GAY MARRIAGE BAN GOES ON TRIAL

11/01/2010 · Lewer Kommentaar

News24 reports:

Gay marriage ban goes on trial

2010-01-11 09:38

Oakland – California’s ban on gay marriage goes to trial on Monday in a federal case that plaintiffs hope to take all the way to the US Supreme Court and overturn bans throughout the nation.

Victory for gay rights groups in the Supreme Court, which might not choose to take the case if it is appealed that far, would make marriage a fundamental constitutional right without exception and overturn laws and state amendments limiting marriage to a man and a woman in 40 states.

A loss in the top court, two ranks above the action that starts on Monday, would derail efforts to win in state courts that have been a hallmark of the gay rights movement thus far.

The case begins in a San Francisco court presided over by District Court Chief Judge Vaughn Walker, who clearly enjoyed preliminary sessions, joking with lawyers between barrages of pointed questions.

The United States is divided on gay marriage. It is legal in only five states, although most of those, and the District of Columbia, approved it last year.

The approval of California’s Prop 8 in November 2008 was a sweet victory for social conservatives in a state with a liberal, trend-setting reputation and showed off the resounding success conservatives have had at the ballot box on the issue.

California’s top court had legalised gay marriage in the summer of 2008, months before Prop 8 passed.

Gay rights lawyers in the case describe their battle as a continuation of the fight against racist laws that had stopped whites and blacks from marrying. Marriage is a fundamental constitutional right and, in addition, gays and lesbians deserve special protection from discrimination, they say.

The lawyers defending the ban say long traditions limit marriage to heterosexual couples and that a state, without malice, can be cautious about changing the institution. Heterosexual couples can have children, which society needs to continue, they add.

While a court battle to the Supreme Court would stretch over years, the trial beginning on Monday may take only two weeks.

Gay parents

"Issues about parents and children and the role of child rearing will be central to this case," said Joan Hollinger, a lecturer in family law at the University of California, Berkeley.

The lack of societal acceptance of same-sex marriages was a problem for children of those relationships – an argument for allowing gay marriage, she said.

Ted Olson and David Boies, two high-powered lawyers who faced off over the legality of George W Bush’s election win as US president against Al Gore in 2000, have joined forces in an odd-couple team fighting for gay marriage.

Andrew Koppelman, a professor of constitutional law at Northwestern University, said an appeal is certain no matter who wins in court in San Francisco.

If the appeals court were to side with the ban, the Supreme Court would probably leave it, but a victory by the gay rights advocates in the appeals court would force the Supreme Court to act, since it could not ignore such a momentous change.

"There is no way to keep this out of the Supreme Court if they win," said Koppelman, who has written books arguing in favour of same-sex marriage but sees this push as ill-timed due to the composition of the nine-member top court.

"Who are going to be your five votes on the Supreme Court? I have trouble getting to one."

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized

‘n Kersgroet

25/12/2009 · Lewer Kommentaar

Laurie skryf:

Een van die hoogtepunte van my 2009 was beslis die goeie energie wat met VuurKairos losgekom het! ‘n Mens kon sien dat daar beslis ‘n behoefte is vir die skep van ‘n ruimte (onder andere in die kuberruim) waar lyf en gees ontmoet, soos wat ons slagspreuk ook sê: Where body and spirit meet. Ons het saam met julle op reis gegaan om te ontdek waar die vuur van ons lywe die vuur van die Gees ontmoet. Ek’s baie dankbaar teenoor Johan dat hy die inisiatief tot die skep van hierdie ruimte geneem het en ook vir al die tyd en energie wat hy in die proses moes insit.

Ons het hoogtepunte gehad en miskien ook ‘n paar laagtepunte. ‘n Paar onderhoude het die lig gesien wat ek dink baie potensiaal vir die toekoms toon. Wat my veral opgewonde maak is ons groot getal bydraers uit verskillende agtergronde wat hulle stemme gebruik het en in die proses sigbaarheid aan ‘n breë solidariteit met mense van lesbiese, gay, biseksuele en transseksuele oriëntasie gegee het. Ons het probeer konsentreer op positiewe beriggewing en wou nie onnodig in skermutselings oor ou debatte betrokke raak nie, maar kon hier-en-daar nie vermy om lesers byvoorbeeld van die verdrukking in ander dele van ons kontinent bewus te maak nie.

