoede leef, gemarginaliseer word, daar teen jou gediskrimineer word, is jou lewe moeiliker as normaalweg.  Die kerk (ons) wat ons met reg en geregtigheid assosieer, moet egter aanhou droom, want God is getrou. 

Hoe skryf Nelis van Rensburgin die Kerkbode van 11 Nov 2005,  nou weer? “Uiteindelik is dit vertroue dat God, die Een wat daagliks na miljoene der miljoene gebede en sugte en node en klagtes en verhale luister, my vashou wanneer ek broos word om te luister.”

 

Die verhaal van Faust wat in  Paasnag weens sy vertwyfeling die gifbeker wou drink, is bekend.  Met die beker aan sy lippe het hy die Paasklokke gehoor.  Dit was vir hom ‘n verlossende boodskap en soos ‘n broer wat sy hand op sy skouer lê en sê: “Jy sal nie sterwe nie”.  Die bestaan van die kerk (ons)  hier op aarde, die woorde en dade van die kerk (ons as gelowiges, as geroepenens van God) moet hoop bring vir mense wat op die punt staan om boedel oor te gee.

 

Ons moet die waarheid  bedink.  Dink met die hart.

Ons moet met God se oë sien.  Sien met die hart.

Ons moet met God se ore hoor. Hoor met die hart.

Amen

Groete,

Schalk W Naudé

 

Schalk was predikant vir 27 jaar in die NG Kerk.  Hy is op vervroegde pensioen en hou tans skool in Thailand.

 

 

ONS HET NIE GESIEN NIE, TOG GLO ONS

Sondag, 7 Junie 2009

Frits Gaum

 

“En Tomas sê vir Hom: ‘My Here en my God!’ Toe sê Jesus vir hom: ‘Glo jy nou omdat jy my sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo’.” (Johannes 20:28-29)

 

Tomas was nes ek en jy. Sien was vir hom glo. “As ek nie die merke van die spykers in Jesus se hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie”, het hy vir die ander dissipels gesê. Tomas het maar so ‘n skeptiese streep gehad.  Laat ek daardie spykermerke sien en bevoel, en daardie wond in die sy … as ek nou my hand daar kan indruk …

 

En ja, boonop het die skeptiese Tomas en die verloëner Petrus en die res van hulle ‘n onbillike voorsprong gehad bo almal ná hulle wat in Jesus moet glo sonder om te sien. As óns nou ook drie jaar lank deel kon wees van Jesus se intieme binnekring, as ons elke dag in sy oë kon kyk as Hy met ons praat, as ons by kon wees as Hy sy wonderwerke doen … ja kyk, dán was geloof ‘n maklike saak.  Maar vir ons wat net op Johannes-hulle se weergawe van wat daai tyd gebeur het, moet staat maak om te glo, vir ons is dit moeilik, amper onmoontlik. 

 

Moenie glo nie.

 

Ek bedoel: moenie glo dat dit vir die dissipels soveel makliker was om te glo nie.  Hulle het Jesus baiekeer verkeerd verstaan, hulle het maar nié geglo wat hulle oë gesien het nie … keer op keer het hulle glad nie geglo toe hulle geloof getoets is nie.

 

Soos Tomas. Toe die toets der toetse kom, toe dop Tomas. Toe sê hy hy wil sien én voel, anders sal hy nooit glo nie. En toe reël Jesus sowaar vir hom ‘n spesiale verskyning.  En nooi hom uit:  “Kom, staan nader, kom steek jou vingers hier in die wonde …”

 

Tomas was rooi van skaamte, dink ek, en het blykbaar nie regtig kans gesien om sy dreigement van vroeër uit te voer en Jesus se wonde te betas nie.  Al wat hy kon uitkry, was: “My Here en my God.”

 

En Jesus reageer deur van jou en my te praat.

“Glo jy omdat jy My sien?” sê-vra hy vir Tomas. “Gelukkig is dié wat nié gesien het nie en tog glo.

 

Dis ek en jy.

 

Tomas moes sien om te glo. Ons glo omdat die Heilige Gees (Wie se fees ons laas Sondag gevier het) die evangelie-woorde vir ons wáár maak. Omdat Hy ons in staat stel om te glo sónder om te sien. Omdat Hy ons laat glo al is ons in baie opsigte moderne (of postmoderne) siniese beterweters. En Jesus noem ons “gelukkig”.

 

Ons is gelukkig, want ons het nie gesien nie en tog glo ons.

 

Dr Frits Gaum is ‘n emeritus-predikant van die NG Kerk, was redakteur van Kerkbode en is skrywer van ‘n hele paar boeke waarvan die roman “Lente van ‘66″ onlangs verskyn het.

 

 

TIME

Sunday, 31 May 2009

Beulah Durrheim

 

Ecclesiastes 3: 1-13 “There is a time for everything, and a season for every activity under heaven: a time to be born and a time to die, a time to plant and a time to uproot, a time to kill and a time to heal, a time to tear down and a time to build, a time to weep and a time to laugh, a time to mourn and a time to dance, a time to scatter stones and a time to gather them, a time to embrace and a time to refrain, a time to search and a time to give up, a time to keep and a time to give away, a time to tear and a time to mend, a time to be silent and a time to speak, a time to love and a time to hate, a time for war and a time for peace. What does the worker gain from his toil? I have seen the burden God has laid on men. He has made everything beautiful in its time. He has also set eternity in the hearts of men; yet they cannot fathom what God has done from beginning to end.”

 

As I ponder the concept of time I am deeply aware that clock-time differs vastly from what I would call soul-time. Clock-time is measured rhythmically in seconds, minutes, hours, days, months, years and seasons due to the rotation of the earth around the sun. We use calendars to mark our time on earth. We make appointments in diaries and use watches to keep track of when we should do what where. Our lives are divided into meal times, social gatherings; annual celebrations, meetings, work or school hours and many other chunks of time spent in particular ways.

 

And then there is soul time. This part of our being cannot be measured or manipulated or ignored. There’s this nagging in all of us that says we are more than the sum of events squashed into moments of time. No, there is a subtle movement inside that cries for recognition. Here we begin to notice what under girds our busyness. Underneath all the façade, the grinding of routines, the external images of who we present ourselves to be, lies our essence.

 

This core beats to a different drum. Where we would like to conclude things in an hour, our divine self requires its own journey, often a slower rhythm. It is more closely related to the path of nature which does not hurry. Trees don’t grow in a day. Moments are more important than minutes. Movements are greater than hours. Our hearts’ emotions cannot be boxed. The spiritual longings and fulfilments cannot be timed. No. Soul-time is sacred and when adhered to, our lives find a harmony with the universe and all that is. We become entwined with a much larger reality. Even death cannot put a limit on the journey of our souls.

 

And so I ask myself…

Which voice of time will I listen to?

 

In the Christian calendar we are in a season of celebrating Pentecost, the day of the first outpouring of the Holy Spirit. This gift is God’s Spirit, His essence, His very own breath, His deepest love poured out to you and to me. Paul captures this beautifully in his letter to the Romans when he writes:”God has poured out His love into our hearts by the Holy Spirit, whom he has given us.” Romans 5:5

 

We cannot put God in a box, or prescribe what we want Him to do when. At best, we can pay attention to the rhythms of God’s heart beating in us.

 

 

SODAT HY NADER AAN ONS KAN WEES

Sondag, 24 Mei 2009

Ds. C, Noord-Kaap

 

Handelinge 1:11 – Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”

 

As ek aan die Hemelvaart dink, is daar bepaalde vrae en gedagtes wat by my opkom:  hoe sou dit gewees het as Hy hier gebly het?  Hoekom het Hy ons hier gelos?

