Nuwe inhoud

Liewe vriend/ Dear friend,

Die jaar is besig om einde se kant toe te staan. Neem ‘n tydjie om rustig te word, en gaan snuffel op VuurKairos rond vir die nuwe inhoud wat geplaas is:

Ons oordenking hierdie week, is uit die pen van Andre Smith. Daarin skryf hy dat hy in die afgelope twee jaar van “uit-die-kas-wees” begin het om voorraad-opname te doen, en besef het dat hy meer gewen het, as wat hy in die proses verloor het. Gaan lees gerus meer daaroor: http://vuurkairos.wordpress.com/2009/12/04/dit-is-wel-met-my-siel-andre-smith/ . Dankie vir jou bydrae Andre.

Ons steek ook hierdie week ‘n devosiekers op vir ons goeie vriend SdK wat sy pa aan die dood moes afstaan: http://vuurkairos.wordpress.com/2009/11/29/n-devosiekers-vir-sdk/

Dit is byna Kersfees, en my gemeente, N.G. Gemeente Kareedouw, bied eerskomende Sondagaand ons Kerssangdiens aan met die titel: “Kersfees – ‘n nuwe seisoen”. Vir die van julle wat in die omgewing is, en dit graag wil bywoon, staan ons kerk se deure oop om die aand saam met ons te kom geniet! Lees meer: http://vuurkairos.wordpress.com/2009/11/30/kerssangdiens-n-g-gemeente-kareedouw-6-desember-2009-om-19-00/

My verskoning vir die kommentaar wat gelewer is op die webblad, maar waarvoor ek nog nie tyd gehad het om te modereer nie. Ek hoop om dit binnekort te plaas.

Bly mooi!

Johan Strydom

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s