Advent is so te sê verby en dit is Kersfees. Die afwagting op die geboorte van die nuwe is oor. Dit bly ‘n misterie dat die deurbraak van die Goddelike op aarde na ons toe kom deur middel van die liggaam van ‘n vrou – deur iets so alledaags soos die geboorte wat ‘n moeder gee. Moederskap is tog doodgewoon vir elkeen van ons, of ons uit ‘n ma gebore is of dalk self een is. Ons heling en bevryding kom nie van outer space nie, maar eerder vanuit die lewe self – vanuit die donker, stilte van ‘n baarmoeder (Lees meer hieroor in Lynn Holnes se Journeying with Mary. Uitgewer: Lux Verbi: 2008).

So van boeke gepraat: As jy op hierdie laat stadium nog opsoek is na ‘n Kersgeskenk of vakansie-leesstof, kan jy onderstaande titels wat vanjaar verskyn het dalk in die hande kry!

Miriam Dans – vroue wat vroue liefhet, Elise van Wyk. Uitgewer: Aqua.

Hijab – Unveiling Queer Muslim Lives edited by Pepe Hendricks for Inner Circle, PO Box 18107, Wynberg 7824.

trans – Trangender Life Stories from South Africa, Ruth Morgan, Charl Marais & Joy Rosemary Wellbeloved. A project of Gay and Lesbian Memory in Action (GALA) and Gender DynamiX. Publisher: Fanele (An imprint of Jacana Media).

Simfonie vir begenadigdes. ‘n Verhaal van hoop vir randmense. Cules Hammann. Uitgewer: Biblaridion.

Groete!

Laurie Gaum

Johan skryf:

Kersfees is een van die seisoene wat duidelik aan ons sigbaar word. Hier waar ek woon, was daar die afgelope paar dae ‘n toestroming van mense na dié vakansiedorpie. Inkopies is gedoen, kersbome is versier, kalkoene is opgeraap, en mense loop sorgeloos op die strande rond – so asof alles wel is.

VuurKairos was die afgelope jaar vir my ‘n persoonlike reis waar selfs ek meer kon verstaan van die groeperings van minderheidsgroepe. In die proses het ek wonderlike mense ontmoet, kon ek interessante gesprekke met individue en groepe voer, is ek na middernag wakker gebel deur iemand wat raad soek of deur ‘n moeilike tyd gaan. Soms was die proses uitmergelend, maar ek het opnuut besef dat ons hier, al is dit in ‘n beperkte maat, mense van hulp kon wees. En daarvoor is ek dankbaar.

Die risiko word altyd geloop dat mens ‘n persoon sal uitlaat wanneer jy aan die einde van die jaar kom, en jy vir mense dankie wil sê. Maar daar is tog ‘n paar wat ek wil uitsonder: Laurie vir sy geduldige oor en nugter wyse waarop hy na my geluister het, en my van raad voorsien het. My “toga-pêlle” wat my die ander gesig van Jesus gewys het: Kobus Bohnen, Barnard Steyn en Willie de Koker. JdV wat, na twaalf jaar, my steeds op my tone hou om dinge anders te sien en objektief teenoor situasies te staan. Die G’s wat vir my ‘n tweede huis geskep het in aanvaarding, en HG wat my hoop gegee het in ‘n gelowige gay persoon. BL wat met sy kinderlike onskuld en eerlikheid my weer laat luister het na iemand 10 jaar my junior. Ook aan my dierbare ouers waar die deure van hulle huis altyd oopstaan vir my en my vriende, ma se kospotte en haar stasoft-beddegoed.