Wat ’n wonderlike bewys dat Jesus steeds regeer en dat Hy na die hemel opgevaar het.  Die dood kon Hom nie hier hou nie!

 

En in aansluiting by een van ons Hemelvaart-liedere (LB 429), waar ons sing dat Jesus se kerk, wat gegrondves is in sy bloed, sy dood en sy opstanding, skrik vir geen onheilsmag nie – sy opstanding, sy hemelvaart, en ons wat wag dat Hy weer sal terugkeer, skrik vir geen vyand nie.

 

Jesus moes opvaar na die hemel om nader aan ons te kom – Hy is ons voorspraak by ons Hemelse Vader.

 

Ons bid:  Jesus, op ’n wolk is u weggeneem om nader aan ons te wees, om die plek aan die Hemelse Vader se voete vir ons te gaan voorberei.  Ons weet dat, net soos u opgeneem is, net so sal U terugkom.  Wees U ons ook genadig om eendag saam met U daar te wees.  Amen.

 

 

“AS GOD DAN VIR ONS IS…”

Sondag, 17 Mei 2009

Andre Smith

 

Lees Hebreers 13:5 – 6

5.Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”6.Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie wat kan ‘n mens aan my doen?”

 

Die Hebreerskrywer praat in hierdie skrifgedeelte die taal van karakterbou. ‘n Proses waar ons as gelowiges nader en nader aan God beweeg. In so ‘n mate dat dit nie meer nodig is om te skarrel, te soek of te vrees nie. ‘n Proses en geloofspad waar die gelowige(ek en jy) hierdie opdrag en belofte van God met vreugde kan leef en beleef! 

 

Die afgelope tyd word ek meer as ooit aan die tweede deel van vers 5 herinner…”Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Hierdie teksgedeelte was en is nogsteeds die belofte wat God liefdevol op my hart kom plaas.

 

Met soveel kinderlike opregtheid, geloof en opgewondenheid het ek my telkens toegevou onder hierdie kostelike belofte vir myself. My geloofsreis daarmee afgeskop. Hoe verder ,ek die pad begin stap het, hoe meer het die ontdekkings begin word. Een daarvan, die ontdekkking ek is anders. Die ontdekking ek is gay. En gelowig. En in die bediening. En toe die wonder oor waar pas al die stukke van die legkaart in mekaar? Die wegkruip en skadu bestaan. Die woede en die trane. Die bang en die seer. Die dankie gebed as ek deur nog ‘n dag kon kom. Die alleen-wees tussen hordes. Die angstige vashou aan die bekende.

 

En toe die krake in die muur…ek kan nie meer nie. Ek wil die Woord ervaar, nie net ken. Ek wil die vryheid daarvan leef. Ek wil so graag die God van my belofte(Heb.13:5-6) met bruisende vreugde en ligtheid in my gees bedank vir sy getrouheid aan sy Woord. Ek smag na egtheid (‘n eerlike stuk wees voor Hom, my naaste en myself) Maar is die God van my belofte prakties genoeg om my hiermee te kan help?  

 

Na etlike jare van worstel begin ek die lig sien, beleef en leef. Wat ‘n stuk genade!!! En die wonderwerk(soos by Golgota en die lee graf)….ek begin wegkyk van myself. Ek sien ander op my geloofspad. Ander wat ook die letsels van swaarkry oorgehou het, maar meer nog wat die sigbare merk van Christus op die voorhoof dra. En dit spel – oorwinning!!!!

 

Vandag dink ek trug en moet bely – die God van my belofte was en is prakties genoeg om my, eens lydensbeker, in ‘n vreugdeslied te omskep! Dit wat eens soos ‘n koue, donker kamer in my siel en wese gevoel het, het plek gemaak vir sonskyn in my lewe.

 

Ek het boedel oorgegee. God het my trane gesien en tot my redding verskyn! En nou? Nou deel ek my vreugde saadjies met ander.Ek het vrede gevind. Ek kan weer lag! Ek kan weer dans, sing en getuig van die mooi. Ek’s mooi…as gay gelowige man…. voor die aangesig van my skepper, my medemens en myself.

 

Gebed:

Here, as ek vandag dink aan die weg waarlangs U my tot nou toe gelei het, dan wil my hele wese uitroep – “Aan Hom wat was, is en vir altyd sal wees, al die lof, dank en eer!”Dankie dat ek elke dag u belofte woord vir my in Hebreeurs 13:5-6  so liefdevol kan ervaar. Amen.

 

 

‘n BEPAALDE EN ONBEPAALDE TYD

Sondag, 10 Mei 2009

Cecile Cilliers

 

Lees Prediker  3 : 10 – 15

 

Vers 11  :  God het elke ding gemaak dat dit pas in ‘n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens ‘n besef gegee van die onbepaalde tyd…

 

Saam met o.a. Spreuke, Job, die Psalms, Ester, Rut en Hooglied, is die boek Prediker deel van die Hebreeuse Bybel se Wysheidsgeskrifte.  Van antieke tye af is Israel se wysheid met koning Salomo verbind; die grootste gedeelte van Spreuke word aan hom toegedig, en hy is ook veronderstel om die skrywer van die Prediker-boek te wees.  Maar dis blote tradisie, want geskiedkundig is dit nie moontlik nie.  Salomo het in die 10de eeu vChr regeer, en die boek Prediker dateer uit die derde eeu vChr.

 

Die skrywer van Prediker (hy staan slegs as ‘leermeester’ bekend), bemoei hom veral met die vrae waarmee die mens eeue lank al worstel, vrae waarop menslike wysheid geen antwoord kan voorsien nie.  Waarom is ons hier?  Waarom laat God soveel lyding toe?  Waarom moet ek in my seksualiteit gekruisig word?

 

Die Prediker stel sy vrae, maar hy gee geen reguit antwoorde nie – inteendeel.  Hy kom tot die gevolgtrekking dat alles sinloos is – die gang van die natuur met sy tsunami’s, aardbewings en vloede ;  die bykans kranksinnige opeenvolging van skokkende menslike gebeurtenisse ; die mens se inspanning, selfs sy genieting en sy wysheid – alles is sinloos, weinig meer as ‘n gejaag na wind.  Die lewe is die ene onverstaanbare teenstrydighede, tob die Prediker, en wat God doen, is onbegryplik.  En alles, so stel hy dit, eindig per slot van rekening in die dood.  Wys of dwaas, ryk of arm, mens of dier, almal deel dieselfde onontkombare lot. 

 

Alhoewel Prediker so lank reeds bestaan, bly dit ‘n gewilde Bybelboek, want dis toeganklik, die leser hoef nie oor ‘n breë Bybelkennis te beskik om dit te verstaan nie, en die melankoliese ondertoon vind aanklank by die moderne mens.  Swaarmoedig en behep met die dood, spreek dit van ‘n verwondheid wat aan ons eie tyd en samelewing nie vreemd is nie.

