Lofsing die Here II – ‘n Kerslied by kerslig

’n Kerslied by kerslig

Die N.G. Gemeente Kareedouw bied op 23 Desember om 18:00 ‘n tweede lofprysingsgeleentheid aan met die tema “Lofsing die Here II – ’n Kerslied by kerslig”. Dit volg op die geslaagde “Lofsing die Here – Loof Hom met ’n duisend stemme” wat vroeër vanjaar in die gemeente aangebied is as deel van die 100-jarige herdenking van die inwyding van die pragtige klipkerk op dié dorp.

By hierdie geleentheid sal daar voorlesings, musiek en heerlike samesang wees met liedere van die Advent, Kersfees en Epifanie onder leiding van die gemeente se orrelis, Johan Strydom.

Besoekers en vakansiegangers word vriendelik uitgenooi om hierdie geleentheid by te woon. Toegang is gratis, maar ’n kollekte sal opgeneem word ten bate van die gemeente se Musiekfonds.

Vir navrae kan die gemeente se kerkkantoor geskakel word by 042 288 0351.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s