VuurKairos gaan rus tot in 2010. Dankie aan almal wat hierdie jaar ‘n bydrae tot die blog gelewer het met oordenkings en opiniestukke – sonder julle hulp sou ons nie kon funksioneer nie. Bid vir ons waar ons in hierdie tyd herbesin oor hoe om hierdie projek verder van krag tot krag te laat gaan. Julle, ons gewaardeerde lesers en ondersteuners, se raad en insette word altyd waardeer. Kontak ons asseblief by vuurkairos@live.com

As Kersfees ons hierdie jaar kan help om nie op verwagte, vanselfsprekende plekke vir God te soek nie, maar om Hom te ontdek op die onverwagte, menslike en selfs skokkende plekke, dan het ons waarlik die geboorte van Jesus van Nasaret gevier! Dan kan ons weer daardie nag aan sy voete by die krip gedenk.

Ek sluit af met ‘n seëngroet van Kobus Bohnen wat ek vroeër vanjaar geplaas het:

As jy nie kan slaap nie, weet dat God jou op Sy skoot gaan tel hierdie week, en Hy gaan vir jou ‘n wiegeliedjie sing.

As jy onrustig is, weet dat Hy sy hand op jou skouer gaan sit, en jou gaan deel maak van sy ballade.

As jy alleen is, weet dat Hy sy arms om jou gaan slaan, en Hy gaan vir jou die hoogste lied sing van die liefde.

As jy treur, weet dat Hy vir jou gaan troos.

En omdat dit waar is sê ek vir jou:

die GENADE van die Here Jesus Christus,

die LIEFDE van God,

en die SAGTE HAND van sy Gees,

sal met elkeen van ons wees.

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized

Lofsing die Here II – ‘n Kerslied by kerslig

10/12/2009 · Lewer Kommentaar

’n Kerslied by kerslig

Die N.G. Gemeente Kareedouw bied op 23 Desember om 18:00 ‘n tweede lofprysingsgeleentheid aan met die tema “Lofsing die Here II – ’n Kerslied by kerslig”. Dit volg op die geslaagde “Lofsing die Here – Loof Hom met ’n duisend stemme” wat vroeër vanjaar in die gemeente aangebied is as deel van die 100-jarige herdenking van die inwyding van die pragtige klipkerk op dié dorp.

By hierdie geleentheid sal daar voorlesings, musiek en heerlike samesang wees met liedere van die Advent, Kersfees en Epifanie onder leiding van die gemeente se orrelis, Johan Strydom.

Besoekers en vakansiegangers word vriendelik uitgenooi om hierdie geleentheid by te woon. Toegang is gratis, maar ’n kollekte sal opgeneem word ten bate van die gemeente se Musiekfonds.

Vir navrae kan die gemeente se kerkkantoor geskakel word by 042 288 0351.

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized

Nuwe inhoud

04/12/2009 · Lewer Kommentaar

Liewe vriend/ Dear friend,

Die jaar is besig om einde se kant toe te staan. Neem ‘n tydjie om rustig te word, en gaan snuffel op VuurKairos rond vir die nuwe inhoud wat geplaas is:

Ons oordenking hierdie week, is uit die pen van Andre Smith. Daarin skryf hy dat hy in die afgelope twee jaar van “uit-die-kas-wees” begin het om voorraad-opname te doen, en besef het dat hy meer gewen het, as wat hy in die proses verloor het. Gaan lees gerus meer daaroor: http://vuurkairos.wordpress.com/2009/12/04/dit-is-wel-met-my-siel-andre-smith/ . Dankie vir jou bydrae Andre.

Ons steek ook hierdie week ‘n devosiekers op vir ons goeie vriend SdK wat sy pa aan die dood moes afstaan: http://vuurkairos.wordpress.com/2009/11/29/n-devosiekers-vir-sdk/

Dit is byna Kersfees, en my gemeente, N.G. Gemeente Kareedouw, bied eerskomende Sondagaand ons Kerssangdiens aan met die titel: “Kersfees – ‘n nuwe seisoen”. Vir die van julle wat in die omgewing is, en dit graag wil bywoon, staan ons kerk se deure oop om die aand saam met ons te kom geniet! Lees meer: http://vuurkairos.wordpress.com/2009/11/30/kerssangdiens-n-g-gemeente-kareedouw-6-desember-2009-om-19-00/

My verskoning vir die kommentaar wat gelewer is op die webblad, maar waarvoor ek nog nie tyd gehad het om te modereer nie. Ek hoop om dit binnekort te plaas.