 

En tog is Prediker nie ‘n hopelose boek nie, want die skrywer moedig die mens aan om voluit te leef ; om die dag te gryp. En in die idioom van ‘n spirituele benadering, om in die oomblik te leef, bewustelik te leef, bewus van al die gawes van God :  Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is ‘n gawe van God…

 

En daar is ‘n verdere stuk vertroosting teen die pessimisme van die Prediker en die mens se donker wêreldbeeld.  God het aan die mens ‘n besef gegee van die onbepaalde tyd – ‘n  Besef van daardie ewigheid wat Jesus Christus vir ons verwerf het.  En met elke stuk mooi musiek, elke  besielende rolprent, elke sonsondergang of soet vlagie reën, gaan daar ‘n deur op daardie onbepaalde tyd oop, en stroom die ewigheidsbesef soos ‘n sonstraal in ons hart.

 

 

OM STIL TE RAAK EN TEVREDE TE WEES

Sondag, 3 Mei 2009

Johan Strydom

 

 

Verlede Sondag het ek en die sanggroep van die N.G. Gemeente Kareedouw ’n baie geseënde Paasherinneringsdiens kon aanbied.  Ons doel was om weer ’n stuk van die rou emosie van die Pase te kon vasvat in ’n tyd wat ons so gewoond geraak het aan ’n verromantiseerde beeld van Jesus se kruisiging.

 

Die oggend voor die diens slaan ek my Bybel oop by Sefanja 3 waar ek lees:  “God is by jou.  Hy is vol vreugde oor jou.  Hy is stil-tevrede in sy liefde.  Hy jubel en juig oor jou.”  Skielik was die vrees vir moontlike foute en krakerige stemme weg, en het ek besef dat die Here tevrede is met sy mense:  Hy seën ons ten spyte van ons onsekerhede, ons vrese, ons tekortkominge en sondes.

 

Oppad kerk toe het ek verskriklik alleen in my motor gevoel en besef dat geen ander persoon heeltemal soos ek kan voel nie, kan optree en dink soos ek nie.  God het my uniek gemaak, en hierdie alleenheid, is deel van die gawe van ’n unieke persoon wat Hy my gemaak het.

 

Tydens die koor se opwarming voor die diens, het ek ten spyte van die swaar en droewige musiek ’n warmte in my hart voel klop, en kon ek voel hoe ek aanvaar en omarm word deur ander unieke mense.  Dit ten spyte van my tekorkominge en “andersheid” as ’n gay persoon.

 

En ek kon bid:  Dankie Jesus dat U stil-tevrede is met die unieke mens wat U my gemaak het.

 

 

THE PUZZLE

Sunday, 26 April 2009

Michelle Boonzaaier

 

 

A few months ago I was jobless and my sister gave me a puzzle to complete. This was one that she had bought and completed a few years ago. So she was not sure where the original box was or if all the pieces were present. Well, I’ve completed the puzzle, but at least 25 pieces are missing. So for the past few months I have been living with an incomplete puzzle sitting on my desk with a number of holes in the bigger picture. Two pieces have been floating around my desk because they will not be able to fit into the whole until the other 23 pieces are found.

 

When I work at my desk I play with these two pieces, I glance over at the incomplete puzzle. I have a really good idea about where the one piece could belong, but it will never fit until the other pieces are found. I have no clue as to where the other piece will fit. It seems like a random piece that really needs a re-alteration of my left brain in order for it to fit. Though I do know, by its size and its colouring that it fits with this puzzle.

 

I have always been very moved by the story of Peter and Cornelius that can be found in the New Testament book of Acts, chapter 10 and 11. Peter is a Jewish man who has been living by a very specific set of rules and norms that have determined his life and the way in which he understands what it means to be holy and clean in the presence of God. He follows his life according to a set of laws – stipulated in the book of Leviticus. These laws stipulate that there are certain animals that he is not allowed to eat. According to this same law, he there are people who are outside of his faith that he is not allowed to have any physical contact with. So he basis his life on excluding certain things from his diet and his certain people from his company according to a set of rules.

 

In Acts 10 and 11 he gets a vision from God in which God tells him to kill and eat all sorts of animals that he is not supposed to touch at all. Three times he tells God “NO!” And each time, the voice that he hears says to him, “What God has made clean, you must not call profane.” I get goose bumps each time that I read these words. I say them out loud each time I read this passage.

 

Peter learns that what he had thought was holy and clean was what went into his mouth – that which he excluded. And what God was telling him here was that by including what he thought was unclean, his bigger picture was more complete.

 

Later on he meets a man called Cornelius, a man who is unclean according to his laws of exclusion. Because Cornelius is Roman, he is a “Gentile”. This man is that God sends to him comes to complete his bigger picture of inclusion.

 

I will live with this incomplete puzzle on my desk and play with these two pieces each time I work, because they remind me that even in my own life I create rules that exclude some and include others and my pictures are incomplete until everyone feels safe in my created spaces.

 

 

FAMILIEVREDE

Sondag, 18 April 2009

Dr. Willie de Koker

 

 

Psalm 133

1  Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon!

2  Dit is soos reukolie wat van die kop af in die baard afloop,

die baard van Aäron, af tot by die soom van sy klere.

3  Dit is soos die dou van Hermonberg wat op die berge by Sion val.

Waar broers so saam woon, skenk die Here sy seën: ‘n lang, lang lewe.

 

Op die tweede opstandingsondag stuur die leesrooster ons na ‘n teks wat wonderlike sensuele ervarings by ons oproep. Kosbare lekkerruik lyfolie wat op die priester se kop uitgegooi word, so baie dat dit langs sy baard afloop, af met sy lyf,  tot onder by die soom van sy klere. En dou, wat tientalle kilometers van die Hermonberge in die noorde van Palestina na die meer sentraal geleë Sionsberg (Jerusalem) vloei.

 

Altwee beelde praat van lewensverkwikkende oorvloed. Die olie is kennelik bedoel om net op die priester se kop uitgegooi te word, as deel van die erediens in die tempel. Maar die klein bietjie olie maak selfs sy klere sopnat. Die Hermonberg is Palestina se waterbron. Die wintersneeu voed die Jordaanrivier, Palestina se lewensaar, wat nie ver by Jerusalem verby vloei nie. Maar Ps 133 sê dis die dou wat dit doen.

 

So lyk God se seën, die “lang, lang lewe” waarvan vers 3 praat. Lewensver-kwikkende oorvloed. Vir mense lyk dit onmoontlik dat ‘n bietjie olie al my klere kan natmaak, en dat ‘n dun lagie dou ‘n hele stad kan verkwik. Of dat ‘n verworpe swakkeling as Here uit die dood kan opstaan, om my lewe vol en ryk te maak.

 

Maar kyk net hoe werk God se seën. Prakties, konkreet, gee Hy dit vir ons wanneer ons met mekaar in vrede saamleef. In liefde, eensgesind. Om nog meer konkreet te wees, as ek God se vrede aan mense uitdeel, sodat hulle in wat ek doen Jesus raaksien. En, nog meer konkreet, nie sommer net aan mense nie, maar aan my broers. My familie.

 

In die oud Midde-Oosterse wêreld het die familiereg bepaal dat die familie erfgoed na die dood van die vader die onverdeelde besit van die broers geword het. Dit het beteken dat hulle op dieselfde grond moes saamwoon (Abraham en Lot in Gen 13:6, Jakob en Esau in Gen 36:7) en dieselfde weiveld vir hulle diere moes deel. Dink jou in in al die twis en rusies wat dit kon veroorsaak! Maar dink jou ook in in die ondersteuning en sekuriteit wat die broers en die hele familie geniet het as hulle dit kon regkry om in liefde en vrede saam te woon.

