As die haan kraai: om te kan huil en berou te hê
Sondag, 4 Julie 2009
CV, Mpumalanga
Lees: Mattheus 26
In ‘Die Frösche’, ’n koorwerk van Kurt Thomas, belowe die kwakende paddas, wat in die bevrore winterrivier vasgevang is (in die hittte van die oomblik?), dat hulle soos nagtegale sal sing, as hulle maar net vrygelaat kan word. Dan breek die lente uiteindelik aan… en die paddas kwaak weer vrolik. Soos paddas.
Petrus maak ook ‘n belofte in die hitte van die oomblik ‘n belofte : Al sal hulle U ook almal in die steek laat, ék sal U nooit in die steek laat nie." Selfs toe Jesus hom daarop wys dat hy nie so vinnig moet belowe nie, maar hy ‘n tweede belofte: "Al moet ek saam met U sterwe, ek sal U beslis nie verloën nie!"
Petrus is ‘n dissipel wat redelik op die voorgrond staan. ‘n Belangrike dissipel wat so maklik “Ek sal” sê. Daarom kan hy so maklik vir Jesus teëspreek. Kan hy so maklik oormoedig raak en op sy eie krag vertrou. Kan hy so maklik beloftes maak – ten spyte van die waarskuwing dat hy versigtiger moet wees.
Later, nadat Petrus se oormoedigheid hom ingehaal het, volg hy net “van ver af”, want hy homself en sy eie kragte totaal oorskat. Van sy “ek sal”-belofte het niks oorgebly nie. Hy het hard geval, want hy het sy eie krag oorskat.
Toegevries soos die paddas en belangrik soos Petrus maak ek ook beloftes, want in my oormoedigheid lyk alles so maklik. Dink ek ook dat ek baie dinge in my menslike belangrikheid kan doen. Dat ek ook beloftes in my krisis kan maak, al weet ek dat ek dit waarskynlik nie sal kan nakom wanneer alles terug is na normaal toe nie.
Ek is ook naby aan Jesus, ek kan ook maar vinnig beloftes maak, ek sal dit tog kan nakom. Ek kon tog in die verlede so baie dinge, hoekom nie nou (weer) nie? Here, ek sal… Vol moed. Selfversekerd. Trots.
En dan kraai die haan vir my… en ek weet!
Gelukkig kan ek ook soos Petrus berou hê en huil. ‘n Huil van terugkeer, van afhanklikheid en van die genade om in die teenwoordigheid van die Almagtige te kan leef. Nie omdat ek kan nie, maar omdat Hy kan!
0 responses so far ↓
There are no comments yet...Kick things off by filling out the form below.