Bly mooi!

Johan Strydom

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized

Dit is wel…met my siel! – Andre Smith

04/12/2009 · Lewer Kommentaar

Dit is wel…..met my siel!

Die voorafgaande is die titel van ‘n pragtige lied waarvan die woorde en melodie my telkens van vreuge en vrede laat stil word!

Die afgelope tyd (na bykans 2 jaar van “uit-die-kas-wees”) het ek begin voorraad-opname doen. En watter edel ontdekkings het ek nie gemaak nie. Ek het meer gewen as wat ek verloor het.

My twyfel is minder – Psalm 37:5 het my banier geword!

My vrese het vervaag – Psalm 91 het my daaglikse skuilplek geword.

My toekoms is gevul met verwagting – Hebreërs 13:5 inspireer my!!

Saam met hierdie bewuswording kom egter die realiteite van soveel wat daagliks rondom ons gebeur wat betref die kwessie rondom gay-wees. Daar’s soveel doemprofete. Soveel hartseer stories. Soveel uitdagings geestelik, polities, eties, noem maar op. Soveel stemme wat somtyd die geneigdheid het om myself te laat wonder of die pad waarop ek my begewe die regte een is.

Hoe groot is onse God egter nie. Dis juis in ons oomblikke van twyfel dat die deur vir meer geestelike groei oopgaan. Jy sien, dis dan wanneer ons herinner word aan die pad. Die pad waarlangs ons hemelse Pappa ons tot hiertoe gelei het. Wanneer die waar woorde van Psalm 139 opnuut in jou gees wakker word…..”ek het jou in jou moederskoot gevorm.” Hy is en was nog al die tyd daar….voor en nadat ek 2 jaar gelede (of hoe lank dit ookal in jou geval mag wees) “uit die kas” gekom het. Hy ken my…Hy weet van my….Hy lei en begelei my…..ook die toekoms in. Elke dag ‘n nuwe tree. Met elke tree, nuwe gewaarwordings, nuwe groei.

As ek dus nog ‘n keer moet hoor hoe verkeerd dit is om gay te wees….

As ek nog ‘n keer die spykers van veroordeling van ander deur my mens-wees moet verduur.

En nog ‘n keer….vir die soveelste maal die ander wang moet draai….wel….

Dan doen ek dit!! My dryfkrag om dit te doen? Uit myself…? Nee beslis nie!!! Dis die pad waarlangs Hy my gelei het wat my geleer het….”ek is tot ALLES instaat, deur Christus wat my die krag gee.”(Fil.4:13)

Ja, al is of voel ek en jy nog soms broos en kwesbaar. Al wil ons soms nog vra: “hoekom dan ek Here?” Of wanneer ons die volgende uitdaging in die gesig staar en wonder of ons dit sal kan oorleef. Wel, het ek by my Leermeester ontdek… dis juis in hierdie tye dat ons (ek en jy) kan sing:

“Dit is wel….met my siel!!!”

Gebed:

Here, dankie dat U anders is. Dankie dat ons u mag soek en mag vind… al is dit soms deur ons trane. Dankie dat U vír my is al is daar tienduisende teen my. Meer nog wil ek dankie se dat ek midde-in die werklikheid van ons menslike bestaan, die trooslied tot U mag offer:

Dit is wel met my siel!! En die enigste dankrede hiervoor is omdat U dit met my siel laat goed gaan. Soli deo Gloria – aan ons God al die eer!

(Luister gerus na hierdie pragtige lied op youtube… daar is verskeie weergawes beskikbaar om van te kies!). God seën jou.