 

Gay mense ervaar baie familietwis en rusie. Nie almal in my familie kry dit reg om vrede te maak met wie ek is nie. Dit maak my seer, partykeer wil ek terugslaan, wraak neem. Maar dan sal die deur na die wye ruimtes van God se vrede en sy lewensverkwikkende oorvloed nog verder toeslaan. Miskien kan God my klein bietjie aanhoudende liefde gebruik om my hele familie tot nuwe lewe te seën met sy vrede en oorvloed.

 

Dit alles geld ook vir die gemeente. Deur van Aäron en van Sion te praat, roep Ps 133 die kerk op om so te leef. My hart krimp as ek dink aan die dinge wat ons (ek ook!) in die kerk aan mekaar doen. Dis asof ons net soos die broers van die ou Midde-Ooste met mekaar wedywer om die beste deel van ons pa se erflating in te palm. Ras, besittings, geslag, identiteit, spiritualiteit, die lysie doringdrade wat ons op ons gemeenskaplike erfgrond span kry net nie end nie. Maar weereens, Jesus se opstanding roep my om nooit op te hou om sy vrede uit te deel nie. Miskien kan God my klein bietjie aanhoudende liefde gebruik om sy familie gelowiges tot nuwe lewe te seën met sy vrede en oorvloed.

 

Gebed: Jesus, U is goed en mooi. U is die  reukolie en die dou waaruit ek in vrede kan leef. Seën my familie, my ma, my pa, my broers en susters, maak ons lief vir mekaar. Help ons om mekaar te vergewe. Amen

 

 

PASE – ‘n TYD VAN GENADE

Retha Benadé

 

(Lees Lukas 23: 39-43)

 

Elke jaar vier ons Paasfees:  ‘n Jaar ouer, met nuwe verwagtinge en doelwitte.  Tog is daar sekere waardes en beginsels wat onveranderd bly.  Een daarvan is die van genade.  Elkeen het dit al op ‘n eie manier gegee of ontvang in die lewe.  Tog lyk dit asof dit veral onder gelowiges ‘n skaars item raak.

 

Veroordeling, onverdragsaamheid en ongeduld neem nog so maklik die plek van genade in. Hoekom die dilemma?

 

Waar pas genade nou eintlik in die legkaart van die mens se bestaan in?  Is dit in die grys areas wat vir ons onbekend is en bang maak?  Is dit kleingelowigheid wat maak dat ons eerder kruisig met ons woorde as om op te tree in genade, al het ons nie altyd die antwoorde nie?

 

Dit laat my terugkeer na die kruisiging van Christus.  ‘n Dag van ongekende, onbeskryflike pyn, maar ook ‘n dag van genade wat openbaar word deur Christus aan sy mede-gekruisigde wat daarvoor vra.  Hierdie genade word moontlik gemaak teen so ‘n hoë prys, maar word tog nie deur ons toegepas nie.  Daar word nog steeds gekies om seer te maak eerder as om te heel.  Die Bybel word gebruik deur Christene teen ander Christene.  Daar word kriteria gestel waarvolgens jy moet inpas.  Indien jy nie inpas nie omdat jy anders is, kwalifiseer jy skielik nie vir sy genade nie.

 

Die genade wat ons dikwels aanbied, kom met voorwaardes.  Dit lyk goed en aanneemlik, maar sny deur ‘n mens se siel.  God se genade is egter onvoorwaardelik: Dit gee hoop, dit bring genesing en dit gee die mens ‘n plek vir sielsrus.

 

Daarom bewys Christus genade aan ‘n verlore mens wat Hom daarvoor vra.  Hierdie genade is gebore uit sy grootste pyn.  Ons vra baiemaal vir God hoekom daar soveel pyn, smart en ellende in ons lewens as gelowiges kan voorkom, maar daar is lesse van genade wat soms net deur die lesse van pyn geleer kan word.  Ons maak dikwels werklik ‘n verkil in die lewe as ons iets van die hoogte, die breedte, die lengte en die diepte van genade begin verstaan en vasgryp.  Alleen dan sal ons twee keer begin dink voor ons besluit wie genade verdien en wie nie.  Alleen dan sal ons eerder genade lewe – al verstaan ons nie ons medemens ten volle nie – en van daarna soek om versoening te bewerkstellig.

 

 

Here, maak ons oë tog sag, soos U s’n,

Dat ons met sagte oë na ander kan kyk.

Laat ons tog U sagte hart van liefde deel,

Sodat ons U genade aan ander kan uitdeel. Amen.

 

 

(Retha Benadé is ‘n opgeleide Charismatiese pastoor wat werksaam is vir Inclusive and Affirming Ministries (IAM).)

 

 

‘n LIED VIR OPSTANDINGSONDAG

Opstandingsondag, 12 April 2009

 

Die Heer, die Heer het opgestaan!

Die Heer het wáárlik opgestaan!

Vir sondaars het die Heer gesterf,

Die lewe deur sy dood verwerf!

Oorwinning is vir ons verkry

oor sondemag en –heerskappy

 

Die Heer, die Heer het opgestaan!

Die Heer het wáárlik opgestaan!

Vir sondaars het die Heer gesterf;

Die lewe deur sy dood verwerf.

Hy het oorwin die dood, die hel.

Ons kan dit wêreldwyd vertel!

 

Die Heer, die Heer het opgestaan!

Die Heer het wáárlik opgestaan!

Aan Hom die lof, die roem en eer,

My laat ons mét Hom triomfeer.

Laat ons, o Here, deur u Gees,

afhanklik en oorwinnaars wees.

 

(Liedboek van die Kerk: 422)

 

 

BELIGGAAMDE AANBIDDING

Goeie Vrydag, 10 April 2009

Laurie Gaum

 

 

Dit is Heilige Week oppad na Paasfees. Op Palmsondag ontmoet ons in die middel van die Kompanjiestuine. Swerms duiwe vlerk op en neer tussen ons en Tuynhuys.  Kruisies gemaak van gevlegde palmblare word vir die geleentheid uitgedeel. Die priesters seen dit soos wat hulle tussen ons deurloop en met water sprinkel. Ek voel hoe druppels van my vel af spat. Rowan Smith, met ‘n helderrooi toga aan, gaan voor. Die prosessie begin met ons wat afstap in Goewermentslaan – die sekulere magte van die parlement aan ons regterkant. ‘n Wolk wierook vlieg verby.  Ek hou my palmkruis hoog voor my. Iemand langsaan se dis asof die stad geheilig word.

 

Ek verstom my aan die samestelling van die mense: Kleure, geslagte, ouderdomme, seksuele orientasies…  Ons word deel van die skare wat eers “Hosanna!” skree en dan in die katedraal… later… “Kruisig hom!” Ek gebruik nagmaal saam met die Katolieke teoloog wat langs my staan. Ons word weggevoer deur die kleur, die klank, die wierook, die beweging… Ons word deel van ‘n ander werklikheid… opgeneem in ‘n ander tyd…

 

Woensdag sal van ons die “Stasies van die stad” vanaf Distrik Ses verby plekke van betekenis in die stad stap; ons sal Jesus se kruiswoorde saam met die betekenis van hierdie plekke in herrinnering roep en wonder oor die verband tussen die twee. Hoog sal ons die kruis voor ons uitdra op die ritme van drommusiek. Ons sal weer ons geloof uitstap… ons sal in ons lywe klim… ons sal dit opvoer… tot by “die mense se katedraal”. Sommige van ons sal dalk deur die nag waak… ander Goeie Vrydag met kerrievis en hot cross buns vier. Ons sal die stilte van Saterdag deurstaan en… dalk – wie weet – dalk… is daar weer vir ons ‘n Sondag.

Geseende Paasfees!

 

Dankie God dat Jy so mens geword het deur in ons velle in te kruip… sodat Jy kon voel wat ek voel.

Laat my ook in my eie lyf inklim sodat ek kan voel hoe warm jou son op my vel skyn

sodat ek ook my geloof voor Jou kan uitdans.

 

 

A PALM SUNDAY MEDITATION

Sunday 5 April 2009

Bishop David Russell

 

The Gospel Story tells us that Jesus went up to Jerusalem for the last time knowing full well that he was going to meet his death at the hands of the religious leaders of his day – see Matthew 16.21-25. The drama began on that Palm Sunday as he came into Jerusalem riding on a donkey – symbolising his message of humility and service – see Matthew 21.1-11.  The crowds initially welcomed him, but soon showed how fickle they were when they later cried “crucify him”!  In the end, apart from a small group of supporters, he was rejected both by ‘the people’ and those in power. Jesus knew the suffering and pain of rejection, even to death. Our God knows!

 

Jesus had come to share God’s love by embracing those who were excluded – those who did not ‘fit’ the so-called ‘norm’. As we know from the Gospel accounts, this was one of the outstanding qualities and characteristics of his life and witness. It was in such marked contrast to the piously assumed ‘correct’ attitudes and teachings of the religion and culture of his day. Jesus went out of his way to affirm lepers, and every other category of person who was rejected and despised. He lived alongside them ‘on the boundary’.

 

And this is where Jesus is today, very specially identifying with those excluded. So it is that gay and lesbian persons who have experienced the profound rejection on the part of church, society and family, can know for sure that Jesus, alive within and in the midst, is especially affirming each one in the depths of their being. That is Jesus – that is how he is! And that is how God is – the God whom Jesus came to reveal. As one church leader put it: “The figure of Jesus really did explode all existing categories”… we need to remember that “love is God’s essence”.  And again as Archbishop Rowan Williams of Canterbury put it: “God is our Great Lover”.

 

There is a wonderful book, which many may know: “Gifted by Otherness – Gay and Lesbian Christians in the Church” by William Countryman. He writes: “Whatever the church may say, we have found in our faith something that connects us with ourselves and God….our own experience of faith has helped us understand and rejoice in who we are.  From the perspective of the Christian faith, this awkward business of living on the boundary looks very much like vocation – a call from God. When you answer that call, you discover the meaning of your life.”

 

Yes indeed! So be encouraged! Dare to walk in the grace and strength of Jesus. Dare to witness to who you are in Jesus. Hold your palm branch high this Palm Sunday, and in the journey of your life. Say out aloud with your life: “I too am his disciple. Let’s witness together to our God – our Great Lover – who rejoices in the way we are made.

 

Thank you God for touching me with the gift of faith – for calling me to be your witness with Jesus. In your strength I find a quiet and beautiful courage to be. I find a glorious freedom to be myself in you. Continue your transforming healing presence in my life, that I may point others to you that together we may grow in your abundant life.

 

Bishop David is retired Anglican Bishop of Grahamstown. From his student days he was involved with the struggle against Apartheid and was banned and house-arrested in 1977 for five years. He is currently a consultant for Inclusive and Affirming Ministries.

 

VUF GARSBRODE EN TWEE VISSIES.  VIR ALMAL.

Sondag, 29 Maar 2009

Proponent X

 

Lees Johannes 6: 1 – 14

 

Vers 11:  Daarna het Jesus die brood geneem, God daarvoor gedank en dit uitgedeel aan die mense wat daar gesit het, en net so ook soveel van die vis as wat hulle wou hê.

 

In hierdie vyfde Lydenssondag dink ek spesifiek aan die verhaal van Jesus wat vir die mense by die See van Galilea genade getoon het.deur hulle hongerpyne te stil.  Hierdie mense het agter hom aangeloop omdat hulle die wondertekens gesien het wat hy gedoen het.

 

Jesus het God gedank vir die vyf garsbrode en die twee vissies, en dit aan die mense uitgedeel.  Nadat almal genoeg gehad het om te eet, was daar 12 mandjies vol stukke van die garsbrode oor.

 

Wat beteken hierdie wonderteken vandag vir ons?  Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom? (vers 14).  Selfs meer.  Deur sy kruisdood het hy ons sonde weggeneem, en deur hierdie handeling by die See van Galilea is daar vir ons ’n genadeboodskap:  Jesus het vir ALMAL kos gegee en hulle hongerpyne gestil.  Hy het nie gevra of hulle sondaars, egbreukers, diewe of moordenaars was nie.  Hy het nie gevra of hulle homoseksueel, biseksueel of heteroseksueel was nie.  Nee.  Sy genade was vir almal.  Sonder enige voorbehoude.  Slegs genade.  En daar was genoeg om nog 12 mandjies te vul.

 

Kom ons bid:  Dankie Here vir u genade – U genade vir almal.  Amen.

 

“YOU DON’T HAVE TO “LIKE ME – YOU MUST “LOVE ME’

Sondag, 22 Maart 2009

Abe Pieterse

 

Hierdie ou sê-dingetjie het my altyd laat dink en laat wonder wat my vorige kollega bedoel het wanneer sy dit gesê het. Vir my persoonlik het dit baie verwaand en arrogant geklink die eerste keer toe ek dit gehoor het, maar dit het later vir my meer sin gemaak – toe ek die dieper betekenis daarvan gesnap het. Glo my – sy was ‘n baie streng onderwyseres, maar een van die bestes wanneer dit by onderrig gekom het. Snaaks genoeg was dit altyd hierdie sinnetjie wat ek gehoor het wanneer sy die leerders verrmaan het. Selfs binne my eie daaglikse beweegruimtes het hierdie woorde my laat dink en deur diepe bepeinsing het ek dit altyd onthou, selfs in die tye wanneer dit moeilik gegaan het met my en die teenkantings, verwerping en sugte van mense na my kant toe gekom het. Hierdie “sê-dingetjie” het my ‘n ander uitkyk gegee op die samelewing van vandag met al sy uitdagings.

 

Being a young spiritually-connected, loving Christian, I cannot go around without realizing that my country, my town, my people, are confronted with the heartbreaking realities of society on a daily basis. Realities like fraud, the HIV/AIDS pandemic, criminal injustice, child trafficking, diversity as well as the acceptance of thè other. Realities like these can easily draw people apart or closer to one another. For me being the other doesn’t mean I must fade away in the crowd of the marginalized who feel the need to hide their true identity. I am what I am – a special God-created human being. So back to the title – if you don’t like me (being the other – whether gay or straight, man or woman, slave or freeman, black or white, etc.) it is fine with me, because you don’t have to like me – you must love me. Not because I am saying it, but that is what God wants us to do (Matt 22:  The greatest commandment).

 

It is important that we create room for each other to truly live out our Christianity, to be receptive and open to each other, to accept each other as Jesus Christ and God love and accept each and every one of us: Creating a space where we include everyone in the covenant with God, through the Word of God that asks us to love our neighbour as we love ourselves; as Christ loves us. This love is witnessed in the crucifixion of Christ. We all have a stake in this – Jew or non-Jew, slave or freeman, man or woman, heterosexual or homosexual. If God can include everybody in His love, then that should be the role of the Church, and of each Christian. We should be able to live as one big, happy family whilst serving God. God’s love and grace excludes no-one.

 

What Christ did on the cross – He did it just for you – for me – for us. I’m sure He didn’t like the pain and suffering, but He loves us so much that he took the pain, so that we can learn and grasp the real meaning of true and everlasting love.

 

I have found my true identity and the love, acceptance and grace of God my Father, and all I’m asking you, is to love me for who I am. You really don’t have to like me as a gay Christian, but just do what God want you to do and what is expected from you as a Christian or human being – and that is “to love me”. I have found inner peace with myself in Jesus Christ and pray that for you too, fellow brother and sister.

 

I want to conclude with the chorus of some lyrics out of a special song from CeCe Winnans, called “Alabaster box”:

 

 “Don’t be angry if I wash His feet with my tears

And dry them with my hair

You weren’t there – the night He found me

You did not feel what I felt

When He wrapped His loving arms around me

And you don’t know the cost

Of the oil in my alabaster box.”

 

In the end, I believe that actions speak louder than words. It’s like Desmond Tutu once said: “It’s not just like stealing my pen and then coming back to ask for forgiveness without giving my pen back. The pen must be given back and ritual action should accompany this process.”

 

Gebed:

Here, baie baie DANKIE dat U aan die kruis gesterf het vir elkeen van ons, sodat ons die diepe waarde van LIEFDE – onvoorwaardelike liefde- kan verstaan.

 

Help ons om die hande en voete van U in hierdie stukkende wêreld te wees, en help ons om te besef dat – ten spyte van die hartseer, pyn en lyding van watter aard ookal ons ervaar – “Deur U wonde het daar vir ons genesing gekom”. AMEN

 

BODY, MIND AND SOUL

Sunday, March 15, 2009

Lizelle Stemmett

 

Gen 1:20-28

 

As we enter Lent, it’s maybe good to be remembered that that day when Jesus rode into Jerusalem on the donkey, He knew what was lying ahead. He knew that He was to endure a period of suffering that no human can even begin to imagine, but still He did not turn around or negotiate His way out of it, because He had you on His mind and nothing, but absolutely nothing could change His mind about you!

 

Let’s have a good look at where it all began – creation. Through out the story of creation, we read that when God spoke a word, something came into being, but in verse 26: God said, “Let us make people in our image, to be like ourselves.”  Understand that to be made in God’s image means that you possess and bear the spiritual nature and characteristics of God. In other words: you were “designed” to be like, to act like & function like Him, through Him and because of Him. God created you from His own substance and as far as species is concerned – you are in God’s class, His off spring!

 

You comprise of body, mind and soul. Any coincidence? Think again! You are uniquely you, there’s only one true original and that is you! You are identified by your fingerprints, DNA and tongue print – these cannot be duplicated. Ironic when we think of the fact that when we think of God, we think in terms of the Trinity. Coincidence? I don’t think so! You were created to represent God in all three aspects of who He is: Father, Son and Holy Spirit. God already had you in mind before He even spoke a word for creation to exist. He created you so that He could love you! The only criteria for you to have everlasting life, is that you should accept Jesus as your Saviour – John 3-16. That means all who accepts Jesus, even gay people, because in Col 3:11 God doesn’t differentiate, because if so, then the difference in the colour of people’s hair or eyes should also be a determining factor.

 

But we’ve allowed the world to determine our value and thus our idea/s of who, what or how we ought to be become polluted, because we think and do in wordly terms, whilst we are godly creations – no wonder things got messed up! We measure our own and other’s worth in worldly terms, but: God knows different, because He created you!  You are a child of God, His treasured possession. He created you in His own image. He chose the day for you to be born. He has a plan and a purpose for your life. He created you for excellence and He died for you, because nothing, absolutely nothing can separate you from the love of God. (Rom 8:35 – 39)

 

Almighty God – Lord, open our eyes and minds to see what You see in us, to see what You created us to be, the fact that You created each one of us in Your own image, to be like You, for Your glory and because You love us, each one, unconditionally and nothing can ever change that. Let us see Lord, through Your eyes and know that when You look at us, You are well pleased, when You look at us, you first see Jesus and then me.

 

Amen

 

OM VAN GOD AFHANKLIK TE WEES

Sondag, 8 Maart 2009

Ds. X, Mpumalanga

 

Matt 5:3: Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

 

Afhanklikheid in ons samelewing is nie aan te bevele nie, want dit maak jou kwesbaar. Onafhanklikheid is juis waarna ons streef. Ek wil selfstandig wees en niemand iets skuld nie. Ek wil niemand in die oë kyk nie. Ek wil my eie baas wees, dinge doen soos wat ek dit wil doen.

 

Selfstandigheid beteken dan om die vermoë of geleent-heid te hê om vir myself privaatheid of gerief te koop of te beding. Laat my net in rustigheid alleen om my lewe te kan inrig soos wat ek wil.

 

Ek wil graag die beheer van my eie lewe in my hande hê. Niemand anders sal vir my sorg soos wat vir myself sal sorg nie. Niemand anders sal moeite doen om te sorg dat ek kry wat ek wil hê nie.

 

Die neerdrukkende van hierdie “droom van selfstan-digheid” wat ons almal ‘n lewe lank najaag, is dat dit eintlik net ‘n seepborrel is, wat breek, telkens wanneer ek dit teen my vasdruk. Om te dink dat ek werklik onafhanklik kan wees en beheer oor my lewe kan hê, is niks meer as ‘n droom nie.

 

As hierdie seepborrel my hande breek en ek verleë voor God kom staan, dan word ek iemand wat weet dat daar op hierdie aarde niks is waarop ek kan steun nie – behalwe op God. Ek is so arm dat ek moet bedel. ‘n Bedelaar met vertroue en die stille wete dat God daar is.

 

Afhanklikheid is my ingesteldheid teenoor God, ek wat ‘n bedelaar voor God word, ek wat arm, swak en verdruk is. Ek wat weet dat die koninkryk van God nie afgedwing word nie, en dat dit nie oor prestasies van mense gaan nie, maar oor die genade van God.

 

Afhanklikheid is die voorreg om nie meer van myself en ander afhanklik te wees nie, maar van die genade van die God wat sy koninkryk aan my gegee het.

 

 

BLENDING THE SOMBRE WITH THE JOYFUL THIS LENT

Sunday, 1 March 2009

Fr Rowan Smith, Dean of St George’s Cathedral Cape Town.

 

 

The past Wednesday was called Ash Wednesday according to the liturgical year. This signifies the beginning of Lent.  As we begin our Lenten pilgrimage this year, may we be reminded not only of our solidarity with Christians everywhere with whom we share this time, but also with all those who are without food or shelter and who have no choice about fasting these forty days.

 

In South Africa on Ash Wednesday, and throughout the Anglican Church and our continent, we have been praying for Zimbabwe and for repentance and reconcilation in that nation.  But we too need to repent for our failure to speak out on behalf of those who have been, and still are, suffering under Robert Mugabe’s regime.

 

At the ashing in the liturgy on Wednesday, we used the words:  “Repent and believe the good news”.  Alongside our repentance we therefore also need to be those whose lives reflect the good news.

 

We need also to blend the sombre with the joyful.  “… but you anoint your head with oil…” and do not look dismal, says Jesus. Forty days can be a long time…

 

So when I wish you a holy and joyful Lent, it is in keeping with the gospel of Jesus , “who for the joy that lay before him ….”

 

Let me offer you this prayer, which my director gave me on retreat a fortnight ago – she got it from her parish priest in Ireland:

 

“Lord, I thank you for today;

yesterday I commend to your mercy,

and tomorrow, I commend to your providence.

Amen.”

