Raak ‘n oomblik stil: Die Ecclesia de Lange-storie

Die media het die afgelope week berig gelewer oor Eerwaarde Ecclesia de Lange, wat die Brackenfell- en Windsor Park-gemeentes in Kaapstad bedien, wat uit haar kerk geskors is omdat sy met haar lewensmaat, Amanda, getroud is. Ecclesia en Amanda is in Desember getroud. In Januarie is sy deur die Metodistekerk skuldig bevind daaraan dat sy die kerkreëls deur dié huwelik verbreek het.

De Lange het ’n appèl teen die vonnis geloods. Haar appèl is in die afgelope week van die hand gewys en die kommissie het beslis dat sy ontslaan moet word.

Lees die volledige storie hier en hier.

Kom ons raak in die volgende week vir ’n paar oomblikke stil en vra vir verdraagsaamheid in die kerk om ook na die brandpunt van gay-huwelikke te kyk.

’n Ondersteuningsgroep is vir Ecclesia de Lange op Facebook geskep, en kan onder “Ecclesia de Lange Support Group” gevind word.

Foto: Facebook

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s