‘n DEVOSIEKERS VIR PDL

Ag Here,

 

DevosiekerseSoms voel dit asof ek net ‘n opdraandepad stap en U nie naby is nie.  So asof U nie hoor as ek roep om te kom help nie.  Maar tog weet ek dat U my hart ken, en weet hoe ek sukkel om die “ander ek” binne my te aanvaar.  Maar dis moeilik.  Soms breek die lig deur en voel ek U warm arms om my vou, en hoor ek U stem:  “Alles sal oraait wees.”

 

Help my om êrens te begin in hierdie proses.  Neem die moeilikheid bietjie weg.  Die hartseer.  Vat U my hand en lei my tog in hierdie donker onbekende in, en wees U my lig.  Help my, dat ek nie net myself as U skepsel sal aanvaar nie, maar dat die ander mense na aan my nie sal vergeet dat hulle eens op ’n tyd vir my lief was toe hulle nog nie geweet het dat ek “anders” was nie.

 

Help my asseblief, Here.

Amen

 

Ontvang van PdL

One response to “‘n DEVOSIEKERS VIR PDL

  1. Dis ‘n gebed wat regtig baie van toepassing op my omstandighede is. Dis goed om te weet dat dit nie net ek is wat elke dag sukkel met gevoelens wat ek met niemand kan deel nie. Hoe dieper mens jou hart begrawe hoe moeiliker word dit om oop te grawe sodat mense werklik kan sien wie jy is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s