 

God bless you as you are in turn a blessing to others.

 

 

More about Ash Wednesday

 

From Wikipedia, the free encyclopedia

 

In the Western Christian calender Ash Wednesday is the first day of Lent and occurs forty-six days (forty days not counting Sundays) before Easter.  It falls on a different date each year, because it is dependent on the date of Easter; it can occur as early as February 4 or as late as March 10.

 

Ash Wednesday gets its name from the practice of placing ashes on the foreheads of the faithful as a sign of repentance. The ashes used are gathered after the Palm Crosses from the previous year’s Palm Sunday are burned. In the liturgical practice of some churches, the ashes are mixed with the Oil of the Catechumens (one of the sacred oils used to anoint those about to be baptized), though some churches use ordinary oil. This paste is used by the priest who presides at the service to make the sign of the cross, first upon his own forehead and then on each of those present who kneel before him at the altar rail. As he does so, he recites the words: “Remember (O man) that you are dust, and to dust you shall return.”

 

 

VUURKAIROS

Sondag, 22 Februarie 2009

Barnard Steyn

 

“It is not an abstraction called Humanity that is to be saved. It is you, … your soul, in some sense yet to be understood, even your body, that was made for the high and holy place. All that you are … every fold and crease of your individuality was devised from all eternity to fit God as a glove fits a hand. All that intimate particularly which you can hardly grasp yourself, much less communicate to your fellow creatures, is no mystery to Him. He made those ins and outs that He might fill them. Then He gave your soul so curious a life because it is the key designed to unlock that door, of all the myriad doors in Him.”

 

CS Lewis

 

Skriflesing

 

Lees die vier hoofstukke van die boek Rut rustig deur.

 

Oordenking

 

Die Rut-verhaal is ‘n klein juweeltjie. Tog kan jy met ‘n vinnige, oppervlakkige  lees wonder of dit ‘n opregte Bybelboek is. Die hoofkarakters (Naomi, Rut en Boas) is nie VIP’s of groot geloofshelde nie. Dwarsdeur wemel dit van interessante menslike planne en intrige. Die Here se Naam word in ‘n seëngroet of twee gebruik en net in Rut 4 vers 13 is God die direkte Gewer as daar staan: “Die Here het haar swanger laat word, en Rut het ‘n seuntjie in die wêreld gebring.”

 

In Rut is die lyf/liggaam van groot belang. Daar heers hongersnood in die Broodhuis, Betlehem, en daarom moet die gesin wegtrek. In Moab trou die twee seuns. Terug in Moab tel Rut are op om die maag se honger te stil. Die ook lyflike aantrekking tussen twee verliefdes word sonder om daarvoor terug te deins, vertel as Rut op die dorsvloer by Boas se voete inkruip en hy haar toelaat.

 

Vreemd genoeg is dit die geslagsregister wat Rut uitlig vanuit die gewoon aardse en op ‘n hemelse troon plaas. Teen die heel einde lees ons dat hierdie nageslag uitloop op Isai en die grote Dawid. Met man en seuns oorlede en geen kleinseun om die familienaam voort te dra nie, verval Naomi in hooploosheid en uitgesproke bitterheid. Terugskouend weet ons dat hierdie nageslag al die tyd veilig in die troue God se hande was. Dawid is tog die voorvader van sy eie Seun, Jesus Christus, self.

 

Rut getuig op ‘n narratiewe wyse dat liggaam en siel aan mekaar raak; dat menslike inisiatief en die groot Goddelike raadsplan ontmoet; dat God die beelddraende mens die voorreg gun om Goddelike deure hier op aarde te ontsluit soos wat CS Lewis dit verwoord het.

 

Gebed

 

Waai deur my, o Heilige Gees, sodat my gedagtes heilig mag wees.

Handel in my, o Heilige Gees, sodat my werk ook heilig mag wees.

Trek my hart na aan U, o Heilige Gees, sodat ek sal liefhê wat heilig is.

Gee my krag, o Heilige Gees, sodat ek sal beskerm wat heilig is.

Bewaar my, o Heilige Gees, sodat ek altyd heilig mag wees.

Amen.

Augustinus

 

 

‘n LIGGAAM WAT BELIGGAAM

Sondag, 15 Februarie 2009

Michelle Boonzaaier

 

 

Ek vertel ‘n vriendin die afgelope week dat ek vir VuurKairos ‘n oordenking skryf. Sy sê, “Sal dit nie snaaks wees as mense begin dink dat jy ook lesbies is nie, omdat jy so baie gay en lesbiese vriende het? En nou skryf jy vir VuurKairos ‘n oordenking.” Want ek is mos ‘n dominee in die NG Kerk en mense kan nogal vreemde gevolgtrekkings oor my maak, met interessante gevolge.

 

En in die gesprek wat volg gesels ons oor ander, soos Beyers Naudé, wat ook deur sy eie mense ‘n k***r-boetie genoem word omdat hy ook met mense meng wat as “die ander” beskou word. Ons gesprek gee vir my die res van die week baie stof tot nadenke.

 

Ander name wat ook in my gedagtes opkom is onder andere die Duitse teoloog Dietrich Bonhoeffer. Voor en tydens die Holocaust maak hy vanuit die Duitse elite uitsprake teen Hitler en sy regime wat uiteindelik tot sy dood in ‘n konsentrasiekamp lei. Hy skaar hom ook by mense wat as “die ander” beskou word.

 

Ek begin wonder of dit moontlik is om die boodskap van Jesus en die Bybel te beliggaam sonder dat mense jou bietjie skeef aankyk. Want ek dink ook aan nog ‘n groep mense wat, omdat hulle met ‘n sekere groep mense meng, geëtiketteer is. Christus se volgelinge word in Lukas 5:30 deur die Fariseërs en skrifgeleerdes gevra, “Waarom eet en drink julle saam met tollenaars en sondaars?”

 

Hierdie is so ‘n gelaaide vraag. In ons eie kultuur leer ons mos van jongs af dat as jy jou met die semels meng dan sal jy deur die varke opgevreet word. En ons is ook met ‘n sekere idee grootgemaak oor wie en wat hierdie semels is. So neig ons onderliggende kulturele reëls nie daarna om beliggaamd te leef nie. Ek dink dat dit dalk dieselfde heersende onderliggende kultuur was wat aanleiding gee tot die Fariseërs en skrifgeleerdes se vraag. Dalk het ons dit net by hulle so oorgeneem, hierdie “meng-jou-met-die-semels”-ding kom dalk daar vandaan.

 

In my nadenke hieroor het ek gefokus op wat dit beteken as Christus in hierdie Lukas-gedeelte saam met Levi en sy vriende eet, drink en partytjie hou. Wat beteken dit as Christus sy liggaam so knap langs die “untouchables” gaan sit en by hulle kuier? Hy word in die oë van die Fariseërs en skrifgeleerdes ‘n tollenaar-boetie, ‘n prostituut-boetie…

 

… en terwyl ek my nadenke oor beliggaming so netjies neerskryf in my ewe netjiese studeerkamer nooi ‘n vriend my vir middagete. Tydens ons ete-afspraak nooi hy my uit om Sondagoggend saam met hom kerk toe te kom.

 

“Michelle, we’re a group of street people who get together under a bridge – you see, we’re the ‘church under the bridge’”

 

So saam met my ‘Ja’, wonder ek wat ek nou sou aantrek na so ‘n kerkgeleentheid van die gemeente onder die brug? Straatmense het seker nie modereëls vir so ‘n kerkgeleentheid nie, of hoe?