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized

World Aids Day

01/12/2009 · Lewer Kommentaar

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized

Kerssangdiens: N.G. Gemeente Kareedouw – 6 Desember 2009 om 19.00

30/11/2009 · Lewer Kommentaar

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized

‘n Devosiekers vir SdK

29/11/2009 · Lewer Kommentaar

Liewe S,

Party noem dit ‘n “wonderlike geweld”. Dit is een van daardie onbegryplike seer dinge, maar fassinerend ook. Mag jy in die stilte en leemte wat hy nou laat, ook die begrip hê om Hom te ontdek op die onverwagte, menslike en selfs skokkende plekke en deur dié seer ook steeds sy lewe vier.
Kyk na jouself, en bly mooi. Mag jou Pa nou in vrede rus.

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized

‘n Keuse in Adventtyd – Cecile Cilliers

27/11/2009 · Lewer Kommentaar

In die Andrew Murray-gemeente in Johannesburg was dit gebruiklik om een keer ‘n jaar, teen die einde van die jaar, die jong kategete die geleentheid te gee om die erediens waar te neem. Daardie oggend het hulle alles gedoen, die afkondigings, die gebede, die kollekte, tot die preek.

Op die gegewe oggend, toe dit preektyd word, het vier jong mense in die ruimte voor die preekstoel, agter vier mikrofone stelling ingeneem. Oorkant hulle, op ‘n klein verhogie, was daar nog twee mikrofone, ‘n seun en ‘n meisie daaragter. En toe begin die vier hier voor saam te lees, uit die dagblaaie voor te lees.

Eers ruis hulle stemme saam, word mettertyd al harder, duideliker; wat eers net ‘n woordelose geroesemoes skyn te wees, begin vorm aanneem, totdat die vreesaanjaende woorde van die nuusberigte van ons elke dag se lewe herkenbaar word: moord, roof, kapings, verkragting, korrupsie, armoede, vrees – in die stemme van die jong mense dreun ‘n litanie van verskrikking deur die kerk.

En toe begin die meisie op die podiumpie te lees. En wat sy lees is Jesaja 35, daardie gloeiende belofte van God se redding : Die woestyn, die dor land, sal jubel, die droë wêreld sal juig, oortrek met affodille… En namate haar stem sterker word, klink die profeet se digterlike beelde bo die rampgebrom van die ander vier stemme uit, hoor ons die belofte wat in Jesus se woorde aan Johannes vervul sal word : Blindes sal kan sien, dowes sal kan hoor, lammes sal kan rondspring soos takbokke, stommes sal kan sing…

En toe sy triomfantelik die hoofstuk klaarmaak met die ontroerende stelling …ellende en smart sal verdwyn…toe is die ander vier stemme stil, tjoepstil. En in die ruisende stilte in die kerk kom die stem van die seun langs haar met die oerbekende woorde van Jesaja 9 :

Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee…

Dit het my opgeval in die kerk dié dag, hoeveel lewegewende kreatiwiteit daar loskom ook en veral by die jeug, as hulle net die geleentheid gegee word, hulle toegelaat word om op hulle eie, spontane manier hulle geloof te lewe.

Maar dit is nie die boodskap nie. Wat ons daardie oggend uit die preek wys geword het, is dat gelowiges altyd ‘n keuse het, veral nou, in die Adventtyd. Ons kan handewringend bly seur, bly tob, oor die (weliswaar) kommerwekkende landstoestande, of ons kan ons blikhoek verander, op ‘n ander manier begin kyk, in die vaste wete dat die koms van Christus alles vir altyd verander het.

Juigend, vol vreugde en blydskap kan ons op God se grootpad, op sy gewyde pad, deur die woestyn van hierdie wêreld loop.

Mag dit vir ons almal in hierdie Adventtyd waar word.

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized

Embracing our calling – we can do no other

27/11/2009 · Lewer Kommentaar

Embracing our calling – we can do no other

“Whatever the church may say, we have found in our gayness something that connects us with ourselves and God…. Our own experience of the Christian faith has helped us understand and rejoice in who we are.

From the perspective of the Christian Faith, this awkward business of living on the boundary looks very much like vocation – a call from God. When you answer such a call, you discover the meaning of your life.” (W. Countryman in “Gifted by Otherness”)

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized