BELANGRIKE KENNISGEWING: MODERERING EN DIE GAY-DEBAT

Hierdie inskrywing het alreeds voorheen verskyn, maar ons wil graag deur die her-plasing daarvan net weer ons lesers bewus maak waarom ons kommentaar op VuurKairos modereer.

 

 

BELANGRIKE KENNISGEWING:  MODERERING EN DIE GAY-DEBAT

 

gay debatDie gay-debat is ‘n kontensieuse brandpunt binne sowel as buite die kerk.  Hierdie debat het emosioneel en persoonlik geword deur meningsverskille of ’n gay oriëntasie en die uitleef daarvan ’n sonde is aldan nie.  Beide van ons het ’n lang pad gestap met hierdie vraag, en tot die slotsom gekom dat daar, op hierdie stadium van die debat, belangriker knelpunte is in die lewens van die LGBTI-gemeenskap en mense wat in solidariteit met hulle is.

 

VuurKairos se doelstelling was van meet af om ’n veilige omgewing te skep in ’n virtuele (ook anonieme) ruimte vir soekende en gelowige gay mense.  Dit is verder uitgebrei deur aandag te skenk aan dinge wat binne die dampkring van ons daaglikse bestaan gebeur.

 

Binne hierdie konteks het ons besluit om nie op die reg-verkeerd vraag rondom seksualiteit te konsentreer nie.  Ons glo inderdaad dat die dialoog wat ons hier voer al verder as dit ontwikkel het.  Daar is genoeg ruimte op ander webblaaie indien daar steeds behoefte is om daaroor te debatteer, en ons is van mening dat die positiewe energie en ondersteunende rol wat ons poog om te vervul, daardeur skade sal lei.

 

Kommentaar wat op die blog gelewer word, word gemodereer om hierdie doelstelling te bereik.  Dieselfde sal ook gedoen word op VuurKairos se blad op Facebook.

 

Johan Strydom & Laurie Gaum

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s