 

Want onthou, ek weet dat my liggaam tussen ander liggame gaan sit – sal ons liggame nou sit of staan by die gemeente onder die brug?

 

Wel, iedergeval, die liggame waaronder my eie haarself Sondagoggend gaan bevind gaan verseker gans anders as my eie lyk, ruik, voel en wees. Die liggame gaan verskillende grade van gesondheid of ongesondheid ervaar. Myne sal dalk selfs bedreig of gewalg wees…

 

Terug in my studeerkamer weet ek op ‘n akademiese vlak dat om die boodskap van Jesus Christus te beliggaam beteken dat ek met my liggaam aan ander liggame sal moet vat. Ek vind dit hartverskeurend dat die maniere waarop ons mense marginaliseer altyd iets met die intiemste dele van ons liggame te doen het. My neus is wyer as joune; my hare krul effe meer; ek het ‘n vagina, jy ‘n penis; my vel is anders as joune; joune leef in ‘n huis, myne nie. Wanneer ons op so ‘n intieme manier teenoor mense met ons lywe diskrimineer, dan is dit mos net die teenwoordigheid van ‘n lyf wat hierdie diskriminasie kan regstel.

 

Om te beliggaam is anders as om ‘n liggaam te hê, dis om met jou liggaam deel te wees van ‘n ander se pyn, deel te wees van ‘n ander se hartseer, deel te hê aan ander se vreugdes. Dit beteken dat ek met my heteroseksuele lyf seerkry wanneer ‘n vrou in Guguletu aangerand is omdat sy ‘n lesbiër is. Dit beteken dat my heteroseksuele lyf moet vat en heel waar ‘n ander geskend het.

 

Ek onthou die eerste keer toe ek op skool aan ‘n swart vriendin se hare vat. ‘n Vreemder vat het my hande nie geken nie, maar tog so bekend. En toe sy aan my hare vat, lag ons vir ons simpelheid … want hare is mos hare. Maar die lag en die vriendskap het eers verdiep toe ons vat. En toe deel ons broodjies uit mekaar se kosbakke soos wat alle kinders op skool maar doen.

 

As ek nou terugdink voel dit baie vir my soos ‘n Nagmaalsmoment.

 

 

GELOOF WAT LYFKRY

Sondag, 8 Februarie 2009

Laurie Gaum

 

Carl Jung sê in sy Four Archetypes dat gay mense dikwels geseën is met ‘n oorvloed godsdienstige gevoelens. Volgens hom skep dit by baie gay mense ‘n spiritualiteit wat hulle besonder oop maak vir openbaring. Wat ‘n gedagte! Dink net: Dalk hang dit saam met die genetiese komponent van jou gay-wees dat jy spiritueel georiënteerd is!  Vir te lank is hierdie geestelike komponent egter  ontken of begrawe. Baie mense sê dat hulle lank reeds deur godsdienstige instellings vervreem is as gevolg van hierdie instellings se volgehoue misbruik van heilige tekste om mense uit te sluit. Baie getuig egter daarvan dat hulle steeds gelowig is en dat spiritualiteit vir hulle baie belangrik is.

 

Indien lesbiese en gay mense besonder vatbaar vir openbaring is, moet daar mos die geleentheid gebied word om hierdie “openbaring” te benut en te laat groei. Baie lesbiese en gay mense – vanweë hulle spirituele “sensitiwiteit” – het op die een of ander tyd gedurende hulle lewens naby ‘n godsdienstige instelling soos die kerk beland, maar dikwels ook daardeur seergekry – seerkry wat genesing nodig het.

 

Matthew Fox skryf grondverskuiwend hieroor: “Because gays are so often excluded from society’s institutions (like women are), we can hopefully depend on them to offer alternative institutions – ones that are more sensual, more alive and quickening than those we have inherited.” Kan ons dus ‘n verbeeldingryke plek skep waar ons kan tuiskom, gesond raak en ander by kan laat tuiskom – hier in die kuberruim en, waar die behoefte is, ook in fisiese vorm? Ek dink dis hoog tyd dat ons positiewe energie gebruik om te skep wat ons nodig het. Ons kan tog keuses maak en onsself bemagtig daardeur sodat ons verantwoordelikheid vir die toekoms wat ons bou, kan aanvaar.

 

Baie van ons is ernstig opsoek na nuwe vorme van lewegewende gemeenskap. Baie van ons wil ons Godgegewe seksualiteit by ons spiritualiteit uitbring. Baie van ons weet dat ons geloof be-liggaam moet wees. Baie van ons smag na ‘n lyf-like geloof. Baie van ons soek daarna om op ‘n plek te kom waar jy “okay” is met jouself, aanvaar word vir wie jy is en nie gedwing word om teen jou natuur in te verander die oomblik as jy by die deur instap nie. Baie van ons wil die sensuele op verbeeldingryke maniere in ons lewens omhels sodat ons saam kan leer hoe om dit verantwoordelik voor God en teenoor mekaar uit te lewe. Baie van ons wil ons volle menslikheid saam met die lewe vier. 

 

“Prophecy will play just as important a role in gay people’s life-style as will the sensual,” vervolg Fox. In my eie lewe het ek geleer dat my gay seksualiteit inderdaad die kragbron vir my lewe geword het. Dis die gawe wat God my gegee het en ek kan nie die talent begrawe nie. Ek moet dit tot beskikking van die samelewing stel! Soos  wat ek op die pad gevorder het om dit deel van my lewe te maak en met my geloof te integreer, gee dit juis die energie om ook my lewe en my roeping passievol in die wêreld uit te lewe. Kom saam met ons hier oppad – net soos en waar jy is – om ‘n plek te maak waar ons lug kan gee aan ons gevoelens, ons menings kan lug, ons unieke self kan wees soos wat ons gemaak is – en dit voor God voluit kan lewe!

 

‘n paar oomblikke stil

 

 (Neem ‘n oomblik van stilte, nou daar voor jou rekenaar, of later. Sit gemaklik met jou voete op die grond. Maak jou oe toe terwyl jy stil word. Sit jou een hand op jou maag as jy wil. Asem diep in en uit, in en uit. Gemaklik. In en uit. Wees bewus van jou liggaam soos wat dit op die stoel rus. Wees bewus van jouself en ook van die teenwoordigheid van God. Wees bewus van wie jy is – neem jou volle menswees in – hoe jy gemaak is – jou uniekheid. En wees dit ook voor God. Dis hoe God jou met God se eie vingers aanmekaar gesit het: Gemaak na God se beeld. Dalk kan jy God se gesig sien. Dalk kan jy sien hoe God na jou kyk. Dalk kan jy God hoor fluister: “Dit is goed!”. Hou dit vir ‘n oomblik in stilte voor God vas.)

One response to “VORIGE OORDENKINGS & MEDITASIES

  1. Jorika Cawood

    VuurKairos was vannaand vir my ‘n geestlike ervaring, sowel as ‘n openbaring. Dit is nie net gays wat stry met wie is ek en voel ek veilig, gelukkig en gemaklik in die vel waarin God my toegevou het nie, maar ons gewone sosiaal aanvaarbare mans en vrouens op straat sukkel ook met ons lywe en siele. Hoe ver het ons afgedwaal van dit wat God vir ons bestem het. Ons kyk na mense – sosiaal/kulturele waardes ipv God se Woord. Ek het besef gelowige gays stry die stryd nes ek, ons is dieselfde voor God.

    Dankie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s